{"id":7832,"date":"2010-03-09T06:59:46","date_gmt":"2010-03-09T06:59:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7832"},"modified":"2010-03-09T06:59:46","modified_gmt":"2010-03-09T06:59:46","slug":"mentaliteit-van-die-familievuurtjie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7832","title":{"rendered":"Mentaliteit van die familievuurtjie"},"content":{"rendered":"<p>In verskeie dele van die land is daar gemeenskappe wat betreklik gewelddadig raak oor diensleweringsbeloftes wat na di\u00e9 beloftes gemaak is, soos mis voor die son verdwyn. Di\u00e9 ongemak met owerheidsuitsprake word versterk deurdat mense via die media verneem van opmerkings en beloftes wat politici vir gehore maak wat baie duidelik net vir daardie gehore se ore bedoel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tradisioneel is dit as goeie hoofmanskap beskou as die hoofman saans van familievuurtjie na familievuurtjie loop en by elk aan die uitgebreide familie vertel wat hulle wil hoor. Dit het ook nie saak gemaak dat di\u00e9 aandpraatjies erg teenstrydig met mekaar kon wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag maak dit wel deeglik saak. \u2018n Ho\u00eb politikus kan verwag dat die media hom gaan volg en rapporteer wat hy te s\u00ea het. \u2018n Boodskap by Julius Malema se tuisdorp dat Malema \u2018n aangewese president van die land is, word met afsku in baie ander dele van die land aangehoor. Hierdie mentaliteit maak dit ook moeiliker om nasionalaiseringspraatjies wat in sekere kringe gevoed word, behoorlik in landsbelang dood te slaan en klaar te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat <em>tribalism<\/em> in hierdie selfde geledere \u2018n vloekwoord bly en steeds as deel van die politieke inkorrekte spektrum bly kleef, is dit moeiliker om hierdie praktyk verkoop te kry aan gehore vir wie \u2018n man se woord sy woord is en bedoel is om in dade neerslag te vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met gemiddeld twee plaasmoorde per week pleit die landbougemeenskap deurlopend by die regering om di\u00e9 verskynsel te veroordeel. Dit is immers nie gewone moord nie, omdat die moordkoers onder boere volgens die Vryheidsfront Plus se syfers byna tien keer ho\u00ebr as die land se reeds hemelho\u00eb moordkoers is. Die regering het egter taamlik konsekwent dawerend in al elf amptelike tale geswyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot by die regte familievuurtjie aangeland is. By Agri SA se kongres verklaar die minister van Veiligheid en Sekuriteit dat die regering plaasaanvalle ten sterkste veroordeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onvermydelike vraag is nou: Is dit weer \u2018n geval van woorde wat vir \u2018n sekere gehoor bedoel is? Daar is ongelukkig verskeie aanduidings dat dit wel die geval is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Die minister het selfs te midde van die veroordeling hiervan plaasmoorde tot niks buitengewoon vir die land probeer reduseer nie. Dit beteken die minister is oningelig oor die statistiese moordkoerse, of hy kyk dit moedswillig mis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Daar was \u2018n dawerende swye binne regeringsgeldere toe minister Tokyo Sexwale die afgesaagde kulkunsie opdiep om die blaam vir plaasaanvalle op die boere te pak. Terwyl niemand stry dat daar vrot appels is nie, is die werklikheid, anders as die politici se persepsies van die werklikheid, dat hierdie kwessie al verskeie kere ten duurste deur die regering self ondersoek is, en steeds sonder bewyse vir hul opvattings sit. Die resultate van hul eie ondersoeke het die stroom kritiek op boere, en om hulle sodoende in baie se o\u00eb eintlik vo\u00eblvry te verklaar, nie be\u00efnvloed nie. Die uitsprake op die nasionale grondberaad enkele jare gelede het byvoorbeeld gevolg op \u2018n Wes-Kaapse ondersoek van meer as tagtig beweerde voorvalle in ses maande, waarvan almal vals bewys is. Wes-Kaapse afgevaardigdes by die beraad het eenvoudig hierdie feit ge\u00efgnoreer. \u2018n Soortgelyke ondersoek in die Vrystaat se bevindings is eenvoudig nooit bekend gemaak toe dit dadels opgelewer het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Die minister van samewerkende regering het pas weer die rassekaart teenoor wit belastingbetalers gespeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Die W\u00eareldbekersokkerstadion in Polokwane is na die voormalige ANC-jeugleier vernoem wat bekend geword het vir sy slagspreuk, Kill the Boer, kil the farmer. Enige verantwoordelike regering wat sy grondwetlike plig tot nasionale versoening ernstig opneem sou met afsku vervul gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Vrystaat Landbou het aangekondig dat hy met sy hofsaak teen die regering voort te gaan omdat die weermag nie, soos onderneem is, op 1 April die grensbeveiliging met Lesotho oorneem nie. Trouens, dit is nog nie moontlik om vas te stel of die SAPD tot die nuwe ontplooiingsdatum oor drie of vier jaar aan die grens gaan aanbly nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minister Nathi Mthethwa kan niemand verkwalik wat sy beloftes van \u2018n omvattende landelike beveiligingsplan wat op hande is, met \u2018n knippie sout neem nie. Dat di\u00e9 plan nou nog nie gefinaliseer is nie, terwyl plaasmoorde al in 1994 hande begin uitruk het, is doodgewoon skandalig. Boonop het van ander beloofde strukture, soos dit wat in plek sou wees voor die kommando\u2019s uitgefaseer sou wees, dadels gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of hierdie plan soos die water in steeds dro\u00eb krane gaan realiseer hang ongelukkig nie van regeringspraatjies af nie. Veel meer sal die hofsaak van Vrystaat Landbou rigtinggewend wees, soos verskeie ander onlangse hofsake waarin die regering die kous oor die kop gekry het omdat versuim is om sy grondwetlike verpligtinge jeens sy burgers na te kom.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/russian-bakes-build\/\">\u043a\u043e\u043c\u0431\u0438\u043d\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u043d\u043d\u044b\u0435 \u043f\u0435\u0447\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In verskeie dele van die land is daar gemeenskappe wat betreklik gewelddadig raak oor diensleweringsbeloftes wat na di\u00e9 beloftes gemaak is, soos mis voor die son verdwyn. Di\u00e9 ongemak met owerheidsuitsprake word versterk deurdat mense via die media verneem van opmerkings en beloftes wat politici vir gehore maak wat baie duidelik net vir daardie gehore &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7832\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mentaliteit van die familievuurtjie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[4111,8268],"class_list":["post-7832","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-landbou","tag-mthethwa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7832","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7832"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7832\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7832"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7832"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7832"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}