{"id":787,"date":"2007-08-22T00:00:00","date_gmt":"2007-08-22T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=787"},"modified":"2007-08-22T00:00:00","modified_gmt":"2007-08-22T00:00:00","slug":"renmakerery-in-senegal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=787","title":{"rendered":"Re?nmakerery in Senegal"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Dit is daarop gemik om voedselsekuriteit in Senegal te bevorder omdat weersomstandighede in die land nie altyd geskik is vir landbou nie. Senegal se ekonomie bestaan hoofsaaklik uit landbou en voedsel moet ingevoer word om aan die aanvraag te voldoen.<\/p>\n<p>  Re&euml;n word gemaak deur wolke mbv vliegtuie in die lug of generators op die grond te &quot;bombardeer&quot;. &#8216;n Radar in die noorde by Lingu&egrave;re &quot;wat feitlik die hele land dek met &#8216;n reikafstand van 480km&quot; volgens Diop, bepaal die chemiese en fisiese eienskappe van wolke, hul ewolusie en die hoeveelheid water.<\/p>\n<p> Die re&euml;nmakerprogram, wat deur 8 van die 11 lande in die streek van stapel gestuur is, het 23 operasies tussen Julie en Augustus onderneem teenoor die 35 in dieselfde tyd verlede jaar. Die sones in die noordelike dele wat baat by ge&iuml;nduseerde re&euml;n se re&euml;nvalsyfers is bogemiddeld terwyl droogte die suide teister.<\/p>\n<p> &quot;Ons dink bogemiddelde re&euml;nval in die noorde en die sentrum is verwant aan operasies in di&eacute; gebied,&quot; verseker Diop sy gehoor. Volgens kenners is dit nietemin nie so voorspelbaar nie, want dit is nooit heeltemal seker of dit wel na afloop van &#8216;n operasie sal re&euml;n nie.<\/p>\n<p> Vir die sekretaris-generaal van die Nasionale Raad vir Landelike Oorlegpleging (CNCR), Baba Ngom, is re&euml;nmakery nie &quot;realisties&quot; nie en wil hy niks daarmee te make h&ecirc; nie. Watervore is volgens hom die antwoord en moet &#8216;n mens &quot;die Senegalrivier aanwend want miljoene kubieke meter water vloei jaarliks in die see weg.&quot;<\/p>\n<p> Senegal het reeds in die sestigerjare met re&euml;nmakery ge&euml;ksperimenteer sonder sukses. Ten spyte daarvan glo weerkundige direkteur Matra Ndiaye, dat die werklike impak van die nuwe eksperiment wat in 2005 begin is, eers in 2010 gemeet sal kan word.<\/p>\n<p> Hy het egter toegegee dat die VSA, Israel, Frankryk en Spanje al enorme bedrae op re&euml;nmakery bestee het sonder dat dit veel opgelewer het en &quot;sonder dat die nut daarvan bewys is.&quot;<\/p>\n<p> &quot;Die grootste uitdaging is om die impak wat verkry kan word deur wolke te teiken te begryp. Sou die wolke sonder ingryping dieselfde resultate gelewer het?&quot; wonder Ndiaye hardop.<br \/>&nbsp; <\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free football bet no deposit required<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/12.02.2017\/v_harkovskoy_oblasti_naznachen_rukovoditel_mestnoy_prokuratury\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Senegal eksperimenteer sedert 2005 met re&euml;n op aanvraag. Di&eacute; program word ondersteun deur Marokko om die onvoorspelbaarheid van buie te probeer oorkom, maar navorsers en boere bly skepties oor die werklike impak.<\/p>\n<p> Nadat Senegal &#8216;n 2002 &#8216;n slegte seisoen beleef het, &quot;het president Abdoulaye Wade aan Marokko gevra om te help met re&euml;n op aanvraag,&quot; verduidelik Ch&eacute;rif Diop, hoof van weerkundige navorsing. Die program heet &quot;Bawaan&quot; wat &quot;nuttige re&euml;n&quot; in Wolof, die grootste taal in Senegal, beteken.<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089],"class_list":["post-787","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/787","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=787"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/787\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=787"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=787"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=787"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}