{"id":7740,"date":"2010-03-02T06:31:59","date_gmt":"2010-03-02T06:31:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7740"},"modified":"2010-03-02T06:31:59","modified_gmt":"2010-03-02T06:31:59","slug":"plaasmoorde-steeds-in-volle-swang","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7740","title":{"rendered":"Plaasmoorde steeds in volle swang"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende Februarie vanjaar is vyf mense op plase in Limpopo vermoor. Hieronder tel \u2018n Belgiese burger wat vasgebind en met \u2018n knipmes keelaf gesny is. Dit was nie die enigste plaasmoorde in Februarie in die land nie, en van die begin van die jaar af is verskeie wrede plaasmoorde landswyd gepleeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, so algemeen word plaasmoorde nou dat die nuuswaardigheid daarvan dikwels net tot die plaaslike media in die omgewing van die moorde strek. Die gewone publiek is dus salig onbewus van hierdie slagting van plaasmense teen \u2018n persentasie-tempo veel ho\u00ebr as die land se reeds hemelho\u00eb moordsyfer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steeds swyg die regering soos die graf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steeds weier die regering om briewe van protes teen misdaad in ontvangs te neem, wat nie goed voorspel vir die petisie teen plaasmoorde wat Landbouweekblad nou dryf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 1 April neem die SANW weer die beveiliging van landsgrense by die SAPD oor, maar die slegte nuus is dat dit met verminderde mannekrag en fondse is. Boonop gaan die SANW voorlopig ook net die grense met Zimbabwe en Mosambiek beveilig, met grense soos di\u00e9 van Lesotho en Botswana wat eers oor \u2018n paar jaar aan die beurt gaan kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is baie slegte nuus vir die landbougemeenskappe van Limpopo, Noordwes en die Vrystaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die moorde en ander misdaad soos veediefstal en weidingdiefstal aan die grens met Lesotho is so problematies dat Vrystaat Landbou met die voorbereidings van \u2018n hofsaak teen die regering begin het. Di\u00e9 proses is min of meer op die ys geplaas nadat beloftes van onder meer die Vrystaatse Premier, Ace Magashule, ontvang is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou l\u00ea 1 April om die draai, en is heelwat nader as die Fifa-sokkertoernooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regeringsblapse in die aanloop tot die sokker het nou reeds verskeie kere die verhoogde aandag op Suid-Afrika soos \u2018n boemerang laat werk met onder meer \u2018n baie negatiewe artikel in die Nederlandse koerant Trouw oor plaasmoorde. Gegewe die nuusdekking in Europa as een van daardie lande se burgers in die buiteland iets oorkom, kan \u2018n mens by voorbaat die negatiewe beriggewing in veral Belgi\u00eb indink as die nuus die media daar haal dat een van hul burgers in Suid-Afrika soos \u2018n skaap ter slagting keelaf gesny is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beste manier om die negatiewe impak van nuusdekking oor misdaad te bestuur, is om die misdaad self hok te slaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om in al elf amptelike tale oor plaasmoorde te swyg, is nie die regte manier nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering gaan dit nou weer op \u2018n harde manier leer.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mordvinov-wood.ru\">\u041c\u043e\u0440\u0434\u0432\u0438\u043d\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.segodnya.ua\/regions\/kharkov\/v-harkove-prokuratura-provodit-proverku-iz-za-ischeznoveniya-konfiskata-na-15-millionov-751497.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gedurende Februarie vanjaar is vyf mense op plase in Limpopo vermoor. Hieronder tel \u2018n Belgiese burger wat vasgebind en met \u2018n knipmes keelaf gesny is. Dit was nie die enigste plaasmoorde in Februarie in die land nie, en van die begin van die jaar af is verskeie wrede plaasmoorde landswyd gepleeg. Trouens, so algemeen word &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7740\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaasmoorde steeds in volle swang&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9084,9083,6336],"class_list":["post-7740","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-1-april","tag-belgiese-burger","tag-plaasmoorde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7740","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7740"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7740\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7740"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7740"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7740"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}