{"id":7867,"date":"2010-03-11T08:53:37","date_gmt":"2010-03-11T08:53:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7867"},"modified":"2010-03-11T08:53:37","modified_gmt":"2010-03-11T08:53:37","slug":"die-skoolbus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7867","title":{"rendered":"Op die bus"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Daardie Dinsdagoggend diep in die tweede kwartaal van 1985 sal ek nie maklik vergeet nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 oggend was ek soos gebruiklik een van die eerste passasiers wat op die bus geklim het wat sy roete tussen die plotte deurgevind het om mense wat in die stad werk, by die werk te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die stop na ek opgeklim het, klim \u2018n ho\u00ebrskoolseun ook op. Vandag klim twee pikkies in hul laerskooluniforms saam op, wat vreemd is omdat die laerskoolkinders gewoonlik skool toe loop, en die skool ook nie op die busroete is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek luister dus toe die oudste seun met die busbestuurder praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cM\u00f4re oom, die laerskool het mos gisteraand afgebrand, en nou moet hulle ook voorlopig stad toe gaan.\u201d Uit \u2018n afsonderlike banksakkie diep hy die busgeld vir die pikkies op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Heel duidelik het die beheerraad deurnag gewerk om die krisis ten beste die hoof te bied, en soos gewoonlik tot in die fynste detail gesorg dat selfs die kleintjies se busgeld gereed is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste mense hier op die plotte is brandarm, en om te aanvaar elke huisgesin sal oornag die nodige geldjies, selfs vir busgeld, bymekaar kan maak is baie gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit word \u2018n diep ontroerende ervaring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die volgende busstop is daar moeilikheid. Die drietjies wat moet opklim, twee boeties en \u2018n sussie, is kaalvoet in hul laerskooluniforms. Hier op die plotte gaan die kleingoed kaalvoet skool toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groter seun het hul busgeld, maar in die stad is skoolskoene verpligtend. Hy skop vas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns hettie soolskoene nie,\u201d hoor ek die stemmetjie van buite kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek staan op, en beduie hulle moet inklim. As dit nodig is, sal ek self met die skoolhoof praat. Soos dit is gaan die kleingoed genoeg getraumatiseer word oor die skoene-ding. Kinders is wreed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die groter seun s\u00ea ek: \u201cSkoolgaan is verpligtend, Jy mag hulle nie toegang tot die skool weier nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook ander mense klim op, en die laerskool se afbrand is \u2018n groot besprekingspunt. Die ho\u00ebrskool is juis \u2018n jaar of twee tevore gesluit om \u2018n paar onderwysposte in die stad te red wat weens kleiner blanke gesinne in die gedrang begin kom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kry die pikkies innig jammer. Gisteraand toe hulle kooi toe is, het hulle nog geglo hulle is teen di\u00e9 tyd vanoggend kaalvoet op pad skool toe. Hul eie skool.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Paar uur later, terwyl hulle geslaap het, was die skool in ligte laaie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die volgende bushalte is daar weer moeilikheid. Die drie sussies het nie skoolklere aan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMa het ges\u00ea ons kan nie in ons skoolklere na \u2018n ander skool gaan nie,\u201d hoor ek die stemmetjie van buite.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groter knaap met die busgeld kyk nou reguit na my. \u201cWat moet hy nou doen?\u201d staan oor sy hele gesig geskryf. Ek beduie die kleintjies moet inklim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My hart krimp ineen toe die drie langs mekaar op \u2018n sitplek vir twee gaan neerplak. Net vel en been, en water was nie onlangs naby die drie velletjies nie. Daar is waarskynlik nie lopende water in die huis nie, en warm water, of selfs enigiets wat warm is, waarskynlik nog minder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is nie die enigste wat die erbarmlikheid waarneem nie. Ek het nog gewonder of ek iets moet doen, toe het \u2018n gryskoptannie met haar handsak opgestaan en op haar hurke voor hulle gaan sit. Sy diep \u201cdry wipes\u201d uit haar handsak op, en ek hoor haar vir die drietjies fluister: \u201cSiestog, dit was seker nog donker toe julle opgestaan het en hier en daar misgewas het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So diskreet as wat sy maar kan wees, en sy begin skynbaar die \u201ckolletjies\u201d skoon vee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sien die oudste selfbewus bloedrooi tot agter haar ore bloos, maar sy sit doodstil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die laaste busstop is daar weer moeilikheid. Ses pikkies staan en wag om opgelaai te word. Die kind met die\u00a0 banksakkie is nou in die knyp: \u201cVolgens my lysie moes hier net drie kinder opklim, en ek het net vir hulle busgeld.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Salie staan dadelik op: \u201cKom mense, kom ons dok iets op vir die kinders se busgeld \u2013 ook vir die terugkom vanmiddag, en as dit kan, ook sommer ietsie vir hulle om iets te ete te koop ook. Ek sien \u2018n klomp het juis hul toebroodjies in die deurmekaarspul by die huis vergeet.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons almal weet dat \u201cvergeet\u201d nie die regte woord is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons maak ons harte en beursies oop. Vandag gaan \u2018n hele klomp van die grootmense self niks by die werk te ete h\u00ea nie, maar een dag bietjie honger kan darem nie opweeg teen die poele grootogies wat ons so aankyk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOom,\u201d vra \u2018n pikkie langs my benoud. \u201cGaan ek pak kry omdat ek nie skoolskoene het nie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kyk in die benoude ogies, en net daar besluit ek klim saam met hulle by die laerskool af, en ek sal toesien dat die pikkies nie verder getraumatiseer word nie \u2013 al moet ek die skoolhoof ook aan die keel beetkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En al beteken dit dat ek dan nog \u2018n goeie drie kilometer na my werkplek sal moet stap, en bitter laat gaan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis my mense hierdie, en as ek dit kan verhelp &#8230;.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-85\/nastol-nye-igry\/logicheskie\">\u041b\u043e\u0433\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kh.vgorode.ua\/news\/luidy_horoda\/234421-v-kharkovskoi-oblasty-novyi-prokuror\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daardie Dinsdagoggend diep in die tweede kwartaal van 1985 sal ek nie maklik vergeet nie. Di\u00e9 oggend was ek soos gebruiklik een van die eerste passasiers wat op die bus geklim het wat sy roete tussen die plotte deurgevind het om mense wat in die stad werk, by die werk te kry. By die stop &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7867\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Op die bus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[9292,9293],"class_list":["post-7867","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale","tag-skoolbus","tag-wit-armoede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7867","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7867"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7867\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7867"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7867"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7867"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}