{"id":7805,"date":"2010-03-08T07:44:18","date_gmt":"2010-03-08T07:44:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7805"},"modified":"2010-03-08T07:44:18","modified_gmt":"2010-03-08T07:44:18","slug":"belangepolitiek-beginselpolitiek-of-geraaspolitiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7805","title":{"rendered":"Belangepolitiek, beginselpolitiek of geraaspolitiek"},"content":{"rendered":"<div>\n<p>\u00a0<\/p>\n<h4><span lang=\"AF\">Max se geweeklaag oor die verregsing <\/span><\/h4>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Met die ANC wat so \u2018n oorweldigende meerderheid in die parlement en die meeste provinsiale wetgewers het, is dit te wagte dat opposisiepolitiek op verskillende maniere sal moet improviseer om \u2018n invloed (ten goede vir die land) te kan uitoefen. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Gister spreek die Afrikaanse Sondagkoerant, Rapport, hom uit teen wat breedweg belangepolitiek genoem kan word ten gunste van \u201ctipiese\u201d opposisiepolitiek waar foute van die regerende party uitgesnuffel en aan die groot klok gehang word. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Daar is natuurlik in beginsel niks verkeerd met die beginsel nie \u2013 want in beginsel is \u2018n opposisieparty en opposisiepers wat foute uitsnuffel die belangrikste wapens teen magsmisbruik en korrupsie. Trouens, daar kan min twyfel wees dat die verlammende uitwerking van politieke korrektheid ruim bygedra het tot die mate waarin die land se wiele aan die nate loskom. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">(Die ANC het immers nie korrupsie uitgevind nie, net vervolmaak). <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Belangepolitiek in die nuwe Suid-Afrika is grootliks gebore uit die grondwetlike leemtes van die huidige grondwet. Die liberaliste kan nou maar die lofliedere oor die \u201cwonderlike\u201d grondwet aanhef tot die tandemuis oom olifant se gewisselde tand weggesleep kry, \u2018n liberale grondwet was nog nooit vir \u2018n heterogene samelewing ontwerp nie \u2013 daarvoor is daar tallose meer moderne benaderings wat middelsoekende en middelpuntvliedende kragte ondervang. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Belangepolitiek in \u2018n liberale grondwet is nie \u2018n ideaal nie. \u2018n Voor die hand liggende leemte is dat die reg tot belangepolitiek uitsluitlik van \u2018n toegif van die regerende party afhang \u2013 nie van \u2018n reg daartoe nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Stellings soos \u201cons sal jul stem wees\u201d het min of meer dieselfde paadjie as die \u201cwigte en teenwigte\u201d geloop. Dr. Pieter Mulder se adjunk-ministerskap word nie oral, selfs in eie geledere, ewe goed ontvang nie, ten spyte daarvan dat die landbou waarskynlik nie nog \u2018n kabinetsramp in die liga van Dirk du Toit en Lawwe Lulu sou kon oorleef nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Die punt is, die debat hieroor is nog lank nie voltrek nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Naasliggend hiertoe is die kwessie van beginselpolitiek. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Beginselpolitiek kan nie losgemaak word van sy ondersteunigstrukture soos die media nie. Dit is \u2018n veld vol slaggate en teenstrydighede. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Wat beginselpolitiek betref, is dit \u2018n feit soos \u2018n koei dat \u2018n party en sy ondersteuningstrkture nie alles vir almal kan wees nie, veral wanneer aan bewind kom ernstig in die oog gehou word. