{"id":7880,"date":"2010-03-12T07:30:53","date_gmt":"2010-03-12T07:30:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7880"},"modified":"2010-03-12T07:30:53","modified_gmt":"2010-03-12T07:30:53","slug":"politieke-kommentators-se-taai-toffie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7880","title":{"rendered":"Politieke kommentators se taai toffie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Van skrywers en digters word dikwels ges\u00ea hulle is die gewete van die volk. Hulle word \u2018n ruim mate \u201cdigterlike vryheid\u201d gegun om te kan krap en oopkrap waar dit nog net liggies jeuk, en die lot van verontregtes aan die groot klok te kan hang. Gewoonlik word die kant van die sogenaamde \u201cunderdog\u201d gekies, en in die apartheidsjare het digters en skrywers met mekaar gekompeteer om te verwoord oor hoe die ongenadige son oor natgeswete Afrikakoppe neerbak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou sit die skoen vierkantig aan die ander voet. Van die bekendes van gister en eergister sal periodiek hul ontgogeling in rubrieke verwoord, maar ons po\u00ebsie en prosa bly redelik gestroop van aktuele onderwerpe soos plaasmoorde, en veral die ongelooflike wreedheid daarvan, ontevrede kligooiers wat nou weer onder rubberkoe\u00ebls en lood gesteek word, endemiese korrupsie, baantjies vir boeties en vele meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke en aktualiteitskommentators kon di\u00e9 keer nie wag vir die nasie se gewete om hul agterente in rat te kry nie. \u2018n Ruk lank het politieke korrektheid nog sterk inhiberend ingewerk, maar nou kan die kommentators nie langer versiersuiker strooi deur die een of ander kontekstuele afwatering vir uitsprake soos di\u00e9 van Malema en kaders te vind, en die regering se swye of goedpraat daarvan nie. Ni\u00e9 as hulle nog geloofwaardigheid wil behou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skielik is die Sampie Terblanche\u2019e feitlik doodstil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke kommentators wat nog op hul sg \u201cstruggle credentials\u201d wil terugval vind skielik dat hulle veral op die internet aan flarde geruk word \u2013 dikwels kru, maar ook dikwels deur hoogs kundige en goed ingeligte nuwe generasie kommentators wat nog gewoonlik deur die media in die doofpot gehou word. Die jongste ongeval hiervan is Die Burger se redakteur, Henry Jeffreys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liberale fossiele, veral anderkant die Wingerdgordyn, het nog nie gaan l\u00ea nie. Dit het byvoorbeeld \u2018n mode uit hierdie geledere geword om in rubrieke te lys hoe hulle selfs misdaadslagoffers was, maar ten spyte daarvan trots liberaal bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kommentators wat oopkop aanbeweeg, word as nieu-konserwatiewes uitgekryt, asof dit die mees verfoeilike goggas op aarde is. Nou is die liberale teen hul veronderstelde aard juis diegene wat gatvas aan gister klou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend, in Volksblad se rubriek Brandpunt, val Tim du Plessis weg met die volgende standpunt: \u201c\u2019n Nuwe tydsgees is aan die ontwaak. Mense, gemeenskappe, minderhede, noem maar op, staan op en s\u00ea\u201d \u2018Genoeg is genoeg. Nou vat ons ons regte terug.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy verkwalik die liberale wat die taalstryd in Stellenbosch veg onder die vaandel dat dit \u2018n keuse tussen Afrikaans en uitnemendheid is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy sluit af met \u2018n aanhaling van DF Malan wat ges\u00ea het: Waar Stellenbosch vandag staan, staan Suid-Afrika m\u00f4re. \u201cNie meer nie,\u201d sluit Tim af. \u201cDeesdae arriveer Stellenbosch eers m\u00f4re of oorm\u00f4re.