{"id":774,"date":"2007-08-19T00:00:00","date_gmt":"2007-08-19T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=774"},"modified":"2007-08-19T00:00:00","modified_gmt":"2007-08-19T00:00:00","slug":"is-daar-n-god","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=774","title":{"rendered":"Is daar &#8216;n God?"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die boek verkoop baie goed, het tot op nommer vier op <em>The New York Times <\/em>se blitsverkoperslys gestyg, waar dit vir nege weke lank onder die eerste tien verskyn het.&nbsp; Dat Dawkins &lsquo;n interessante en skynbaar belangrike saak aangeraak het, is gewis, en ander kommentators, onder meer Christopher Hitchens, het opgevolg met hulle eie werke oor religie.&nbsp; <\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Hitchens se titel, &ldquo;<em>God Is Not Great: How Religion Poisons Everything<\/em>&rdquo; is nog &lsquo;n bydrae in &lsquo;n reeks boeke waarin Westerse kommentators hulle ate&iuml;sme bely.&nbsp; &ldquo;<em>The End of Faith<\/em>&rdquo; deur Sam Harris, en &ldquo;<em>Breaking the Spell&rdquo;<\/em> deur Daniel Dennett is verdere bydraes waarin religie in die algemeen, en Christendom in die besonder, as agterlik, of gevaarlik, of sommer net as dom, verklaar word.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Die argumente teen die bestaan van &lsquo;n Opperwese word gemaak met beide logiese en emosionele argumente deur Dawkins en die ander skrywers.&nbsp; Logiese argumente maak gewoonlik aanspraak op wetenskaplike feite, terwyl emosionele aansprake dikwels dele uit die Bybel, dikwels wel in konteks, aanhaal en as dom of net as verkeerd of selfs as immoreel verdoem.&nbsp; <\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">So byvoorbeeld kan aanhalings oor slawerny, of opdragte om ongehoorsame kinders en slawe te stenig, gebruik word om emosionele pleidooie te lewer wat die Bybel, en dus die Goddelik opdrag, as dom en agterlik en dus sonder inhoud,&nbsp; af te maak.&nbsp; Dus, omdat die Bybel boeke bevat wat in die moderne konteks slawerny goed praat, of kindermoord promoveer, is die hele Bybel verkeerd en nie van toepassing op moderne mense nie.&nbsp; Daarom kan die bestaan van God dus verwerp word.&nbsp;&nbsp; Dit is veral in die opsig dat morele lesse vanuit die Bybel deur Dawkins, Hitchens en Harris verwerp word as ongeldig.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Daar is ook ander emosionele aansprake wat deur Dawkins en Harries gemaak word as argumente teen die bestaan van &lsquo;n Opperwese.&nbsp; Harris skryf byvoorbeeld in sy boek dat daar mense (Christene) is wat &lsquo;n Boek op hulle bedkassies neersit en daagliks lees, wat geskryf is deur &lsquo;n onsigbare Wese wat hulle in die Hel in ewigheid sal laat brand as hulle Sy boodskap durf verwerp, maar wat terselfter tyd bewys sal vra as beweer word dat joghurt &lsquo;n mens onsigbaar kan maak.&nbsp; <\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Hierdie mense word Christene genoem, en hulle is dom om die Bybelse storie sonder bewys te aanvaar, maar om die joghurt-storie te verwerp weens afwesigheid van &lsquo;n bewys.&nbsp; Met ander woorde, daar is geen God nie, omdat die die aansprake van die Bybel (&lsquo;n onsigbare God) te&euml;strydig is met ons alledaagse ervaring van die fisieke w&ecirc;reld.&nbsp; Die argument vereis dat die Bybel letterlik gelees word. <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Maar om die Bybel net figuurlik te lees skep probleme vir Christene, selfs al haal dit die angel uit bostaande argument.&nbsp; As die Bybel figuurlik gelees word, wat kan ons dan skryf oor Christus as &lsquo;n historiese figuur?&nbsp; Het Hy bestaan? Was sy wonderwerke net figuurlike gebeure wat nie histories waar is nie?&nbsp; Indien so, wat s&ecirc; dit oor Christus as deel van &lsquo;n Drie-Enige God?&nbsp; Predikante en Filosowe het al baie eeue lank oor die kwessies geworstel, en die laaste woord is nog nie hieroor geskryf nie.&nbsp; <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Mens moet ook in die opsig oplet dat fundamentele Christene wel &lsquo;n letterlike interpretasie van die Bybel verkies, wat hulle die hoon van ate&iuml;sme en selfs ander Christene op die hals haal.&nbsp; Christene in hoofstroom sektes verkies soms &lsquo;n figuurlike interpretasie van die Bybel, en worstel daarna oor die Goddelikheid van Christus en ander belangrike vrae tot so &lsquo;n mate dat selfs basiese eksplisiete uitsprake in die Bybel ondermyn word (vandag word daar oor homoseksualiteit en die huwelik geargumenteer).<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">&lsquo;n Belangrike argument (wat self ate&iuml;ste soms toegee) is dat die Bybel en die Christelike geloof &nbsp;&lsquo;n fondasie bied waarop moraliteit gevestig kan word.&nbsp; Die aanvaarding dat &lsquo;n toornige en alleswetende Opperwese mense wat afdwaal sal straf, dissiplineer mense oor die algemeen, en skep sosiale kapitaal in die vorm van eerlike en opregte mense wat&nbsp; beskawing beter laat werk tot almal se voordeel.&nbsp; Daar word egter ook skerp aantygings gemaak dat alle godsdiens gevaarlik is, oorlo&euml; veroorsaak, en mense indiwidueel onderdruk. (Dit idee dat godsdiens dalk beter soldate lewer eerder as om oorlo&euml; te veroorsaak, word skynbaar nie ondersoek nie).