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Juis omdat die DA hom in hierdie opsig so uitstekend vir \u2018n toffie uitgee, word kortliks by di\u00e9 party stilgestaan: <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span>&#8211; <span> <\/span> <\/span><\/span> <span lang=\"AF\">Die DA laat keusevryheid toe oor sake soos aborsies op aanvraag, die doodstraf en gay huwelike. In hierdie opsig is die DA effek uniek in die liberale dampkring deurdat Liberaal-internasionaal, waarvan die DA \u2018n lid is en \u2018n ondervoorsitterskap hou, nie di\u00e9 keusevryhede bied nie. Die dualisme is egter net iets wat houdbaar is solank \u2018n party in opposisie is \u2013 wanneer die party aan bewind kom moet keuses gemaak word, en dan kan die helfte of meer van sy ondersteuners met \u2018n beleid opgesaal sit waarteen hulle ernstige beginselbesware het. Dit bied egter ook terwyl dit in opposisie is, probleme. Enkele jare gelede het einste Dianne Kohler-Barnard wat met haar *&amp;^% parlement\u00eare vry s\u00ea in die sop was, in \u2018n verklaring \u2018n voorstel van die destydse polisiekommissaris dat prostitusie tydens die 2010-sokkertoernooi gewettig word, ondersteun. Op dieselfde dag het die DA, by monde van sy destydse Oos-Kaapse leier en nou parlement\u00eare hoof, Athol Trollip, \u2018n verklaring uitgereik waarin Selebi se voorstel op morele gronde sterk afgekeur word. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span>&#8211; <span> <\/span> <\/span><\/span> <span lang=\"AF\">Vandag berig Rapport op sy voorblad oor die DA-leier, Helen Zille, wat \u2018n gebedsaamtrek van Angus Buchan bygewoon het (dr. Mulder was ook teenwoordig). Van die hoofelemente was \u201cgoddelose wette\u201d en die feit dat God nie in die grondwet erken word nie. Rapport skep \u2018n positiewe assosiasie van Zille met die saamtrek, ten spyte daarvan dat haar party sterk gekant is teen die opdra van die grondwet aan die Allerhoogste, en twee van haar LP\u2019s, Lindiwe Mazibuko en Annelie Lotriet, die afgelope week verklarings uitgereik het waarin morele waardes sekond\u00ear en selfs teenstrydig met hul (en die DA) se liberale waardes gestel word. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span>&#8211; <span> <\/span> <\/span><\/span> <span lang=\"AF\">Tydens die debakel rondom die Reitz-vier en die destydse kampusverkiesings by Kovsies waar die DA met volle oorgawe deelgeneem het, het die destydse parlement\u00eare leier van die DA, Sandra Botha, \u2018n mediaverklaring in die beste liberale tradisie uitgereik, wat, sou die Volksblad dit gedra het die DA oneindige skade sou berokken het. Die media het die DA egter teen die DA self beskerm. Ook ten opsigte van die Lotriet \u2013 Mazibuko \u2013 verklarings is die DA deur die media taamlik effektief teen die DA beskerm. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Word \u2018n objektiewe, omvattende toets eendag gedoen oor hoeveel Suid-Afrikaners werklik hul kruisies in ooreenstemming met hul beginsels trek, sal dit waarskynlik \u2018n skokkende uitslag oplewer. Uit die dae van die Smelters en Gesuiwerdes kom die storie uit die Noordweste van die toehoorders by \u2018n Nat-vergadering wat met alle geweld \u2018n SAP-vergadering in dieselfde dorp wou gaan opbreek. Die dro\u00eb spreker is naderhand warm onder die vraag, en toe hy weer met ek \u201cEk s\u00ea, ons los hierdie vergadering en gaan d*&amp;nder die Sappe!\u201d uit die gehoor onderbreek word, wil hy woedend weet: \u201cWil jy nou regtig dink jy gaan \u2018n SAP regged&amp;^%nder kry?\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">\u201cWat, ek was \u2018n SAP en hoe het ek reggekom? Ek is regged&amp;^nder!\u201d Ek s\u00ea weer, ons los hierdie vergadering en gaan d*&amp;nder die Sappe!\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Hiermee het die spreker sy oorlog verloor. Jare later het Johnny de Lange in die parlement vir \u2018n woeste haakhou gekoes en toe teruggeslaan en dr. Manie Schoeman met \u2018n voltreffer tot binne-in die ANC gemoker. Soms gebeur die \u201comskakeling\u201d minder opsienbarend soos om bloot op te hou \u201com jul stem\u201d te wees. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Dit skep die indruk dat die politiek nie die natuurlike woonplek vir beginsels is nie, terwyl die demokrasie, ironies, op die beginsel van beginselpolitiek gebou is. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Geraaspolitiek, is ewe problematies. