{"id":7824,"date":"2010-03-08T16:38:14","date_gmt":"2010-03-08T16:38:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7824"},"modified":"2010-03-08T16:38:14","modified_gmt":"2010-03-08T16:38:14","slug":"twee-besoekers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7824","title":{"rendered":"Twee besoekers"},"content":{"rendered":"<p>Ons twee oues, ek en Vroutjie \u2013 nou ja, ons een oue dan \u2013 het onder Herrie se eikeboom gesit en mekaar se handjies vasgehou. En wanneer ek dit s\u00ea dan bedoel ek natuurlik ek het h\u00e1\u00e1r hand vasgehou. Tussen ons twee is dit altyd ek wat die verle\u00eb aangetroude familie is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons voordeur gaan sonop se kant toe oop. So behoort \u2019n mens ook jou huis te bou, en as hy anders gebou is, is dit raadsaam om hom te vat en om te draai. Want as jou oggend sonder sonneskyn begin, is jou hele dag droewig en beneweld. Buitendien dan verslaap jy jou. My kamer is so vroeg warm dat ek nie \u2019n wekker nodig het nie. Die vlie\u00eb maak my wakker. Ek moet nog eendag \u2019n leersame en lesenswaardige opstel oor die vlieg skryf. Nie hier nie \u2013 ek is vereers met iets anders besig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agter ons huis, maar weg van die agterdeur af, skuins eenkant toe, staan die groot eikeboom waar ons olifant Herrie in die eerste dae van sy diens aan twee bokwakettings vasgestaan het; en onder die boom het ek \u2019n lekker gemaklike en netjiese rusbank gemaak vir my en Vroutjie om in die aande op te gaan sit en mekaar se handjie vas te hou en die sonsondergang te bewonder. Die aande, meen ek, wanneer Vroutjie in \u2019n digterlike en liefderyke bui is. (Ek is altyd in albei.) Want soos dit twee mense kos om te twis, al bly een ook stil, so kos dit twee mense om te vry, al bly een ook koel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek ges\u00ea het, die eikeboom het bietjie weggestaan en Vroutjie wou koelte h\u00ea op die agterdeur teen die bloedige namiddagson. Toe het sy vir haar daar \u2019n peperboom geplant \u2013 een van die bome wat jy nie vir die verre nageslag hoef te plant nie. En hierdie een was gou, bo en onder. So gou dat sy wortels die derde jaar die huis begin op te lig het. Voordat die opdraand binnekant te steil geword het, het ons dan die boom afgekap. Vroutjie het gekap en ek het bygestaan en by elke hou ges\u00ea H\u00ea! (Ons het ons werk so verdeel dat sy die buitewerk doen en ek die huiswerk \u2013 behalwe wat nou eintlik vrouelike huiswerk is.) Maar toe die boom af was, was ons opgeskeep met \u2019n klomp allementige lange wingerdranke, \u2019n Paar jaar vantevore het ek stokkies gekry om vir my \u2019n wingerd te plant \u2013 want wat maak \u2019n mens sonder \u2019n wingerd ? \u2013 en hulle ingel\u00ea. Planttyd was ek hier doende en daar doende en so het die stokke maar in die peperboom opgerank. Toe hy nou onder hulle uitgekap was, het ek \u2019n netjiese somerhuis van pale en sparre daar opgesit en sommer die ranke deurgevleg. Toe die somerhuis klaar getimmer was, was hy meteens klaar toegegroei ook. Vroutjie had haar koelte en ek sou my druiwe h\u00ea \u2013 meer as wat ek uit twee wingerde kon gekry het. Ek moet hier byvoeg, ter wille van volledigheid, dat die skema uiteindelik misluk het. (\u2019n Mens moet ook nie \u2019n onderneming \u2019n \u201cskema\u201d noem nie, dan misluk hy vanself. Al is dit ook \u2019n besproeiingswerk.) Toe die eerste jaar se druiwe volgeswel was en hier en daar \u2019n trossie bont word \u2013 maar ek verseker jou dit was alte pragtig om te sien! \u2013 toe sak die somerhuis van die gewig van die druiwe inmekaar. My werk was deeglik genoeg gewees; die pale en sparre was te swak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die aand waar ek nou van praat, was nog vroeg in Desember toe die somerhuis op sy beste van sy dae was. Dit was sterk skemer. Herrie, die olifant, nes \u2019n yslike hansvark, altyd onge\u00ebrg en onverstoord, kalm en bedaard, maar altyd lomp woelig, was besig om rond te snuffel. Hier keer hy \u2019n kookpot om wat van die skuur nog daar bly staan het, om te sien of daar nie kos onder tussen die pote