{"id":7847,"date":"2010-03-10T07:34:41","date_gmt":"2010-03-10T07:34:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7847"},"modified":"2010-03-10T07:34:41","modified_gmt":"2010-03-10T07:34:41","slug":"die-wind-waai-wes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7847","title":{"rendered":"Die wind waai wes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Normaalweg word verwag dat mense met \u2018n konserwatiewer uitkyk, meer tot ideologiese nostalgie verbind sal wees as byvoorbeeld die \u201cprogressiewes\u201d en meer in die besonder die liberale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om dit \u2018n bietjie anders te verduidelik. In kerklike verband beteken \u201cgereformeerd\u201d min of meer om \u201cdeurlopend die wil van die Here te soek\u201d en kan iemand wat dus sonder behoorlike ondersoek aan bestaande opvattings kleef per definisie nie gereformeerd wees nie, omdat hy in werklikheid ortodoks is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die politiek betref, is dit stellig so dat daar wel mense is wat konserwatief gebore is, en konserwatief sal doodgaan. Langenhoven het dit miskien die treffendste opgesom toe hy en \u2018n paar ander saam met Loeloeiraai onderweg maan toe is. Ver genoeg van die aarde af sien een van die reisgenote dat die aarde inderdaad rond is, \u201cmaar ek bly \u2018n SAP.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Suid-Afrika waarskynlik \u2018n bietjie uniek maak is die ideologiese nostalgie aan die linkerkant. Per definisie moet die liberaal nie ontstemd wees as sy mede-liberaal weens die invloed van werklikhede ideologies verskuif nie. Die liberaal erken immers die mense se bykans onbeperkte reg tot meningsvryheid, soos spraakvryheid, politieke oortuiging en wat daarmee gepaard gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat in die praktyk gebeur is egter \u2018n reaksie wat eerder tuishoort by \u2018n fundamentalistiese Moslem wat suur trek oor \u2018n kameraad wat na \u2018n ander godsdiens bekeer word. Die fatwah (in die populistiese sin) word as\u2019t ware teen so \u2018n persoon uitgereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skeldname is een manier om op hierdie \u201cverregsing\u201d soos Jakes Gerwel dit noem, te reageer. Die woord wat gebruik is om waarskynlik die toppunt van kwetsing uit te beeld is \u201cnieu-konserwatief.\u201d Die angel l\u00ea nie so seer in die feit dat iemand konserwatief is nie, maar dat hy \u2018n verloopte liberaal is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iemand wat bykans verseker kan wees dat hy die nieu-konserwatiewe mantel omgehang gaan word is \u2018n voormalige Dakarganger wat s\u00ea die grondwet het gebreke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die tipiese liberaal bly die grondwet die liberale bybel, en bo kritiek verhewe. Hoogstens word geduld dat iemand die toepassing van die grondwet kritiseer. Die grondwet immers, kan net so min gebreke h\u00ea soos wat die edel barbaar \u2018n sendeling in die kookpot sal stop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Newe-effek is dat die liberale hulle algaande tot irrelevansie rangeer. Verskeie hoofstroom-koerante dra nou gereeld artikels en rubrieke waarin die liberale outeurs mekaar oorbie oor wie die meeste onder misdaad deurgeloop het, maar liberaal bly. Hulle probeer mekaar oortref in hul foutvindery met die regering. Alles gaan goed tot hulle by die deel kom waar oplossings aangebied moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na verskeie sulke artikels en rubrieke is die somtotaal van hierdie advies eintlik in een woordjie saamvatbaar. Twak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommiges besef dat minstens \u2018n deel van die oplossing daarin l\u00ea dat sekere veranderings in ooreenstemming met internasionale grondwetlike praktyke aangebring moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit weer, sou beteken dat die grondwet wat soos gister en soos eergister as die beste in die w\u00eareld voorgehou is, toe al die tyd \u2018n turksvy in die broeksak was, en nog erger, dat daar leemtes aan liberale opvattings moet wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By gebrek aan logiese argumente word teruggeval op geykte terme om konserwatiewer opvattings mee sleg te s\u00ea, soos laertrekkery, kappiementaliteit, dom, boers of wat ook al. Sekere hoofstroommedia doen hieraan mee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is die werklikheid?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buite Suid-Afrika is liberalisme \u2018n grootliks uitgediende ideologie wat min of meer in die 70\u2019s en 80\u2019s van die vorige eeu sy hoogtepunt in onder meer Wes-Europa beleef het. Die vryhede wat dit gebring het, het nie net tot sex shops op straathoeke en aborsies op aanvraag gelei nie, dit het ook die ruimte van vryheid van uitdrukking geskep waarbinne rykmanskinders die dodelike Baader-Meinhoffs van stapel gestuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort voor lank moes die liberale w\u00eareld die realiteit in die gesig staar van hoe om verskillende menseregte teen mekaar op te weeg. Iemand se reg tot uitdrukkingsvryheid kan immers nie die reg om bomme te plant insluit, wat my reg op lewe bedreig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika word nog gespook om die begrensing van verskillende regte te vind. Dikwels bly die vertrekpunt die reg op uitdrukkingsvryheid wat die reg op spraakvryheid bykans onbeperk wil sien. In \u2018n onlangse DA-mediaverklaring is die kwessie van die soeke na morele waardes selfs afgewys omdat dit spraakvryheid sou beperk. Dit is egter nie so eenvoudig nie, omdat die grondwet bv self voorskryf dat die president en kabinet aan \u2018n etiese kode moet voldoen. Die staat het ook die plig om die contra bones mores-beginsel in verskeie regsvertakkings te onderhou. Hoogstens kan geargumenteer