{"id":7807,"date":"2010-03-08T07:51:12","date_gmt":"2010-03-08T07:51:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7807"},"modified":"2010-03-08T07:51:12","modified_gmt":"2010-03-08T07:51:12","slug":"herrie-se-kerrie-kleurryke-geskiedenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7807","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Kleurryke geskiedenis"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Die afgelope naweek was die Herries by oupa Nic en Ouma Engela se goue bruilof. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Wanneer dit sulke tyd is, is dit te wagte dat daar al \u2018n paar generasies sal wees, van pikkies wat buite krieket met die vreemdste re\u00ebls speel, tot oues in rolstoele en \u2018n verskeidenheid kieries en ander loopgoed wat \u2018n Zoeloe-optog met tradisonele wapens na \u2018n kindertuinoptog teen vetkrytpryse laat lyk. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Oupa en ouma self is nog hups sonder loop-hulpmidels. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Tradisioneel is \u2018n heildronk met vonkelwyn ingestel, wat Herrie aan \u2018n stukkie laat dink wat vriend Hennie aangestuur het. Herrie pas dit noodwendig aan. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Die Vrystaatse LUR wat in die Wetgewer ges\u00ea het die misdadigers se voorouers het met skepe die land ingekom het (en toe vergeet het die slawe se voorouers het ook so hier aangeland) het die storie met \u2018n ander verwar. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Die werklike verhaal is die storie van die drinkebroers, die Ohlsons se aankoms in Suid-Afrika. Dit lui min of meer so. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">In die jaar 1672 het oudemeerster John Ohlson met die befaamde Three Ships onder die bevel van Captain Morgan uit Cape Velvet na Indi\u00eb vertrek. Aan die Kaap, naby die plaas Simonvlei het die vloot gestrand, maar gelukkig kon die bemanning die passasiers deur die klipdrift aan wal kry. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Een van die bemanning, Johny Walker, is op \u2018n white horse wat by die strandloper, Hanepoot, geleen is, na die castle gestuur om hulp te gaan kry. Onderweg het hy vreeslike moeilikheid met die lions gekry, maar gelukkig op \u2018n ekspedisie afgekom wat gestuur is om na bouvalle van die ryk Monopotapa se hoofstad, Jeripigo te gaan soek. Die ekspedisieleier, ene Heineken, vererg hom so vir die lions en gaan blaker hulle met sy voorlaaier, Hunters Gold. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Hy stuur toe \u2018n Portugese skipbreukeling, Dom Pedro, saam met Walker na die castle. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Die kommandeur was so bly oor geselskap dat die fort se bells lank gebeier het. Walker het egter die kommandeur se dogter Bernini, raakgesien, maar die kommandeur was so die mampoer in hieroor dat hy Walker ge-Martell het. Walker was egter g\u2019n cold duck nie, maar \u2018n man met die red heart van \u2018n fish eagle. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">John Walker en Bernini is gou getroud en hul skoonseun, Chivas Regal het later triomfanklik saam met die Ohlsons Johanneberger te midde van musiek van \u2018n 100 pipers binnegetrek en die bekende kuierplek, die Amaroela, geopen. <\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/roboty-i-figurki\/roboty\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0442\u0440\u0430\u043d\u0441\u0444\u043e\u0440\u043c\u0435\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgelope naweek was die Herries by oupa Nic en Ouma Engela se goue bruilof. Wanneer dit sulke tyd is, is dit te wagte dat daar al \u2018n paar generasies sal wees, van pikkies wat buite krieket met die vreemdste re\u00ebls speel, tot oues in rolstoele en \u2018n verskeidenheid kieries en ander loopgoed wat \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7807\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Kleurryke geskiedenis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[5759,9208,9207,9209,9210],"class_list":["post-7807","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-bier","tag-drank","tag-herrie-se-kerrie-kleurryke-geskiedenis","tag-whiskey","tag-wyn"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7807","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7807"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7807\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7807"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7807"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7807"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}