{"id":7798,"date":"2010-03-06T13:49:38","date_gmt":"2010-03-06T13:49:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7798"},"modified":"2010-03-06T13:49:38","modified_gmt":"2010-03-06T13:49:38","slug":"ai-tog-munisipale-dienste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7798","title":{"rendered":"Ai tog, munisipale dienste!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/stukkende_pyp2.jpg\" border=\"0\" \/>S\u00f3 lyk dienste in Suid-Afrika in 2010 &#8211; Die Jaar van die Groot Sokker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is \u2018n inwoner van Ritchie. \u2018n Stil, rustige plekkie met vriendelike mense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ai tog! Die dienste!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die straat waar ek woon, is daar vier lekplekke in die hoofwaterpyp. Twee plekke bevat groot lekke, en somtyds stroom die water in \u2018n klein riviertjie af na die rivier se kant toe. Dae lank, soms weke aaneen. En dan, eendag, ry jy verby die riviertjie en sien \u2018n klompie mans by \u2018n ou, verwaarloosde bakkie besig om met pik en graaf en draad die lekplek te probeer regmaak. Dit is eintlik pynlik om daarna te kyk, want jy weet op di\u00e9 manier gaan die lek nie ophou lek nie. \u2018n Paar dae later merk jy dat jou voorspelling reg was. Die water stroom weer. En so maak die vier lekke beurte om te lek en die mans in die verwaarloosde bakkie stry \u2018n verlore stryd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jy in jou eie onkunde \u2013 maar met toepassing van logika \u2013 besef dat daar eintlik net twee maniere is om die probleem op te los. Dit is duidelik dat die pyp vrot is en vervang moet word. Heeltemal. Grou oop en sit \u2018n nuwe pyp in. As dit dan te duur is, moet die hele vrot gedeelte van die pyp uitgesny word en vervang word met \u2018n nuwe gedeelte. Dit verg \u2018n groumasjien en behoorlike gereedskap. Nie \u2018n klompie mans wat met pik en graaf en draad sukkel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan gebeur dit. Jy sit sonder water. Hulle kom sukkel weer met die pyp en jy het darem weer water, maar die stroompie is maar skraal en bly skraal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Donderdae is dit die Groot Gebeurtenis. Jou beurt om jou sakkie vullis in die lorrie te sien verdwyn. \u2018n Lorrie wat jy waar kry? Want hy staan stukkend. Vandag het vier Donderdae verby gegaan sonder dat my sakkie in die lorrie se ingewande verdwyn het. Want die lorrie hy \u201c\u00eas st\u00eakk\u00eand\u201d. Intussen baljaar die buurt se honde in my vullis, en as ek nie maar weer my sakkie vullis op \u2018n veilige plek b\u00eare nie, lyk dit kort voor lank voor my erf soos dit lyk by die amptelike vullisgate van Kimberley. En dit is nie \u2018n mooi gesig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan die krag. Om een of ander rede suig die straat waar ek bly aan \u2018n dro\u00ebrige speen van elektriese toevoer. Elke kort-kort ondervind \u2018n groot gedeelte van die huise \u2018n \u201cvoltverlaging\u201d. Dit beteken daar is \u2018n kraggie, maar dis maar effentjies. Die ligte het \u2018n kerslig-effek, en moenie eers probeer om aan \u2018n skakelaar te raak wat verbind is aan \u2018n neonlig nie. Jy mors jou tyd. Jy rapporteer dit aan Eskom, en so twee dae later kan jy darem weer koffie drink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat \u2018n gesukkel. En dan kry jy gereeld soos klokslag jou rekening. Die bewering is jy het R4000.00 se water gebruik vir die maand. Onmoontlik. Jy gaan besoek die kantore, kom af op \u2018n klompie vrouens wat by \u2018n lessenaar sit, l\u00ea en hang en jou aankyk of jy iets is wat die hond ingedra het omdat jy durf steur aan die sosiale byeenkoms. As jy uiteindelik een van hulle se onwillige aandag getrek het, word jy meegedeel die persoon wat die valse bewerings gemaak het \u201cis nie nou hier nie \u2013 kom later\u201d. Dan word jy met rente gestraf omdat jy weier om R4000.00 te betaal vir \u2018n armsalige stroompie water waarmee jy nie eers jou tuin kan natlei nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vra ek julle met trane in my o\u00eb: Moet \u2018n mens maar sug en net s\u00ea: \u201cAfrika\u201d? Of is daar \u00earens \u2018n oplossing?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">slots bonus<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>S\u00f3 lyk dienste in Suid-Afrika in 2010 &#8211; Die Jaar van die Groot Sokker. Ek is \u2018n inwoner van Ritchie. \u2018n Stil, rustige plekkie met vriendelike mense. Maar ai tog! Die dienste! In die straat waar ek woon, is daar vier lekplekke in die hoofwaterpyp. Twee plekke bevat groot lekke, en somtyds stroom die water &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7798\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ai tog, munisipale dienste!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7797,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[9182,21096,21093,9183,9184,9186,8126,9185,3357],"class_list":["post-7798","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","tag-ai-tog","tag-s10-briewe","tag-s7-menings","tag-munisipale-dienste","tag-pyp","tag-ritchie","tag-sokker-2010","tag-stukkend","tag-water"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7798","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7798"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7798\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7797"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7798"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7798"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7798"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}