{"id":7774,"date":"2010-03-04T06:32:13","date_gmt":"2010-03-04T06:32:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7774"},"modified":"2010-03-04T06:32:13","modified_gmt":"2010-03-04T06:32:13","slug":"grondhervormingsrealisme-verwelkom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7774","title":{"rendered":"Grondhervormingsrealisme verwelkom"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is noodsaaklik dat die spanning wat bestaan tussen die ANC se Polokwane-doelwitte vir voedselsekuriteit en die ANC se grondhervormingsdoelwitte, opgelos word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is teen hierdie agtergrond dat die VF Plus mnr. Gugile Nkwinti, minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, se erkenning tydens \u2019n inligtingsessie in die parlement van die probleme wat met grondhervorming ervaar word, verwelkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Minister het onder andere ges\u00ea:\u00a0 \u201cOns jaag nie meer hektaar nie, maar wil eerder \u2019n balans skep tussen hoeveel grond herverdeel is en hoe volhoubaar dit bewerk word\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Minister het verder daarop gewys dat 90% van die 5,9 miljoen hektaar landbougrond wat die staat sedert 1994 vir grondhervorming gekoop het, braak l\u00ea. \u201cDie beginsel van gebruik-of-verloor-dit gaan nou eers van toepassing wees,\u201d het minister Nkwinti ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die VF Plus getuig hierdie benadering van \u2019n nuwe realisme wat tot die werklike oplossing van hierdie probleme kan lei. Tot op datum het ondeurdagte en ideologies gemotiveerde grondhervorming voedselsekuriteit in Suid-Afrika bedreig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus stem saam dat die vestiging van bestaansboere belangrik is, maar enigiemand wat in Suid-Afrika oor voedselsekuriteit praat en die rol van die kommersi\u00eble landbouers daarin ignoreer, is onrealisties. Onsekerheid oor die grondkwessie plaas tans baie druk op hierdie kommersi\u00eble boere.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is dalk nou die tyd om opnuut na die hele grondhervormings-aangeleentheid te kyk. Die doel met grondhervorming kan tog nooit wees om voedselsekuriteit in Suid-Afrika te benadeel of\u00a0 die ontvangers van grond daardeur terug te plaas na \u2019n armoede bestaan soos tans die geval is nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/reglany-bluzki-gol-fy\">\u0431\u043b\u0443\u0437\u043a\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 4 \u043b\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is noodsaaklik dat die spanning wat bestaan tussen die ANC se Polokwane-doelwitte vir voedselsekuriteit en die ANC se grondhervormingsdoelwitte, opgelos word. Dit is teen hierdie agtergrond dat die VF Plus mnr. Gugile Nkwinti, minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, se erkenning tydens \u2019n inligtingsessie in die parlement van die probleme wat met grondhervorming ervaar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7774\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Grondhervormingsrealisme verwelkom&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[9148,4636,9149],"class_list":["post-7774","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-grondhervormingsrealisme-verwelkom","tag-pieter-mulder","tag-voedselsekuriteit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7774","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7774"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7774\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7774"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7774"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7774"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}