{"id":7912,"date":"2010-03-15T06:10:41","date_gmt":"2010-03-15T06:10:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7912"},"modified":"2010-03-15T06:10:41","modified_gmt":"2010-03-15T06:10:41","slug":"iets-by-die-koffie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7912","title":{"rendered":"Iets by die koffie?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk sien,\u201d s\u00ea oom Brokkie waar ons op die stoep sit en Boeretroos wegslaan, \u201cdie Amerikaners het nou nie net \u2018n \u2018tea party\u2019 nie, hulle het nou \u2018n \u2018coffee party\u2019 ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Brokkie se algemene kennis verstom my. Ek het netnou op die internet eers gesien die \u201ccoffee party\u201d het pas gelyktydig op 370 plekke in die VSA en selfs hier en daar oorsee, hul eerste bekers geklink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op pres. Barack Obama, in teenreaksie op die \u201ctea party\u201d wat nie so lief vir Obama is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar as ek gedink het ons gaan gesels oor die meer behoudende \u201ctea party\u201d en die meer liberale \u201ccoffee party\u201d wat weer Obama se gesondheidsplan uit die dryfsand moet sleep, had ek dit mis. Oom Brokkie het sy stoute skoene aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDink jy nie ons politiek sal ook bietjie minder gespanne wees as ons ook in \u2018tea party\u2019s\u2019 organiseer wat veerpyltjies teen die \u201ccoffee party\u2019 gaan speel nie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAlmiskie oom, maar oom weet mos wat vat die manne nou saam met hulle tee?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMet eisj!\u201d s\u00ea ons geyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa,\u201d s\u00ea oom Brokkie. \u201cDie slimste oplossings vir die land se probleme word saans by die Oog uitgedink. Net jammer al wat die manne die volgende dag daarvan oorhet is die vreeslikste hoofpyne.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar watter soort tee of koffie dink oom het die Prez nou die aand gedrink toe hy so saam met die Boere gedinee het?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink koffieaan, want die volgende dag kon hy niks onthou van sy onderneming dat hy Julius onder vier o\u00eb sou spreek en die kwessie met die ANC se ringkoppe sou opneem nie. Trouens, die ANC trek nou die streep in die grond en s\u00ea nou iets soos \u201cjulle Boere se moere, hulle gaan daai liedjie aanhou sing, want dis nou deel van hul geskiedenis.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar is die Vlaamse Blok nie oor iets soortgelyks verbied nie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, maar hierdie is mos nie Wes-Europa nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDink oom nie ons moet vir die Prez \u2018n paar boksies Oom Tas by die parlement laat aflewer nie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJong, netnou gaan lees sy adviseurs in die geskiedenis op en sien hoe Willem Adriaan vir oom Tas in die Donker Gat laat toesluit het oor hy nie gehou het van wat die oom oor die politiek ges\u00ea het nie. Dan kry hy idees, en word \u2018n paar mense weer daar toegesluit.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSeker darem nie vir lank nie. Dan kry ons presidensi\u00eble kwytskelding, en intussen kon ons darem \u2018n ruk van die dienste wat so agteruitgaan ontsnap \u2013 want ek verstaan daar onder is hulle Eskom so \u2018n entjie voor.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So kuier ons terwyl ons met Boeretroos en Boerbeskuit ons \u201ckoffieparty\u201d hou.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/mal-chiki\/demisezonnaja-odezhda\/pidzhaki-kardigany\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043f\u0438\u0434\u0436\u0430\u043a \u043d\u0430 \u043c\u0430\u043b\u044c\u0447\u0438\u043a\u0430 12 \u043b\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk sien,\u201d s\u00ea oom Brokkie waar ons op die stoep sit en Boeretroos wegslaan, \u201cdie Amerikaners het nou nie net \u2018n \u2018tea party\u2019 nie, hulle het nou \u2018n \u2018coffee party\u2019 ook. Oom Brokkie se algemene kennis verstom my. Ek het netnou op die internet eers gesien die \u201ccoffee party\u201d het pas gelyktydig op 370 plekke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7912\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Iets by die koffie?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[9349,2686,8694],"class_list":["post-7912","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale","tag-coffee-party","tag-obama","tag-tea-party"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7912","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7912"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7912\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7912"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7912"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7912"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}