{"id":7911,"date":"2010-03-15T06:01:32","date_gmt":"2010-03-15T06:01:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7911"},"modified":"2010-03-15T06:01:32","modified_gmt":"2010-03-15T06:01:32","slug":"herrie-se-kerrie-van-watter-affere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7911","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Van watter aff\u00eare"},"content":{"rendered":"<p>Laat Herrie sommer met die deur in die huis val \u2013 omdat Herrie disleksie het lag Herrie nie sommer vir iemand anders se speling, ekskuus, spelling nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar soms laat iets \u2018n mens se bloed kook. Terwyl die taalbulle mekaar in Stellenbosch pak oor die toekoms van Afrikaans aan die US, verskyn daar \u2018n groot advertensie in Rapport om mense aan te moedig om water spaarsamig te gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omtrent al wat \u2018n mens positief kan s\u00ea, is dat die adverteerders darem Afrikaans probeer pleeg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommer in die aanloop word verkondig dat Suid Afrika (sonder die koppelteken) nie \u2018n waterryk land is nie, en dat waterbesparings wenke (koppel-\u201cs\u201d se maai) nodig is in en rondom die huis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So word mense gemaan om nie pote (potte?) vol te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cLei altyd jou plante gedurende die vroeg in die oggend en in die aand nat, wanneer temprature kooler is,\u201d lui die advies. \u201cDakwater kan ook in tenke gespaar word om jou tuin te water.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lesers word ook gemaan oor die gevaar van \u201cinvallende indringer plante.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 juweeltjies kom van die \u201cDepartment of Water Affairs (all English) en daaroor moet \u2018n mens stellig dankie s\u00ea want anders het ons hierdie \u201cadvies\u201d seker van die \u201cDepartment Watter Aff\u00eare\u201d gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net \u2018n rukkie later lees Amanda Olivier RSG se eenuurnuus, en verwys na \u2018n party wat gaan probeer keer dat die regering afdeling 25, in plaas van artikel 25 van die grondwet verander. Herrie moet seker bly wees \u201csection\u201d is nie sommer met \u201cseksie\u201d vertaal soos wat gewoonlik gebeur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is Herrie dubbel so kwaad vir die regering oor sy planne met plase.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verminking van Afrikaans was nou nie die ergste wat Herrie al te siene gekry het nie. Die Cheetahs se advertensie in \u2018n dagblad vir seisoenkaartjies het bykans net sulke juweeltjies opgelewer. Onder die juweeltjies in daardie advertensie was dat die seisoenkaartjiehouers ook \u2018n toets teen \u201cAustralia\u201d te siene sou kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mens kry eintlik koerante se taalversorgers jammer. As \u2018n mens byvoorbeeld op die internet sien hoeveel \u201cdigterlike vryheid\u201d Afrikaanse skrywers gebruik wanneer dit by spelling kom, is dit nogal \u2018n riem onder die hart om te sien dat die meeste Afrikaanse koerante nog baie streng met spelling en taalgebruik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om dan die koerant te ontsier met meesterstukke soos di\u00e9 wat van \u201cprofessionele\u201d instansies verkry is wat dit self ontwerp en opgestel het, is \u2018n ramp, en \u2018n lunsriem dwarsdeur die hart.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, jare gelede het \u2018n Engelssprekende kollega van Pa-Jan gesukkel om \u2018n vaste aanstelling te kry, want elke jaar pluk hy die verpligte Afrikaanse taalvaardigheidseksamen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n dag kom hy weer moedeloos terug. Nee, hy meen hy het beslis weer gedop want \u201cwhat do I know about the stomach of a horse.\u201d Hy moes oor di\u00e9 onderwerp \u2018n opstel in Afrikaans skryf. Pa-Jan gaan kyk self wat staan op die vraestel. Die onderwerp waaroor hy moes skryf was: \u201cDie mag van die pers.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou ja, Herrie hoop van harte dat Afrikaanse pers genoeg mag sal h\u00ea om rug styf te kan maak teen die ontvang van sulke prulwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers gaan die \u201cprofessionele\u201d agentskappe darem \u2018n kundige Afrikaanssprekende kry wat sal weet hoe on Afrikaans reg te timmer, al kom die Engels, dikwels ook maar beroerd, van water department se skakelaff\u00eare af.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free no deposit bonus roulette<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.segodnya.ua\/regions\/kharkov\/v-harkove-prokuratura-provodit-proverku-iz-za-ischeznoveniya-konfiskata-na-15-millionov-751497.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Laat Herrie sommer met die deur in die huis val \u2013 omdat Herrie disleksie het lag Herrie nie sommer vir iemand anders se speling, ekskuus, spelling nie. Maar soms laat iets \u2018n mens se bloed kook. Terwyl die taalbulle mekaar in Stellenbosch pak oor die toekoms van Afrikaans aan die US, verskyn daar \u2018n groot &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7911\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Van watter aff\u00eare&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[9348,8017],"class_list":["post-7911","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-afrikaanse-spelling","tag-herrie-se-kerrie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7911","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7911"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7911\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7911"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7911"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7911"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}