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Hierdie teenstrydighede kom gereeld na vore in die skryfsels van Max du Preez en kommentators uit sy dampkring. Rapport, met sy groot voorliefde vir Max, bepleit vandag juis die manifestasie van opposisiepolitiek in geraaspolitiek. Waarskynlik weens die jeugdigheid van die mense nou aan die stuur word die pragmatiese problematiek hiervan misgekyk. Met die vorige verkiesing het Helen Zille se aanslag teen Jacob Zuma later nie saak gemaak of die feite korrek of dit in beginsel die regte benadering is nie, dit het \u2018n swart \u2013 wit verdelingslyn sterk geaksentueer en uiteindelik gemaak dat swart kiesers hulle in feitlike eenparigheid agter die ANC gaan skaar het \u2013 waarskynlik tot die erge nadeel van Cope. Di\u00e9 surigheid het ook nie sommer net na die verkiesing verdamp nie, en taamlike voetwerk agter die skerms was nodig om \u2018n werksverhouding tussen Zuma en Zille weer op die been te kry. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Maar laat dit aan Max oor om die dualisme onbedoeld uit te lig. Hy soek in Saterdag se bylaag oudergewoonte die fout weg van die liberalisme, en kies, voorspelbaar die regses. Hiermee val hy by \u2018n bestaande koor in wat nou kliphard mense probeer oortuig dat om \u2018n misdaadslagoffer te wees, nie beteken \u2018n mens moet deel van wat hulle \u2018n \u201cverregsing\u201d noem, te wees nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Of selfs dat gatvolheid vir korrupsie en swak dienslewering nie rede tot verregsing is nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Dit is dislojaal teenoor Suid-Afrikanerskap, word opgegee. Die komende sokkertoernooi word ruim bygesleep en die \u201cverregste\u201d Afrikaners en ander Suid-Afrikaners word daarvan beskuldig dat hulle wil sien die toernooi moet misluk (en bymotiewe ingelees soos dat dit is omdat dit \u201cdeur swart mense gere\u00ebl word.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">In hul ywer om hierdie bog, twak en onsin kwyt te raak, word die reg op meningsvryheid in effek net vir die liberaliste gereserveer, maar \u2018n baie belangrike aspek \u2013 wat al deur verskeie onafhanklike kommentators soos ook tydens die Stellenbosse woordfees uitgelig is, word ge\u00efgnoreer: \u201cSuid-Afrikaners wat hul monde oor die leemtes in die aanloop tot die sokker uitwys is nie dislojaal teenoor die land nie, dit is JUIS (hoofsaaklik) die lojale Suid-Afrikaners wat die leemtes raaksien en bekommerd raak dat \u2018n onderstandaard-poging opgedis word wat skadelik vir die land sal wees.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Wie, wat enigsins trots op sy land is, wil graag sien dat sy land skade ly deur die buitelandse besoekers wat beroof word? Of vermoor word? <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Binne enkele dae is twee buitelanders in Suid-Afrikaanse plaasaanvalle in Limpopo vermoor, die een, die Belg, uiters barbaars. As Suid-Afrika diplomatieke notas van simpatie gestuur het \u2013 al was dit net ter wille van die protokol \u2013 is dit verswyg. Terwyl trotse Suid-Afrikaners nie weet waar om hul koppe hieroor in te steek van skaamte nie, is Max se beste reaksie om Suid-Afrikaners te kritiseer omdat aanvalle op kleinhoewes by plaasaanvalle tel. Vir ingeval Max, wat dalk op \u2018n groterige Vrystaatse plaas by Kroonstad grootgeword het, dalk neersien op die maplotters, sal dit hom loon om te gaan oplees wat die wetlike indeling van kleinhoewes is \u2013 naamlik landbou-eenhede. Dis boonop die regering wat mens net mag kritiseer as jy liberaal is (anders is jy dislojaal teenoor die land) se beleid om landelike armoede te verlig deur die skepping van klein landbou-eenhede (Zuma het dit nog in staatsrede ook genoem). <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">In Europa en die VSA het die ongebreidelde liberalisme al \u2018n dekade of meer gelede hul \u201choogtepunte\u201d beleef, en op wisselende maniere in die Christen-Demokrasie, en nou regse politiek begin nesskop. In Suid-Afrika het, selfs na bykans \u2018n miljoen wettige aborsies later, nog nie di\u00e9 sensasie so uniformig nesgeskop nie. Dit manifesteer wel in skynbaar losstaande verwikkelings, of laertrekkery soos Jan-Jan Joubert vandag weer na die verwikkelinge van die US-raadsverkiesing verwys. