{"id":7843,"date":"2010-03-10T07:17:56","date_gmt":"2010-03-10T07:17:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7843"},"modified":"2010-03-10T07:17:56","modified_gmt":"2010-03-10T07:17:56","slug":"ongeneentheid-met-bruessow-dalk-cheetahs-se-geleentheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7843","title":{"rendered":"Ongeneentheid met Br\u00fcssow dalk Cheetahs se geleentheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Niemand sal stry dat Heinrich Br\u00fcssow se besering vir die res van die jaar vir die Cheetahs slegte nuus is nie. Meer as net \u2018n silwer randjie wink egter vir die Blikore.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie alleen het die Cheetahs soos gebruiklik baie diepte aan losvoorspelers nie, maar \u2018n paar ander faktore speel saam dat die Cheetahs die situasie kan benut.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jare gelede moes die Vrystaatse rugbyspan noodgedwonge teen die WP improviseer. Destyds, met geld skraps, is net die vyftien spelers met die trein Nuweland toe. Reserwes was onnodig, want beseerde spelers kon in elk geval nie gedurende die werdstryd vervang word nie. Soos dit met jong manne gaan, is op die trein marankas gemaak, en een van die voorspelers maak sy knie seer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die span die Saterdag voor die wedstryd by Nuwelandstasie afklim, kan di\u00e9 speler se been glad nie buig nie. Maar hy moes noodgedwonge speel, en word aanges\u00ea om maar daar agter by die heelagter rond te hang. Dalk hardloop \u2018n WP-aanvaller darem in hom vas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die destydse broeke wat tot by die knie\u00eb gekom het, was dit glo \u2018n komieklike aff\u00eare om die speler met sy stywe been heen en weer oor die veld te sien piekel. Die Vrystaat kry, soos verwag kon word, die kous oor die kop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die afstap wil een van die manne op die Suid-pawiljoen rasesir by die Blikoorkaptein weet: \u201cHei k\u00eappie, waar kry djulle daai voelbek met die houtbaan?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Br\u00fcssow se besering vereis gelukkig vir die Cheetahs darem nie soveel improvisasie nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die belangrikste geleentheid die komende naweek is die loslootjie, wat Hendro Scholtz kans gee om van sy harsingskudding te herstel. Die tweede is veelsydigheid in die Cheetahspan wat op \u2018n moontlike swaar, en selfs nat Nuweland baie voordelig kan inwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die veelsydigheid van agterspelers soos Tewis de Bruyn, Meyer Bosman, Hennie Danniller en Riaan Viljoen maak dit moontlik om \u2018n bykomende voorspeler ten koste van \u2018n agterspeler op die plaasvervangerbank te h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n bykomende voorspeler kan die Cheetahs besin oor die moontlikheid om die melkbaardslot Jan Breedt vir twintig minute of selfs langer op agsteman in te span, met David de Villiers op slot om te help keer dat die Stormers se hemelbesems nie op Nuweland vroeg \u2018n monopolie in die lynstane kry nie. Baie mense meen Breedt is eintlik \u2018n beter losvoorspeler as slot, en hy het ook al ruim ervaring hiervan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Scholtz is nie verniet as jong breker dikwels die Josh Kronfeld van Suid-Afrikaanse rugby genoem en met die Springboktrui beloon nie. Hy is ook die Cheetah met die beste massa tot krag-verhouding in die span. Beserings het waarskynlik sy pad met duwweltjies besaai. Met die nuwe daglig-re\u00ebl by duikslae, kan Scholtz as baljagter sy stempel afdruk, en twintig rtot dertig minute lank die Stormers met pletterlopies en duikslae baie besig hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die versoeking is groot om te versoek dat Coenie Oosthuizen in die begin 15-tal moet opdraf, om saam met Juan Smth, Jan Breedt, Waltie Vermeulen en WP Nel die Stormers verder met stormlope te teister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afhangende van hoe Scholtz se fiksheid na sy besering hou, kan Frans Oosthuizen, Kabamba Floors of Ashley Johnson opgestuur word, met Breed wat na slot terugskuif.