{"id":7846,"date":"2010-03-10T07:30:38","date_gmt":"2010-03-10T07:30:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7846"},"modified":"2010-03-10T07:30:38","modified_gmt":"2010-03-10T07:30:38","slug":"president-van-verleentheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7846","title":{"rendered":"President van Verleentheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Toe dit aan die einde van verlede jaar bekend word dat pres. Jacob Zuma sy poligame huwelik verder gaan uitbrei, het die leier van \u2018n klein party, die Christen-Demokratiese Party, dit as \u2018n reuse stap terug na die donker eeue beskryf. Dit het blitssnel oor die w\u00eareld mediadekking gekry. Hoewel di\u00e9 leier dit duidelik gemaak het dit is nie \u2018n aanval op die Zoeloe-kultuur en selfs die praktyk, wat wettig is nie, maar dat die president hom hierin begeef en terselfdertyd opgee dat hy \u2018n Christen is. Hy is selfs \u2018n ere-pastoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kritiek op die CDP-leier \u2013 ook uit intellektuele Zoeloekringe was egter asof die partyleier, \u2018n dominee, \u2018n aanval op die Zoeloekultuur gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna blyk dit egter die president het by nog \u2018n vrou nog \u2018n buite-egtelike kind verwek, en dieselfde partyleier beskryf toe Zuma as \u2018n Bill Clinton, Tiger Woods en Henry die 8ste in een. Hierdie opmerking het blitssnel w\u00eareldwyd versprei, en is in groot koerante oorsee opgeneem. Di\u00e9 keer het niemand die partyleier tereggewys nie, nie eens deur sy woorde soos die vorige keer verdraai nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verskil in reaksie op die betrokke partyleier se opmerkings het met \u2018n grootskaalse ontgogeling in pres. Zuma as president en as mens gepaard gegaan. Sedertdien kon die president min doen wat nie die teiken van uiterste kritiek geword het nie, soos sy staatsrede wat wyd as die swakste staatsrede ooit beskryf is. Brouwerk is met nog lomper lapwerk bedek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Zuma die hofnar, Julius Malema, as kroonprins gesalf het en di\u00e9 ewe-eens by die dag in omstrede statuur groei, help ook nie veel om Zuma se beeld gepoets te kry nie. Selfs die Orde van die Bad wat die Britse koningin aan Zuma toegeken het, leen hom tot draakstekery in die vorm van die Orde van die Stort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die komende Fifa-toernooi verseker boonop dat die o\u00eb van die w\u00eareld nou al hoe meer, en reeds tot groot skade van die land, op Suid-Afrika gefokus is. \u2018n Blapsende president met ewe blapsende ministers is die laaste ding wat die land nou nodig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir baie trotse Suid-Afrikaners het Zuma nou \u2018n nagmerrie geword waaruit die land enige oomblik wakker moet kan word. In verskeie koerante is die spoedige einde van Zuma se presidensie op die wenslysie geplaas en naarstigtelik word na tekens van verset, magstryde in die ANC-alliansie en ander tekens gesoek wat daarop sou dui dat Zuma se politieke lewe aan \u2018n draadjie hang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste debakel oor die verklaring van belange is nog so \u2018n voorbeeld. Voorspelbaar was die reaksie van die presidensie weer uiters lomp. Die skuld word op onduidelikhede in die vertaling van die grondwet hieroor gegee. Die grondwet meld egter dat die Engelse teks die teks is wat by uitleg gebruik moet word, en di\u00e9 teks laat geen ruimte vir onduidelikheid nie. Artikel 96 van die grondwet bevat onder meer hierdie bepalings: \u201cMembers of the Cabinet&#8230; must act in accordance with a code of ethics\u2026<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2026may not undertake any other paid work \u2026 act in any way inconsistent with their office \u2026or expose themselves to any situation involving the risk of a conflict of interest.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanselfsprekend vereis die grondwet dat die president die grondwet moet eerbiedig en beskerm (Art 83).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vreemdhede versprei egter steeds soos masels. Pas het dit aan die lig gekom dat die minister van landbou nie Agri SA se veiligheidskonferensie kon bywoon nie, omdat Zuma haar juis toe na \u2018n VN-konferensie oor vroueregte gestuur het. Dit is egter onverskoonbaar in die lig daarvan dat Zuma self \u2018n nuwe ministerie, di\u00e9 vir vroue, die jeug en gestremdes, geskep het. Hierdie minister sou immers die aangewese minister wees om VN-konferensie by te woon, sodat die minister van landbou haar kon bepaal by \u2018n knellende aspek binne haar eie ministerskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of is oorsese reise dele van die ministers se byvoordele wat ongeag toepaslikheid geroteer word sodat almal ewe veel kanse vir ekskursies kry?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien Zuma as president wil aanbly, is minstens een ding baie duidelik; hy moet \u00f3f nuwe adviseurs kry, \u00f3f hy moet na sy adviseurs begin luister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend dring Volksblad in sy hoofartikel aan daarop dat die president nou moet end kry daarmee om Suid-Afrikaners se intelligensie te onderskat.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/mashinki-i-tehnika\/tehnika-na-upravlenii\">\u043c\u0430\u0448\u0438\u043d\u043a\u0430 \u043d\u0430 \u0440\u0430\u0434\u0438\u043e\u0443\u043f\u0440\u0430\u0432\u043b\u0435\u043d\u0438\u0438 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe dit aan die einde van verlede jaar bekend word dat pres. Jacob Zuma sy poligame huwelik verder gaan uitbrei, het die leier van \u2018n klein party, die Christen-Demokratiese Party, dit as \u2018n reuse stap terug na die donker eeue beskryf. Dit het blitssnel oor die w\u00eareld mediadekking gekry. Hoewel di\u00e9 leier dit duidelik gemaak &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7846\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;President van Verleentheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[6539,321],"class_list":["post-7846","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-malema","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7846","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7846"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7846\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7846"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7846"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7846"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}