{"id":7888,"date":"2010-03-12T11:35:39","date_gmt":"2010-03-12T11:35:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7888"},"modified":"2010-03-12T11:35:39","modified_gmt":"2010-03-12T11:35:39","slug":"groot-meneer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7888","title":{"rendered":"Groot Meneer!"},"content":{"rendered":"<p>Daar is \u2018n spreekwoord wat s\u00ea \u201cGroot gif kom in klein botteltjies\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/renualt%20sport%201.jpg\" border=\"0\" alt=\"Clio Renault Sport\" title=\"Clio Renault Sport\" \/>Ons het so pas een van daardie klein botteltjies raak geloop. Renault se Clio Renault Sport of die RS, soos hy bekend staan, het \u2019n draai by ons gemaak. Anders as die vorige Clio Renault Sport-modelle word hierdie Clio nie deur \u2019n V6- middelgemonteerde monster aangedryf nie.\u00a0 Nee, hierdie is \u2019n baie fyn besnaarde vier silinder wat seer byt. En die wonderlike van die eenheid is dat daar geen turbo is nie; dit is net pure enjintegnologie wat tot op die uiterste toe gespan is. Die Clio RS laat my nogal dink aan \u2019n kruisboog ; jy weet hy is gevaarlik, maar aan die ander kant is hy mos nie regtig \u2018n vuurwapen nie. Maar boeta, skuif bietjie agter daardie stuurwiel in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/sitplekke.jpg\" border=\"0\" alt=\"Sitplekke\" title=\"Sitplekke\" \/>Vir die gewone ou op straat sal dit \u2018n rukkie neem om gewoond te raak aan die harde onderstel, dit is nou nie \u2019n Gti of OPC di\u00e9 nie. Dit voel kompleet of jy agter die stuur van \u2019n renstel (<em>go-cart<\/em>) sit. Jy sit laag en die rensitplekke vou letterlik hier om jou middel om jou stewig in posisie te hou. Die instrumentepaneel is pure Renault en verskil nie veel van die nuwe Clio s&#8217;n nie, so \u2019n mens voel darem nie heeltemal ontuis agter die stuur nie. Daar is oral subtiele vlekvryestaal-insetsels met Renault Sport-kentekens op wat jou herinner dat jy nie in \u2018n gewone Clio is nie. Die kort ratkierie en dikraamleerstuurwiel is \u2018n baie subtiele, meer verfynde, amper sagter herinnering daaraan dat hierdie nie die brutale gedierte is wat die vorige Clio V6 RSe was nie. Hierdie motor is meer gerig op die gewone ou, wat soos \u2018n renjaer wil voel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/sportiewe%20sy%20aansig.jpg\" border=\"0\" alt=\"Sportiewe sy aansig\" title=\"Sportiew sy aansig\" \/>Van buite is die Clio RS heelwat anders as sy gewone Clio-stalmaat. Dit is veral die kleur van die motor wat \u2018n regte Renault Sport-blou is. Jy sal nie sommer \u2018n gewone Clio in di\u00e9 kleur kry nie. Die RS het dan ook net drie deure wat wyd oop maak en ons was nogal verbaas oor die hoeveelheid bagasieruimte wat die motortjie bied. Die in- en uitklim is maklik al sit jy so effens laer as in \u2018n gewone motor; selfs die agterste passasiers kan maklik met die sitplekke wat vorentoe skuif as die ruglening op gelig word, agter in glip. Daar is natuurlik nie baie sitspasie binne die Clio nie, na regte is di\u00e9 net \u2019n viersitplekmotor. Kry jou sit en draai die aansitter, ja draai die aansitter, anders as waaraan ons gewoond geraak het met Renaults het die Clio RS wel \u2018n sleutel wat jy moet insit en draai soos in die ou dae. Wanneer die tweeliter- viersilinderenjin aan die luier gaan, het nie net een persoon vir my gevra of di\u00e9 \u2018n V6 is nie, maar \u2019n hele paar. Die enjin klink by luierspoed net soos \u2019n V6-motor. Miskien is dit omdat die mense geweet het die vorige RS was \u2019n