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agterlangs beteken plaasvervangings om die plaasvervangers ook speelkans te gee, dikwels meer ontwrigting as wat vars bene nuwe plofkrag gee. Dit lyk dan ook dikwels skielik of die Cheetahs die heel week aanslane geoefen het. Dit neem ook dikwels \u2018n ruk om aan onplesierige speeltoestande op Nuweland gewoond te raak, en om agterlangs te torring waar iemand eers moet aanpas by lugskoppe se manewales in die Kaapse Dokter, kan riskant wees. Om dus met minder plaasvervangers agterlangs te kom, kan die plofkrag voorlangs langer gerek word. Beland die kalf met beserings agterlangs in die put, is Kabamba Floors \u2018n heel bedrewe vleuel, met Lionel Mapoe wat indien nodig, op senter kan gaan uithelp. Om hieroor te tob is egter om Kamsbaai se bobbejane agter die berg te gaan haal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Cheetahs self kan egter alles weer ongedaan maak deur besit met mamparraskoppe vir die Stormers persent te gee. Joe Pietersen en Gio Applon baljaar eenvoudig met stroomop-aanvalle wanneer hulle sulke pasellabesit kry. Veral Gio, held van Herrie se Baai (Hawston) is nou weer besig om sy glibberige beste vorm te herwin. Dis moeiliker om hom op die aanval vas te trek as vir die blou skerpioene om \u2018n perlemoenstroper se turf te laat sit. Die doel van hierdie mamparraskoppe, wat nou al ongeveer \u2018n dekade lank gereeld onder die Cheetahs se eie pale afgerond word, is steeds nie duidelik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat skoppe pale toe betref, het Naas Olivier, Meyer Bosman en Tewis de Bruyn ruim ervaring van die mikke anderkant die Wyngordyn op te soek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tuiswedstryd teen die Highlanders, wat gespeel is voor die Cheetahs se opstaan-wekker afgegaan het, gaan nog lank by die hartlandspan spook. \u2018n Week later se oorwinning oor die Hurricanes verdiep gewoon die raaisel hoekom die Cheetahs briljante vertonings met opvolgende babelaasroes moet verwoes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die Stormers betref \u2013 niemand weet ook wat om vooraf te verwag nie. Rassie het sy onderneming om plaaslike talent te soek waarvan daar emmers vol is, aanvanklik gruwelik verwaarloos en eenvoudig met die tjekboek op ander bonde se sterre jag gemaak. Tog word die indruk geskep dat van die plaaslike talent nou wel meer dikwels die geleentheid gebied word, met Applon wat meer speelkans kry. Juan de Jongh is nog \u2018n plaaslike diamant wat opgediep is, met Dewaldt Duvenhage en JC Kritzenger onder die opwindende plaaslike talent wat die geleentheid kry om tot hul potensiaal te ontwikkel. Skielik, selfs met aankopies soos Joe Pietersen, Jaque Fourie, Brian Habana en Duanne Vermeulen, lyk die WP glad nie meer so erg na \u2018n gekoopte span nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En vaar nou skynbaar beter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Cheetahs en die Stormers gaan ewe graag die punte vir \u2018n oorwinning wil opraap, aangesien nog \u2018n paar punte in die sakkie met die komende ekskursies na Doer Onder goud werd sal wees. Die Cheetahs sal laf wees om die Stormers te onderskat, en die Stormers sal waarskynlik nie toelaat dat selfvertroue hulle voor hul tuisskare laat skandes maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na alles ges\u00ea is, kan dit vir die Cheetahs rampspoedig wees as die Pro weer as skeidsregter of assistent-skeidsregter sy opwagting op Nuweland maak. Tot dusver het die Cheetahs skynbaar nog net een keer nie die korste lootjie getrek wanneer die Pro in die omgewing is nie, en dit was onlangs teen die Haaie toe Suzie ingegryp en die Cheetahs in die middel van die wedstryd van Jonathan Kaplan se stiefregterskap verlos het.<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/medicinskaya-karta-rebenka-dlya-obrazovatelnyh-uchrezhdeniy-po-forme-026-u\">\u043a\u0430\u0440\u0442\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Niemand sal stry dat Heinrich Br\u00fcssow se besering vir die res van die jaar vir die Cheetahs slegte nuus is nie. Meer as net \u2018n silwer randjie wink egter vir die Blikore. Nie alleen het die Cheetahs soos gebruiklik baie diepte aan losvoorspelers nie, maar \u2018n paar ander faktore speel saam dat die Cheetahs die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6409,9260],"class_list":["post-7843","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-cheetahs","tag-heinrich-brussow"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7843","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7843"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7843\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7843"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7843"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7843"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}