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tim het self pas onder, wat hy nou die nuwe tydsgees noem, deurgeloop toe hy \u2018n vrypostige joernalis wat hom met die tydsgees misreken het, tot hulp gesnel het. Terwyl hierdie tussenspel afgespeel het, het die nuwe tydsgees onverbiddelik voortgesnel, aangehelp deur die hofnar Malema se breedsprakigheid, en pres. Zuma se flaters. Selfs die mildelike inspan van gister se politieke kommentators wat nou tot weinig meer as na\u00efewe ploeteraars gereduseer geraak het, kon die tydsgees stuit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die politieke kommentators wat die oorgang reg gelees het, het egter ook \u2018n taai dilemma om mee rekening te hou. Die omgewing waarin nou waargeneem en ontleed word, is een van erge negatiwiteit. Dienste vou, korrupsie floreer, politici maak skandes&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis maklik om kommentaar te lewer, maar geen kommentator het jare gestudeer om dag vir dag sy mond oor riool in die strate uit te spoel nie. Rioolpolitiek het die geneigdheid om die kommentator self te bevuil, en dit stroop die nuwe gees van fatsoenlikheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nuwe aankomelinge bevind hulle ook skielik in die geledere van kommentators wat al dekades in hierdie sfeer nes geskop, en dekades lank deur die gewese hoofstroom afgekraak en geminag is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die finale instansie: Politieke kommentators is mense en mense is feilbaar. Geen politieke kommentator kan hom voordoen asof hy alleen die kennis en insig in pag het nie. Om elke dag, afhangende van hoe die wind waai, \u2018n ander deuntjie te sing, reduseer hom ook tot \u2018n leibeurtprokureur wat moeiteloos van saak tot saak die rigting waarin die water in die vore vloei verander om sy nuutste saak te pas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Vanoggend stuur ek vir die eerste keer my nuuskommentaar afsonderlik na Praag omdat ek graag \u2018n paar aspekte wat op die Woernaal opduik wil aanspreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Riempies, baie dankie vir jou gereelde terugvoer. Ek hoop ek het van jou vrae hierbo beantwoord. Die instansies waarna my nuuskommentaar gestuur word en enkeles selfs voor betaal, is van taamlik links tot taamlik regs op die politieke spektrum. Praag is egter die instansie wat dit by verre die meeste gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Ek probeer nie voorgee dat ek nie my eie standpunte koester nie, maar die hoofdoel van my werk is om politiek-wetenskaplik en staatsregtelik suiwer te wees. Die kieser het immers die reg om ook hul eie keuses te maak nadat hulle aan die spektrum, maar ook \u2018n weergawe gestroop van sg klein politiek, blootgestel was. (In die aanloop tot die vorige verkiesing het ek \u2013 in my professionele hoedanigheid \u2013 twee verskillende partye teen betaling met hul nuusverklarings gehelp. Ek sou verkies om dit nie te doen nie, maar met my kwalifikasies en velkleur is werk so skaars soos hoendertande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* In die proses weet ek baie goed ek kan nie alles vir almal wees nie. Dit is ook nie my doel nie, en daarom weet ek ook by voorbaat dat ek, soos ander, kritiek gaan kry. Wanneer iemand sy mond uitspoel omdat hy nie die werklikheid wil aanvaar nie, is een ding, maar ek is \u2018n mens en boonop een met disleksie, ek kan onmoontlik nie alles van alles weet nie en het soms feitegewys die kat aan die stert beet. Ek probeer om dit tot die minimum te beperk, maar uitsny kan ek dit net doen deur op te hou om my passie te bedryf. En vir daardie blapse vra ek sommer by voorbaat en terugwerkend verskoning.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free online poker<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van skrywers en digters word dikwels ges\u00ea hulle is die gewete van die volk. Hulle word \u2018n ruim mate \u201cdigterlike vryheid\u201d gegun om te kan krap en oopkrap waar dit nog net liggies jeuk, en die lot van verontregtes aan die groot klok te kan hang. Gewoonlik word die kant van die sogenaamde \u201cunderdog\u201d gekies, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7880\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politieke kommentators se taai toffie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[626,9309],"class_list":["post-7880","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-herman-toerien","tag-politieke-kommentaar"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7880","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7880"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7880\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7880"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7880"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7880"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}