V6, maar ons vermoed dat dit eerder\u00a0 die twee aggressiewe uitlaatpype is. Die pype sit net soos die Gordini&#8217;s\u00a0 van ouds se pype amper in die middel van die agterste buffer, net aan die binnekant van die twee agterligte, baie imponerend en \u2018n duidelike teken van die motor se sportiwiteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/leer%20stuurwiel.jpg\" border=\"0\" alt=\"Leerstuurwiel\" title=\"Leerstuurwiel\" \/>Die Clio RS het ons werklik be\u00efndruk deur sy werkverrigting en veral hantering. Wanneer jy die stuurwiel draai en vet gee, is daar geen weifeling nie, die kar gaan vinnig waar jy wil h\u00ea hy moet gaan. Hy is voorwielaangedrewe, so daar is \u2018n baie klein bietjie onderstuur, maar dit is werklik so min dat dit amper nie genoem hoef te word nie. Met ons verrigtingstoets het die Clio RS my telkens verras met ho\u00eb vinnig en sekuur hy doen wat jy wil h\u00ea. Ons het die topspoed van 225km\/u maklik gehaal en 100km\/u kom sonder enige aarseling binne 6,9 sekondes aan.\u00a0 Die 2,0 liter petrolenjin lewer 147,5 Kw. se krag en 215 Nm. se wringkrag. Dit is indrukwekkend, veral as \u2018n mens dit vergelyk met die 155 Kw. wat die GTi met \u2019n turbo lewer. Die Clio RS is bre\u00ebr as die gewone Clio, sy asafstand is met 10 mm verleng om meer stabiliteit te gee en die vet tekkies van 17 duim pas mooi vol in die wielbo\u00eb op elke hoek van die motor. Die remme in die Clio RS is 312 mm Brembo geventileerde skywe, so jy sal stop as dit moet. Daar is ses ratte met ratverhoudings wat korter en meer skuur is as vantevore. Ons het met al hierdie werkverrigting steeds \u2018n brandstofverbruiksyfer van 8,5 \u2113\/100km aangeteken. Goed vir \u2019n verrigtingsblitsbuks!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die prys aan betref, vergelyk die Clio RS baie goed met sy mededingers. R258 900 is baie geld vir \u2019n klein motortjie, maar vergelyk dit met die Opel Corsa OPC se R254 900 wat net \u2019n 1,6 liter turbo-enjin het en 7 Kw. minder, die Peugeot 207 GTi wat ook net \u2019n 1,6 liter enjin met 128Kw bied teen R245 000 en die absurde Mini Cooper S wat \u2019n kragbron met die 207 GTi deel teen R280 000, dan is die Clio \u2019n goeie koop.<\/p>\n<h4>Clio 1.6 Dynamic<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/clio%201.6%20dynamic.jpg\" border=\"0\" alt=\"Clio 1.6 Dynamic\" title=\"Clio 1.6 Dynamic\" \/>Anders as die Clio RS, is die 1.6 Dynamic \u2019n groot kar, nou nie regtig nie, maar daar is heelwat meer binneruimte en hierdie Renault bied regtig baie vir die geld wat jy uithaal om hom in jou motorhuis te parkeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die motor voel net soveel meer volwasse en verfynd en opgewasse as die vorigegenerasie-Clio. Alle materiale in die binneruim en die manier hoe die hele motor aanmekaar gesit is voel premium kwaliteit. Jy sou maklik die motor met veel duurder en groter motors kon vergelyk. Die lys van standaardtoerusting is regtig indrukwekkend; benewens die gewone elektriese ruite en sleutellose toegang, sluit die Clio 1.6 Dynamic se lys standaardtoerusting \u2019n ge\u00efntegreerde Tom-tom navigasiestelsel met afstandbeheer in. Daar is ook ritbeheer en \u2019n spoedbeperker wat baie handig in die stad is, outomatiese klimaatbeheer, hoekskynligte wat die rigting waarin die wiele draai verlig, re\u00ebn- en ligsensors wat die ruitve\u00ebrs en ligte outomaties aan en af skakel, verhitte buitespie\u00ebltjies, Bluetooth-ge\u00efntegreerde Mp3-kompakskyfspeler met \u2019n aparte gaatjie vir jou iPod en \u2018n USB-inlaat vir jou geheuestokkie.