{"id":7791,"date":"2010-03-05T08:30:21","date_gmt":"2010-03-05T08:30:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7791"},"modified":"2010-03-05T08:30:21","modified_gmt":"2010-03-05T08:30:21","slug":"regering-wil-nou-privaatpensioene-begin-tap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7791","title":{"rendered":"Regering wil nou privaatpensioene begin tap"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/03\/patel_ebrahim.jpg\" border=\"0\" alt=\"Ebrahim Patel\" title=\"Ebrahim Patel\" \/>Die ANC-minister van ekonomiese ontwikkeling gaan maniere bekyk waarop die R1,5 triljoen wat in privaat- en regeringspensioene bel\u00ea is, vir &#8220;ontwikkeling&#8221; gebruik kan word. Waarskynlik sal sulke &#8220;ontwikkelingsprojekte&#8221; deur begungstigdes van Swart Ekonomiese Bemagtiging en swart sakemanne na aan die ANC bedryf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sakekoerant <em>Business Day<\/em> berig in vandag se uitgawe dat die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, afreefondse wil gebruik om sy strategiese plan, wat vandeesweek in die parlement ter tafel gel\u00ea is, te verwesenlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Idee wat die rondte doen, is dat pensioenfondse verplig kan word om &#8216;n gedeelte van hul bates in &#8216;n sogenaamde &#8220;ontwikkelingseffek&#8221; te bel\u00ea. Veral Cosatu is ten gunste van so &#8216;n maatre\u00ebl om aftreefondse te dwing om in swart ondernemings te bel\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Patel se strategiese plan sluit verder die herontplooiing van fondse wat deur die Openbare Beleggingskorporasie bestuur word in. &#8216;n Gedeelte van aftreefondse van staatsamptenare en die Werkloosheidsversekeringsfonds sal sodoende vir &#8220;ontwikkeling&#8221; aangewend word. Volgens die strategiese plan, &#8220;beheer privaatsektoraftreefondse &#8216;n uitgebreide bateversameling en beleggings in alle sektore van die ekonomie. Daar is ruimte om die vlak van ontwikkelingsbefondsing te verhoog wat uit di\u00e9 bate- en beleggingsversameling afkomstig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Beskikbare opsies sluit &#8216;n regeringsontwikkelingseffek in; asook ander meganismes wat &#8216;n gedeelte van beleggings na ontwikkeling kanaliseer. Die departement sal gepaste meganismes identifiseer om sulke beleggings op &#8216;n verantwoordelike wyse te benut en om groter veiligheid aan lede van aftreefondse te bied.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die private beleggingsnywerheid het versigtig op di\u00e9 voorstelle gereageer. Hoewel die nywerheid in beginsel beleggings in ontwikkelingsprojekte steun, sou dit nie ten gunste wees van verpligte beleggings in bepaalde instrumente of maatskappye nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitvoerende hoof van die Spaar- en belegginsvereniging, Peter Dempsey, het hom soos volg uitgelaat: &#8220;Indien die regering &#8216;n staatseffek met &#8216;n soewereine gradering sou uitreik wat &#8216;n markverwante opbrengs bied, sou dit &#8216;n aantreklike belegging wees en sou daar geen behoefte wees om dit &#8216;n verpligte belegging te maak nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Craig Aitchison, hoof van Ou Mutual se aktuari\u00eble en aftreefondskonsultante, sou &#8216;n verpligte belegging van slegs 5% in sulke effekte &#8216;n bedrag van R70 miljard &#8220;ontsluit&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ontwikkelingspaneel gaan deur Patel saamgestel word, wat ekonomiese navorsers en &#8220;ontwikkelingspraktisyns&#8221; sal insluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Patel se departement is besig om al hoe meer invloed in die ANC-regering te verkry. Tans beheer sy departement die NOK (Nywerheidsontwikkelingskorporasie), Khula-ondernemingsfinansiering en die Suid-Afrikaanse Mikrofinansieringsfonds. Staatsinstellings beheer reeds honderde miljarde rande aan bates en beleggings en Patel wil di\u00e9 fondse op &#8216;n &#8220;geko\u00f6rdineerde wyse&#8221; vir ontwikkeling aanwend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Sapa, gaan sy departement &#8220;op plaaslike vlak daarna streef om &#8216;n beleidsraamwerk te skep waardeur entrepreneurs, veral swart entrepreneurs, na die hoofstroomekonomie gebring kan word&#8221;.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">uk online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC-minister van ekonomiese ontwikkeling gaan maniere bekyk waarop die R1,5 triljoen wat in privaat- en regeringspensioene bel\u00ea is, vir &#8220;ontwikkeling&#8221; gebruik kan word. Waarskynlik sal sulke &#8220;ontwikkelingsprojekte&#8221; deur begungstigdes van Swart Ekonomiese Bemagtiging en swart sakemanne na aan die ANC bedryf word. Die sakekoerant Business Day berig in vandag se uitgawe dat die minister [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7790,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[227,9171,9173,9172,9174,9170,9175],"class_list":["post-7791","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c76-sake","tag-anc","tag-ebrahim-patel","tag-khula","tag-nok","tag-ontwikkeling","tag-regering-wil-nou-privaatpensioene-begin-tap","tag-swart-ekonomiese-bemagtiging"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7791","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7791"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7791\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7790"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7791"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7791"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7791"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}