word die staat se rol is nie om die morele kode te formuleer nie, maar dit kan nie die instandhouding daarvan vryspring nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl ideologiese nostalgie lewend bly, is ideologiese migrasie ook baie bekend. Begeniselvastes sal waarskynlik argumenteer dat die ideologiese migrante in die eerste plek geen beginsels gehad het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By geleentheid loop in raadslid van die NNP, mev. Kathy van Rhijn, oor na die DP. \u2018n NNP-raadslid staan in die raad op en val haar striemend aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Maand later het die DA gevorm en sit Kathy en haar kritikus weer in dieselfde party. Die ironie ontsnap nie die destydse Mangaungse burgemeester, Jani Mohapi nie. Mohapi wil by die kritikus weet of hy nog oor Kathy voel soos wat hy \u2018n maand tevore oor haar gevoel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kritikus reageer in terme soos: \u201cDit is net \u2018n swak mens wat nie sy oortuigings verander wanneer hy beter oortuigings opdoen nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uwe, destyds \u2018n redakteur, skryf toe hieroor, maar verswyg die raadslid se naam om hom teen homself te beskerm. In onkunde word \u201coortuigings\u201d egter met \u201cbeginsels\u201d vervang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die raadslid is ontstoke oor hy (naamloos) as beginselloos uitgebeeld is. Hy eis \u2018n regstelling. Dit word onverwyld gedoen, maar steeds sonder om die raadslid te identifiseer. Hy bel egter steeds en skryf minstens een brief. Uiteindelik, na dit geblyk het niks sal die raadslid tevrede stel nie, word die lid in die apologie ge\u00efdentifiseer, met di\u00e9 stertjie by dat volgens hom, daar \u2018n verskil in die politiek is tussen oortuigings en beginsels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nodeloos om te s\u00ea toe het die hel \u00e9\u00e9rs losgebars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie beginselvaste raadslid skryf \u2018n rukkie later \u2018n brief aan Volksblad waarin hy (destyds ook streekleier van die Afrikanerbond) na die ANC oorloop waar hy nou lid van \u2018n burgemeesterskomitee is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Inus Aucamp, laaste NNP-leier in die Vrystaat en wie se privaat sekretaris hierdie raadslid was, skryf in \u2018n stadium onder meer die volgende in Volksblad: \u201c\u201cNou kyk as daar \u2019n knaap is wat kan operate, is dit X. Sy opgang, van hy \u2019n paar jaar gelede as verdwaalde politieke ryloper in Bloemfontein aangekom het, tot nou, was fenomenaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit word net oortref deur die meteoretiese (sic) spoed waarmee hy telkens aarde toe kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWant sien, net my ingryping het verhoed dat hy uit die DA geskors is, hy is inderdaad as hoofsekretaris van die NNP geskors (\u2019n eerste in meer as 90 jaar!) en lyk my hy het in die Afrikanerbond ook sy moses te\u00ebgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHy\u2019s \u2019n meester om ander te gebruik om sy nes te veer, maar maak dan die fout om dit telkens self te bevuil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit maak van hom \u2019n politieke rugryer en verfoeilike kruiper,\u201d is wat hy van sy eertydse persoonlike assistent in die brief geskryf het.)\u2009\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor is \u2018n klag van strafregtelike laster teen Aucamp gel\u00ea, en Aucamp gearresteer. Die Direkteur van Openbare Vervolging weier om Aucamp te vervolg, en hy wen \u2018n eis van onregmatige arrestasie teen die SAPD ter waarde van R30 000.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke rylopers het so \u2018n wrang smaak gelaat dat oorloopwetgewing in SA gestaak is. Ironies was die DA aan die voorpunt van die opheffing daarvan, na dit aanvanklik op versoek van die DA op die wetboek geplaas is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die politieke ryloper hierbo vermeld het w\u00e9l \u2018n geldige punt. Iemand k\u00e1n \u2018n Damaskuservaring h\u00ea, en tot nuwe insigte kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Liberale onvergenoegdheid met verloopte liberale en afgryse oor die \u201cverregsing\u201d dui daarop dat ideologiese migrasie nie noodwendig in die rigting van \u201cverligting\u201d lei nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al verswyg die media grootliks hierdie w\u00eareldwye verskynsel, verander dit niks aan die feit nie: Die wind waai wes.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">play free slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b \u0441\u043e\u0442\u0440\u0443\u0434\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Normaalweg word verwag dat mense met \u2018n konserwatiewer uitkyk, meer tot ideologiese nostalgie verbind sal wees as byvoorbeeld die \u201cprogressiewes\u201d en meer in die besonder die liberale. Om dit \u2018n bietjie anders te verduidelik. In kerklike verband beteken \u201cgereformeerd\u201d min of meer om \u201cdeurlopend die wil van die Here te soek\u201d en kan iemand wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7847\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die wind waai wes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[9264,9265,9266],"class_list":["post-7847","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-die-wind-waai-wes","tag-konserwatief","tag-liberaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7847","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7847"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7847\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7847"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7847"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7847"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}