oorgebly het nie, terwyl die binnekant dan leeg was. Daar trek hy \u2019n potplant uit voordat hy proe dat dit nie eetbaar is nie. As ek weer sien, het hy \u2019n wingerdrank beet en hy ruk byna my somerhuis om; dan moet ek hom met \u2019n klip verwilder. Jakhals l\u00ea by my en Vroutjie op die bank \u2013 hy is mos \u00e9\u00e9n van ons twee \u2013 aan die slaap, met sy kop op ounooi se skoot. Engela is vlytig in die huis besig, vermoedelik met haar persoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier en daar begin van die ander sterretjies een vir een opgesteek te word. Maar vlak voor ons, nie van die dag nie en nie van die nag nie, tussen die westerglorie van die hemelkleure wat deur die ondergegane son \u2019n wyltjie agtergelaat is, en soos \u2019n vlammetjie op \u2019n bed van gloeiende kole, skyn die aandster goudblink met \u2019n vaste, troue glans wat straal sonder om te vonkel. Teen die berge in die verte wat ons gesigskring beperk en waar hy later ook sal ondergaan agter die son aan, en op die laer heuwels deeskant hulle, en oor die ghwarrievlakte aan hulle voet, en die landerye van ons plasie, sak die duisternis dikker en dikker toe en die omtrekke van boom en bos en muur en laning raak verlore. Van alle kante begin die stemme van die nag na ons toe aan te ruis. Nou en dan lig Jakhals die punt van sy los oor op en frons sy voorkop en kry amper een oog oop; een slag (dit was \u2019n kat) tel hy sy kop op. Maar hy gee \u2019n sug en hy slaap maar weer. Op ounooi se skoot is saligheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wonder, Vroutjie,\u201d s\u00ea ek, hardop mymerend, \u201cof daar mense op Venus woon.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVenus ?\u201d vra sy, ingedagte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, Vroutjie. Op daardie heerlike aandster. Hy moet \u2019n bekoorlike w\u00eareld wees. Hy\u2019s so te s\u00ea net so groot soos die aarde, en byna \u2019n derde nader aan die son.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDis hier al warm genoeg,\u201d s\u00ea Vroutjie ondigterlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, Vroutjie, maar Venus het sy beskerming. Hy is met ewigdurende dikke wolke bedek. Daarom kan die sterrekykers nie uitmaak of daar aanduidings van die werke van inwoners is, soos kanale en stede nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWaaroor maak jy jou tog oor sulke dinge moeg, Ouman ? Is daar nie na jou sin genoeg mense hier op die aarde nie ?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGenoeg nie, Vroutjie ? Hier is te veel. Oorvloediglik en oorbodiglik oorgenoeg.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit: Loeloeraai 1923<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/articles\/298949-kak-izbavitsya-ot-nagruzki-na-generator\/\">\u0441\u0432\u0438\u0441\u0442\u0438\u0442 \u0433\u0435\u043d\u0435\u0440\u0430\u0442\u043e\u0440 \u043f\u0440\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.segodnya.ua\/regions\/kharkov\/v-harkove-prokuratura-provodit-proverku-iz-za-ischeznoveniya-konfiskata-na-15-millionov-751497.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons twee oues, ek en Vroutjie \u2013 nou ja, ons een oue dan \u2013 het onder Herrie se eikeboom gesit en mekaar se handjies vasgehou. En wanneer ek dit s\u00ea dan bedoel ek natuurlik ek het h\u00e1\u00e1r hand vasgehou. Tussen ons twee is dit altyd ek wat die verle\u00eb aangetroude familie is. Ons voordeur gaan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7824\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee besoekers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[9239,9238],"class_list":["post-7824","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale","tag-9239","tag-loeloeraai-cj-langenhoven"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7824","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7824"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7824\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7824"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7824"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7824"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}