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Max delf nog dieper terug in sy kritiek op die \u201cverregsde\u201d Afrikaners, deur neerhalend te verwys na die persepsie van kakie en kappie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Dit sal Max loon om bietjie te gaan delf in die hoofartikels van Nasionale Pers oor die Boeremag-lede wat nou teregstaan. Hierin is melding gemaak van \u2018n nuwe generasie hoogs intelligente en goed-opgeleide mense. Ongeag hoe \u2018n mens van hul oortuigings mag verskil, is karikatuurvorming rondom dom en onopgevoed net so onvanpas as om alle liberaliste onder dieselfde kam van na\u00efwiteit te skeer as die negrofiliste wat byvoorbeeld nou van Koning Mosjesj 1 \u2018n filantroop maak sonder om op sy rol in die aanstigting van die Basotho-oorlo\u00eb te wys. Of die liberaliste wat Bram Fischer as filantroop voorhou sonder om die Stalin-vergrype uit dieselfde Komintern-tydsvlak te verreken. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Voor Max sulke karikature van \u201cregse\u201d Afrikaners maak moet hy miskien net eers kyk waar hulle hul bevind. Trouens, Jan-Jan het al gemaan dat die DA met \u2018n probleem opgesaal kan sit oor die baie ondersteuners in die party wat eintlik ideologies meer tuis in die Vryheidsfront Plus sou tuishoort. Christen-demokratiese partye in Suid-Afrika het nie net die frustrasie dat Suid-Afrikaners, sou hulle in Europa gewees het vir CDP\u2019s sou stem, hier nie net nie vir die CDP\u2019s stem nie, maar hulle vierkantig in die DA en ander partye bevind. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Die redes hiervoor is kompleks, maar dit kan wees dat die DA (en ander partye) se pogings om alles vir almal te wees, tog ook \u2018n impak het. Die \u201cinstink\u201d om die DA as grootste voertuig teen die ANC te steun, speel stellig ook \u2018n rol. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Die punt is, is iemand wat sielsalig onbewus daarvan is dat die (liberale) party aan wie hy sy steun en stem opdra, met sy eie oortuigings weinig in gemeen het, nou minder \u201cploerterig\u201d as die persoon wat as \u201cploerterig\u201d afgemaak word bloot omdat sy oortuigings hom so ver kry om sy stem by \u2018n party te gaan trek wat uit die \u201cverregsing\u201d gebore is? <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Het Max byvoorbeeld meer as net \u2018n paar sekondes met \u2018n oop gemoed beoordeel of Jakes Gerwel nie dalk in die verlede met sy na\u00efewe prul oor die ANC mildelik tot die \u201cverregsing\u201d bygedra het nie? <\/span><\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/reglany-bluzki-gol-fy\">\u0433\u043e\u043b\u044c\u0444\u044b \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 8 \u043b\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/biografiya-rukovoditelya-prokuraturi-xarkova-aleksandra-vasilevicha-filchakova\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Max se geweeklaag oor die verregsing \u00a0 Met die ANC wat so \u2018n oorweldigende meerderheid in die parlement en die meeste provinsiale wetgewers het, is dit te wagte dat opposisiepolitiek op verskillende maniere sal moet improviseer om \u2018n invloed (ten goede vir die land) te kan uitoefen. Gister spreek die Afrikaanse Sondagkoerant, Rapport, hom &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7805\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Belangepolitiek, beginselpolitiek of geraaspolitiek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8381,9202,9201,9204,6688,9203,504,4114],"class_list":["post-7805","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-angus-buchan","tag-beginselpolitiek-of-geraaspolitiek","tag-belangepolitiek","tag-da-leier","tag-helen-zille","tag-jan-jan-joubert","tag-max-du-preez","tag-rapport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7805"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7805\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}