{"id":7845,"date":"2010-03-10T07:25:07","date_gmt":"2010-03-10T07:25:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7845"},"modified":"2010-03-10T07:25:07","modified_gmt":"2010-03-10T07:25:07","slug":"afrikaners-na-wie-het-die-anc-geluister","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7845","title":{"rendered":"Afrikaners: Na wie het die ANC geluister&#8230;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Na wie het die ANC geluister wanneer hy gemeen\u00a0 het hy na die Afrikaner geluister het?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag kom op toe ek mnr. Gwede Mantshe se reaksie op \u2018n artikel van prof. Herman Giliomee lees. Mantashe klim onder Giliomee in en kritiseer verskeie van sy stellings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toevallig het ek self Giliomee se artikel gelees, en bykans volkome gehou van wat ek gelees het. Ek het die artikel heel duidelik met \u2018n ander bril gelees as waarmee Mantashe daarna gekyk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Ek, \u2018n nr. 2 apteekbril, en Mantashe blykbaar \u2018n donkerbril).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste waar ek meen Mantashe mistas, is dat hy ras inlees in aspekte waar Giliomee self nie ras bedoel het nie, en tweedens lei Mantashe aan die skeet om die rassisme in eie geledere mis te kyk. Byvoorbeeld, noem Mantashe, glo hy en die kaders om hom Suid-Afrika se ekonomie is groot genoeg om vir alle opgeleides, ongeag ras, volledig plek te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die polisie, onder regstreekse beheer van die ANC-beheerde regering, gaan appelleer teen \u2018n arbeidshofbevinding wat juis rassisme in die weiering van bevordering van \u2018n vroulike polisiekaptein bietjie in die bek ruk. Die arbeidshof gebruik internasionale norme, onder meer soos gemanifesteer is in \u2018n New Hampshire-saak in die Amerikaanse Supreme Court. Die afleiding dat die polisie, en dus die ANC, die eintlike rasbeheptes is, is dus nie sommer \u2018n plaaslike persepsie van \u201cdie (wit) Afrikaner\u201d nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC is ook blind (of met baie donker donkerbrille uitgerus) om nie te kan begryp hoekom dit onvanpas is om internasionale sokker in \u2018n stadion vernoem na die belangrikste eksponent van die slagspreuk, \u201ckill the Boer, kill the farmer\u201d te speel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWoon die verskillende rasse in dieselfde land?\u201d wonder ek toe ek vandag so vinnig die oog laat gaan op die kommentaar op \u2018n rubriek van Die Burger se redakteur, Henry Jeffreys. Jeffreys het naamlik \u2018n ligte blapsie oor die nasionale belastingverenigings se trustfondse\u00a0 Sondagaand op RSG se Kommentaar na \u2018n rubriek oorgedra, en daarmee skynbaar die grootste sluis moontlik van helse kritiek oopgetrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe dat Jeffreys \u2018n regsuitleg bietjie vooruit geloop het, het hy in die slaggat getrap om die minister van Samewerkende Regering se voorbeeld te gaan volg en ras te gaan soek waar ras nie die bepalende saak is nie, maar swak dienslewering en kleptokrasie, en die pligsgetroue belastingbetalers se absolute keelvolheid hiermee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kern van die probleem is natuurlik dat ons mense is, en dat mense op hul persepsies van die werklikheid, eerder as die werklikheid self reageer. En persepsies word nog gans te veel gevorm teen geykte ideologiese groewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan \u2018n land wat met dienslewering so in tamatiestraat is (eintlik loop iets anders gereeld in die strate af), of dit nou munisipale dienste is en of dit kerke is wat dikbek oor die nuwe prosedures vir huweliksbevestiging is, nog enigsins plek vind vir enige ander ideologie as dat daar nou so vinnig as moontlik die beste moontlike kundigheid ingespan moet word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verkieslik eerlike kundigheid met ho\u00eb vlakke van integriteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar so wil dit voorkom uit Mantashe se skrywe \u2013 hierdie soort stelling is nou juis weer rasgedrewe want dit \u201cs\u00ea\u201d swart mense is nie bekwaam en eerlik genoeg nie. Sou Mantashe en kaders so \u2018n afleiding maak, dan wys dit net in hoe \u2018n treurige toestand van vooropgesette idees die land vasgevang is. Want so iets is nie hier geskryf nie (gaan lees weer) en dis ook nie so bedoel nie (kyk weer).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En, mnr. Mantashe en kaders, geen mate van die hersirkulering van uitgevangde onbevoegdes of kleptokrate gaan die situasie verander nie. Al is hulle wit, en al is hulle nou ook wit lede van die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ek herinner Mantashe en kaders aan \u2018n gewilde s\u00eading van die ANC, UDF en die liberaliste uit die pre-1994-bedeling: \u201cApartheid is so boos, dit kan nie hervorm word nie, dit kan net vernietig word.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan pas ek dit by vandag se omstandighede aan: \u201cOnbekwame en skelm kaders kan nie deur herontplooiing bekwaam en eerlik gemaak word nie, hulle kan net afgedank en vervolg word om die land weer te laat werk.