{"id":7762,"date":"2010-03-03T07:24:22","date_gmt":"2010-03-03T07:24:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7762"},"modified":"2010-03-03T07:24:22","modified_gmt":"2010-03-03T07:24:22","slug":"politici-se-boemerangspel-duur-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7762","title":{"rendered":"Politici se boemerangspel duur voort"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Tot voor die naweek was Etienne Cammaerts \u2018n 61-jarige Belg wat doodgelukkig op \u2018n plaas in Limpopo gewoon het. Die enkele Google-verwysings na hom was jagpakkette wat hy w\u00eareldwyd bemark het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend, enkele dae later en \u2018n dag na daar landswyd groot makietie gehou is om die 100ste afteldag na die Sokkerw\u00eareldbekertoernooi te vier, is daar sowat 200 Google-verwysings na Cammaerts, veral as \u2018n foutiewe spelling van sy van wat in die Suid-Afrikaanse media ingesluip het bygewerk word. Hieronder tel verskeie trefslae van Belgiese koerante.<\/p>\n<p> Want Etienne Cammaerts het die naweek deel van Suid-Afrika se omvangryke plaasmoord-statistiek geword. So omvangryk is plaasmoorde nou in Suid-Afrika dat nuwe gevalle nie meer landswyd nuus is nie, en hoofsaaklik die plaaslike media haal.<\/p>\n<p> Commaerts se geval vestig nie net landswyd weer die oog op hierdie euwel nie. Statisties gesproke is om \u2018n boer in Suid-Afrika te wees, by tye die gevaarlikste beroep ter w\u00eareld. Tradisioneel word Chinese steenkoolmynwerkers se ongevalle van sowat 133 per 100 000 per jaar as die gevaarlikste beroep ter w\u00eareld beskou, maar op syfers wat periodiek 130 per 100 000 per jaar vir plaasmoorde op boere-egpare bereik, word in die nek geblaas. Voeg hierby die gewone werksverwante ongevalle, en boere in Suid-Afrika beklee die gevaarlikste beroep ter w\u00eareld. Voeg hierby ander misdaad soos verkragting wat met plaasaanvalle gepaard gaan, en die gewone misdaad waaraan boere onderwerp word wat die lonendheid van hul boerdery bepaal, soos vee- en gewasdiefstal, die diefstal van gereedskap en implemente, weidingdiefstal en brandstigting, en \u2018n somber prentjie word geskets.<\/p>\n<p> Die regering neig om in al elf amptelike tale te swyg hieroor. In die re\u00ebl word dit aan opposisiepartye oorgelaat om te veroordeel, met naasbestaandes te simpatiseer, en die probleme uit te wys. Boonop doen alle opposisiepartye nie hieraan mee nie.<\/p>\n<p> Die regering se volstruispolitiek hou vermoedelik verband met \u2018n desperate poging om potensi\u00eble buitelandse sokkerbesoekers die kous oor die kop te trek. Die regering se mees prominente reaksie op die misdaadsituasie was om Solidariteit te verkwalik oor \u2018n verskerpe misdaadbewusmakingsaksie om die regering uit sy sluimerende houding te skud. Baie Suid-Afrikaners het ewe flink aan die doofpot-politiek meegedoen en oormatige verwagtinge gekoester oor die aantal buitelandse besoekers wat tydens die toernooi behoorlik gemelk sou word. Intussen word die aantal buitelanders wat vir die toernooi verwag word deurgaans afgeskaal. Mammon het sy base aan die hakskene kom byt.<\/p>\n<p> Die w\u00eareld is egter nou danksy moderne tegnologie \u2018n neutedop, en Suid-Afrika se status as verkragting- en moordhoofsetel van die w\u00eareld staan soos \u2018n seer duim uit. Dit lyk nie of die regering rekening gehou het met die beeldskade wat misdadigers aan die land aanrig nie.<\/p>\n<p> Die wrede moord op Cammaerts is die laaste ding wat Suid-Afrika nodig gehad het.<\/p>\n<p> Net omdat die Suid-Afrikaanse regering deur hofsake gedwing moet word om sy eie burgers se belange in die buiteland te beskerm, beteken dit nie dat alle regerings so ongevoelig oor die wel en we\u00eb van hul burgers is nie. Om te verneem dat een van jou burgers oorsee vasgebind en keelaf gesny is, is traumaties, veral in Wes-Europa, waar die moordkoers sowat 1 per 100 000 per jaar is teenoor die w\u00eareldgemiddeld, en Suid-Afrika se jongste koers van bykans 40 per 100 000 per jaar. Om dan te bemerk dat die gasheerland skynbaar onaangeraak is daardeur, is skokkend.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0442\u0435\u0445\u043d\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u0430\u044f \u043f\u0440\u043e\u0434\u0443\u043a\u0446\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tot voor die naweek was Etienne Cammaerts \u2018n 61-jarige Belg wat doodgelukkig op \u2018n plaas in Limpopo gewoon het. Die enkele Google-verwysings na hom was jagpakkette wat hy w\u00eareldwyd bemark het. Vanoggend, enkele dae later en \u2018n dag na daar landswyd groot makietie gehou is om die 100ste afteldag na die Sokkerw\u00eareldbekertoernooi te vier, is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7762\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politici se boemerangspel duur voort&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9124,9086],"class_list":["post-7762","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-cammaerts","tag-plaasmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7762","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7762"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7762\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7762"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7762"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7762"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}