<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Sommige ate&iuml;ste wil wetenskap gebruik om die Opperwese in Westerse kultuur te verplaas &ndash; dit kan kwansuis gebruik word om mense die voordele van religie te gee (gesondheid en &lsquo;n gevoel van ontsag en vrees vir die grootheid van die skepping en die kortstondigheid van indiwiduele bestaan) sonder om die logiese fondamente van Westerse kultuur te ondermyn.&nbsp; Mens kan veronderstel dat &lsquo;n gemeente die Son, die Melkweg, Lewe op Aarde en dies meer, met eerbied en ontsag kan beje&euml;n, min of meer soos sommige gelowe wat planete as Gode bejeen het, dit eeue gelede gedoen het.&nbsp; Daar is derhalwe niks juis oorspronklik in die idee nie, behalwe dat die bestaan van &lsquo;n spirituele w&ecirc;reld onafhanklik van die fisiese heelal ontken word.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Daar is natuurlik baie meer probleme met bostaande voorstel &ndash; Omdat wetenskap net &lsquo;n paradigma wat gebaseer op die beginsels soos Okkam se Lem is, is dit nie volmaak nie, en het dit tekortkominge:&nbsp; dit kan byvoorbeeld nooit gebruik word om Geluk, of indiwiduele bestaan, of selfs die fisiese w&ecirc;reld volmaak te beskryf nie.&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Verder is daar baie logiese stellings wat nie wetenskaplik is nie.&nbsp; Besin byvoorbeeld oor die stelling &ldquo;Daar is nie &lsquo;n God nie&rdquo;.&nbsp; Daar is geen manier om die stelling wetenskaplik te toets nie.&nbsp; Dit is konsekwent met fisiese wette, kan dalk korrek wees, is soms emosioneel aanvaarbaar, en daar is baie slim mense wat glo dat dit waar is.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die negatief van die stelling, naamlik &ldquo;Daar is &lsquo;n God&rdquo;, is om dieselfde redes aanvaarbaar.&nbsp; Met ander woorde, daar geen toets, logies of eksperimenteel, wat gedoen kan word om absoluut te bewys, dat die stelling, of sy negatief, waar is of nie.&nbsp; Derhalwe is ons beskrywing van beide die fisiese en geestelike w&ecirc;reld onvolmaak, en kan ons dit nooit vervolmaak nie.&nbsp; (Selfs fisiese wette, waaroor ons baie seker is, is nie volmaak nie, maar is bloot wiskundige beskrywings van die heelal).<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Maar wat kan ons oor wetenskaplikes soos Dawkins skryf?&nbsp; Hier is die ironie: Dawkins is &lsquo;n bioloog en &lsquo;n erkende spesialis wat evolusie-teorie betref.&nbsp; Daar is geen kwessie dat Darwin se evolusie nie net &lsquo;n teorie is nie, maar wel &lsquo;n proses is wat duidelik, wetenskaplik bewysbaar, onderliggend is aan die ontwikkeling en geskiedenis van lewe op aarde.&nbsp; Die meganisme werk op &lsquo;n prinsiep van <em>survival of the fittest<\/em>.&nbsp; Dit kan beskryf word as &lsquo;n proses wat &ldquo;goeie gene&rdquo; selekteer as die gene sy draer &lsquo;n beter kans op oorlewing en voortplanting gee. Dit erken ook die bestaan van meme, hierdie is idees en kultuur wat in die brein gedra word, en voortplant in geslagte.&nbsp; Taal, resepte, musiek en natuurlik godsdiens, sovel as ate&iuml;sme, is sulke meme, en Dawkins besef waarskynlik goed dat &lsquo;n meem geselekteer kan word as dit &lsquo;n voordeel aan sy draers in &lsquo;n gemeenskap gee. <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Dus, as die meem &ldquo;Christendom&rdquo; sy draers beter laat oorleef en voortplant (beter laat veg in oorlo&euml;, beter laat saamwerk in nood, beter kinders grootmaak en sosiale kapitaal laat oordra van geslag tot geslag), sal dit geselekteer word, en alle getuienis is skynbaar dat die meem &ldquo;ate&iuml;sme&rdquo; nie &lsquo;n voordeel aan sy draers gee nie (daar is geen suksesvolle ate&iuml;stiese gemeenskap wat honderde of duisende jare oorleef het nie).&nbsp; <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die grappie is dus op Dawkins, en ek dink hy moet dit besef &ndash; hy maak seker goed geld met sy boek, maar as sy idees &lsquo;n meem is wat nie &lsquo;n voordeel as sy volgelinge gee nie, is dit bestem om op die ashoop van geskiedenis te beland, dit terwyl Christendom steeds sal oorleef in een of ander vorm.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/podstavki\/\">\u043f\u043e\u0434\u0441\u0442\u0430\u0432\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/buksvanrensburgsw.JPG\" width=\"97\" height=\"136\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Richard Dawkins, die bekende wetenskaplike, was onlangs baie in die nuus oor sy jongste boek <em>The God Delusion<\/em>. &nbsp;Die boek veroorsaak heelwat kontroversie, en Dawkins verskyn gereeld in die media om sy boek te bemark en om sy idees oor godsdiens te bespreek.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[44],"tags":[],"class_list":["post-774","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c25-buks-van-rensburg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/774","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=774"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/774\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=774"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=774"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=774"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}