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het Pieter-Dirk Uys soos \u2018n tipiese agteros (of koei in die gedaante van miesies Evita) in die kraal ingestrompel gekom en \u2018n afgesaagde deuntjie kom opdis: Ignoreer Malema.Antie, baie ander het dit al hoeveel keer tevore ges\u00ea, maar hulle dan vasgeloop in die realiteit dat dit nie so maklik is nie, want, so blyk dit, die kroonprins verteenwoordig sentimente van \u2018n bre\u00eb spektrum van die jeug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe gebeur \u2018n vreemde ding. Ek gaan kry nogal meer respek vir die SAKP se jeugleiers wat Malema kortvat, as vir die ANC se jeug, wat beteken my dunk van die SAKP-jeug is so \u2018n titseltjie meer as my respek vir Max (die een met die baard), wat weer ver onder Kevin Pietersen is, voor ek by die mense begin kom vir wie ek al amper respek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net so sou ek graag wou s\u00ea ons moet ons tog nie steur aan die sentimente wat Mantashe opper nie. Maar om dit te ignoreer is om met \u2018n mens se kop in \u2018n lugkasteel en mens se stert uiteindelik in die *&amp;^ te sit. Boonop is daar ook enkele positiewe sentimente in Mantashe se artikel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar voor ek myself vir \u2018n toffie uitgee en di\u00e9 positiewe elemente lys, wil ek eers een daarvan in die praktyk sien neerslag sien vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terug by die vraag: \u201cNa wie luister Mantashe en kaders wanneer hulle kers opsteek oor waaroor Afrikaners se harte warm klop, dat hulle so sleg ingelig, en eintlik oningelig is?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort-kort word Bram Fischer as super-Afrikaner opgedis. Straat op straat word na Beyers Naud\u00eb vernoem. Nico Smith moet selfs nou weer taamlik die pot roer om te keer dat hy nie per ongeluk vergeet word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of is diegene wat so hoog opgegee het dat \u201cons sal jul stem wees\u201d dalk meer verbaal as waarvan mens in die oopte kennis neem? Af en toe luister pres. Zuma na dr. Pieter Mulder. Maar as Mantashe so kwaad is vir Giliomee, het ek nie baie moed vir hoeveel die ANC na Mulder gaan luister nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is blykbaar nie net die Afrikaners wat sukkel dat die ANC na die \u201cregte\u201d woordvoerders luister nie, ook die kerke sukkel om deur Zuma gehoor te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die SARK sukkel nou om gehoor te word, omdat die Prez voorkeur gee aan die National Interfaith Leadership Forum van past Ray McCauley. Mccauly se blatante politieke voortrekkery van Zuma is bekend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe begin ek nou wonder: \u201cNa wie moet die regering luister om die Afrikanerhart te hoor?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sal nie die ANC se \u201caanstelling\u201d van iemand soos Bram Fischer aanvaar nie, ook nie eens omdat prof. Jonathan Jansen hom met sy intreerede as versoeningsgebaar teenoor die Afrikaner so geloof het nie. Mense wat in Stalin se tyd en die miljoene mense wat hy vredestyds vermoor het met die Komintern deurmekaar was, tel nie in my boekie as \u2018n model-Afrikaner nie, nie eens met \u2018n nadoodse doktorsgraad van Maties nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Bey? Nee dankie. Ongelukkig is die meeste van my redes geklassifiseerd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Antjie Krog? Selfs al het sy op skool van die uwe, toe ook \u2018n skoolseun, ges\u00ea ek is aantreklik, moet ek verbyhou. Ek dink ook nie sy wil Afrikaners verteenwoordig nie, synde sy so \u201cbeg to be black.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max? Nee, die regte Max is ongelukkig \u2018n paar jaar gelede in die Johannesburgse dieretuin dood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En so gaan die lysie aan en aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik is my gevolgtrekking: Ek dink nie die ANC is toegerus om te besluit wie my Afrikanerbelange verteenwoordig nie. En dit het niks met ras te make nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/samovsasyvayushchie\">\u0441\u0430\u043c\u043e\u0432\u0441\u0430\u0441\u044b\u0432\u0430\u044e\u0449\u0438\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441 \u0434\u043b\u044f \u0433\u0440\u044f\u0437\u043d\u043e\u0439 \u0432\u043e\u0434\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na wie het die ANC geluister wanneer hy gemeen\u00a0 het hy na die Afrikaner geluister het? Die vraag kom op toe ek mnr. Gwede Mantshe se reaksie op \u2018n artikel van prof. Herman Giliomee lees. Mantashe klim onder Giliomee in en kritiseer verskeie van sy stellings. Toevallig het ek self Giliomee se artikel gelees, en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7845\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaners: Na wie het die ANC geluister&#8230;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[227,7457,8798,504,7471],"class_list":["post-7845","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-anc","tag-antjie-krog","tag-mantashe","tag-max-du-preez","tag-rsg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7845","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7845"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7845\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7845"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7845"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7845"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}