\u00a0 Sou \u2018n mens na die standaardveiligheidstoerusting kyk, is die prentjie net nog mooier. Daar is ABS-remme, EBD (Electronic Brake-force distribution) wat die remkrag versprei soos dit nodig is, EBA (Emergency Brake Assist) wat binne millisekondes inskop sou jy hard rem om die motor nog vinniger te laat rem en dubbele voorste lugsakke sowel as knie\u00eblugsakke en \u2018n skouergordynlugsak voor en agter. Werklik baie indrukwekkend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/duursame%20binneruim.jpg\" border=\"0\" alt=\"Binneruim\" title=\"Binneruim\" \/>Die Clio 1.6 Dynamic is ook toegerus met splinter nuwe 16 duim allooi vellings as standaard en kyk jy na die res van die motor dan kan daar duidelik lyne van die nuwe Megane gesien word, veral in die voorste ligte. Die Clio se wiel afstand is nou 41 mm langer as die vorige generasie om sodoende \u2018n werklike indrukwekkende 1343mm skouer hoogte en agterste kop ruimte van 886 mm te bied.<\/p>\n<p>Die motor ry ook soos \u2018n veel groter motor danksy Renault se elektroniese krag stuur. Die Clio 1.6 Dynamic lewer 83 Kw. en 151Nm se wringkrag wat die motor \u2018n topsnelheid van 190 km\/u gee. Brandstof verbruik is ook baie indrukwekkend teen 6.6 liter\/100km.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/standaard%20tom%20tom%20navigasie%20stelsel.jpg\" border=\"0\" alt=\"Aanboord Navigasiestelsel\" title=\"Aanboord Navigasiestelsel\" \/>Kom ons by die prys van die Clio 1.6 Dynamic het ons aanvanklik gedink die motor is duur, maar kyk na sy mededingers ( Ford Fi\u00ebsta 1.6 Titanium R195 650, Mazda 3 1.6 Dynamic Sport R225 520 en Peugeot 207 VTi Dynamic R200 000 ), wat almal minder toerusting en veiligheidstoerusting as die Clio het, dan klink die R194 900 na \u2019n goeie koop. Ingesluit by die prys is \u2018n 3-jaar 45 000 km-diensplan en Renault se 100 000 km\/ 3 jaar-waarborg.<\/p>\n<h4>Gevolgtrekking<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na ons mening is beide die Renault Clio RS en die Clio 1.6 Dynamic uitstekende waarde vir geld. Sou jy \u2019n blitsbuks soek wat regtig vinnig is en wat hanteer soos \u2018n regte renstel is die RS moeilik om mis te kyk. Sou jy in die mark wees vir \u2019n gesinsmotor is wat goeie toerusting in \u2019n goeie klein \u201cgroot\u201d motortjie soek met uitstekende brandstofverbruik (en dan is hy nog mooi ook), is die Clio 1.6 Dynamic werklik die antwoord.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free online casino no deposit bonus<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.dozor.ua\/news\/vlast\/1153567.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is \u2018n spreekwoord wat s\u00ea \u201cGroot gif kom in klein botteltjies\u201d. Ons het so pas een van daardie klein botteltjies raak geloop. Renault se Clio Renault Sport of die RS, soos hy bekend staan, het \u2019n draai by ons gemaak. Anders as die vorige Clio Renault Sport-modelle word hierdie Clio nie deur \u2019n V6- [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7881,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-7888","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7888","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7888"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7888\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7881"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7888"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7888"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7888"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}