{"id":7859,"date":"2010-03-11T05:24:30","date_gmt":"2010-03-11T05:24:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7859"},"modified":"2010-03-11T05:24:30","modified_gmt":"2010-03-11T05:24:30","slug":"slenkdalkoors-versprei-verder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7859","title":{"rendered":"Slenkdalkoors versprei verder"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die gevreesde slenkdalkoors is steeds besig om in die Vrystaat te versprei en sal waarskynlik aanhou versprei totdat die wintermaande aanbreek.<\/p>\n<p>\u201cOp die oomblik het dit baie, baie wyd oor die Vrystaat uitgebrei en is tans baie aktief in die Boshof-area,\u201d het \u2018n veearts Louis van Rooyen ges\u00ea.<\/p>\n<p>Van Rooyen vermoed die warm weer dra by tot die verspreiding van die siekte en dat dit sal aanhou versprei totdat dit begin koud raak in die gebied. <\/p>\n<p>Areas soos  Frankfort, Bothaville, Bultfontein, Dealesville, Fauresmith en Colesberg is die areas wat die meeste deur slenkdalkoors geraak is.<\/p>\n<p>Molefi Sefularo, adjunkminister van gesondheid, het vroe\u00ebr die week ges\u00ea dat sewe gevalle van slenkdalkoors in mense bevestig is in die Vrystaat en Noord-Kaap. Een boer is dood van die gevreesde virus.<\/p>\n<p>Volgens Sefularo sal die virus nie die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi bedreig nie.<\/p>\n<p>Slenkdalkoors &#8216;n erge virussiekte wat hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas.<\/p>\n<p>Diere word aanvanklik besmet as hulle deur muskiete wat die virus dra, gebyt word.<\/p>\n<p>Hierna word die diere direk besmet omdat hulle blootgestel word aan geaborteerde fetusse en besmette materiaal.<\/p>\n<p>Mense wat in direkte kontak met besmette diere kom deur byvoorbeeld die hantering van karkasse, nageboortes en veral bloed kan griep-verwante simptome ontwikkel soos hoofpyn, liggevoeligheid, spier- en gewrigspyn.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/tematicheskie-igrovye-nabory\/kuhni\">\u043a\u0443\u0445\u043d\u0438 \u0443\u043a\u0440\u0430\u0438\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-gruzov\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gevreesde slenkdalkoors is steeds besig om in die Vrystaat te versprei en sal waarskynlik aanhou versprei totdat die wintermaande aanbreek. \u201cOp die oomblik het dit baie, baie wyd oor die Vrystaat uitgebrei en is tans baie aktief in die Boshof-area,\u201d het \u2018n veearts Louis van Rooyen ges\u00ea. Van Rooyen vermoed die warm weer dra &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7859\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Slenkdalkoors versprei verder&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[9189],"class_list":["post-7859","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-slenkdalkoors"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7859","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7859"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7859\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7859"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7859"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7859"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}