{"id":7737,"date":"2010-03-01T15:33:47","date_gmt":"2010-03-01T15:33:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7737"},"modified":"2010-03-01T15:33:47","modified_gmt":"2010-03-01T15:33:47","slug":"aardbewings-word-hulle-al-hoe-erger-en-gereelder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7737","title":{"rendered":"Aardbewings: Word hulle al hoe erger en gereelder?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Met die verwoestende aardbewing wat Ha\u00efti vroeg vanjaar getref het, gevolg deur \u2018n nog sterker aardbewing in Chili en die 2004 aardbewing wat die Ooste getref en \u2018n reuse tsunami tot gevolg gehad het nog vars in die geheue, kan die indruk dalk gespek word dat verwoestende aardbewings nou meer gereeld voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aardbewings neig om as sneller vir \u2018n volgende aardbewing te dien, en daarom is dit nie vreemd dat aardbewings in verskillende dele van die w\u00eareld mekaar in \u2018n kort tydjie kan opvolg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Deel van die rede waarom die persepsie kan ontwikkel dat aardbewings nou erger is as tevore, is dat die 2004-Sumatra-aardbewing die tweede sterkste aardbewing is wat nog gemeet is, en dat daar soveel lewensverlies en skade in Ha\u00efti was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sumatra-aarbewing het 9,3 op die Richterskaal gemeet, terwyl die sterkste wat gemeet is, 9,5, was toe \u2018n aardbewing in 1960 Valdivia in Chili getref het. Dit is die ergste aardbewing wat nog aangeteken is, maar ander groot aardbewings in hierdie artikel vermeld is slegs di\u00e9 wat sedert 1900 voorgekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die derde grootste aardbewing was in 1964 in Alaska toe 9,2 op die Richterskaal gemeet is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vierde grootste het in 1952 in die ooste van Rusland voorgekom, en 9 gemeet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste grote, di\u00e9 in Chili vanjaar, het 8,8 op die Richterskaal gemeet, dieselfde as \u2018n aardbewing in 1906 Ecuador geskud het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1965 het \u2018n aardbewing van 8,7 op die Richterskaal eilande digby Alaska geskud.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2005 het nog \u2018n grote by Sumatra voorgekom en 8,6 op die Richterskaal gemeet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1950 is Tibet en omstreke deur \u2018n aardbewing van 8,6 op die Richterskaal getref.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eilande by Alaska was in 1957 weer aan die beurt met \u2018n skudding van 8,6.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2007 is Sumatra weer geskud, di\u00e9 deur \u2018n aardbewing van 8,5 op die Richterskaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die aardbewing in Ha\u00efti uiteindelik waarskynlik \u2018n dodetal van sowat 300 000 sal oplewer, tel dit met \u2018n meting van 7 nie onder die grotes nie. Trouens, die geringste aardbewing onder die grotes, di\u00e9 van 8,5 in 2007 by Sumatra, was ongeveer 50 keer hewiger. Selfs \u2018n onlangse aardbewing in die see naby Nieu-Seeland wat 7,8 gemeet het en min skade aangerig het, was bykans tien keer sterker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ha\u00efti is nie al geval waar daar nie \u2018n verband tussen die sterkte, skade en lewensverlies was nie. In 2009 het \u2018n aardbewing van 5,8 die L\u2019Aquila-streek in Itali\u00eb getref en 307 mense het gesterf, wat bydra tot die persepsie dat die aarde nou onder buitengewoon baie verwoestende en dodelike aardbewings deurloop. Selfs die Tulbach-aarbewing was sterker as hierdie een.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Rede waarom Ha\u00efti en Itali\u00eb moontlik proporsioneel soveel skade en sterftes opgelewer het met betreklike \u201cmak\u201d aardbewings, is moontlik dat al die w\u00eareld se grotes, uitgesonderd die aardbewing wat Tibet getref het, in die sogenaamde \u201cPasifiese Ring van Vuur\u201d voorgekom het. Ook Ha\u00efti en Itali\u00eb val buite hierdie gebiede, en hoewel aardbewings nie ongewoon in hierdie areas is nie, is die gemeenskappe waarskynlik nie so goed ingerig vir werklike kwaai aardbewings nie, en tuimel geboue makliker in omdat hulle nie gebou word om sterk aardbewings te weerstaan nie. Swak vakmanskap in Ha\u00efti word as een van die hoofoorsake vir die ho\u00eb sterftesyfer beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Faktor wat waarskynlik bydra daartoe dat die indruk geskep word dat aardbewings hewiger word, is dat die syfers wat gegee word nie altyd in die Richterskaal uitgedruk word nie, maar skale met ho\u00ebr syfers. Soos die media die syfers by mekaar oorneem, word di\u00e9 syfers gereeld na Richerstkaal verander sonder dat die syfer self aangepas word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl dit nie so maklik is om die aanname te maak dat die aarde nou besonder seismies aktief is nie, is dit wel duidelik dat die aarde nog lank nie so oud is dat dit onaktief word nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malchikov\/mashiny-na-radioupravlenii\/\">\u043c\u0430\u0448\u0438\u043d\u044b \u043d\u0430 \u0440\u0430\u0434\u0438\u043e\u0443\u043f\u0440\u0430\u0432\u043b\u0435\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die verwoestende aardbewing wat Ha\u00efti vroeg vanjaar getref het, gevolg deur \u2018n nog sterker aardbewing in Chili en die 2004 aardbewing wat die Ooste getref en \u2018n reuse tsunami tot gevolg gehad het nog vars in die geheue, kan die indruk dalk gespek word dat verwoestende aardbewings nou meer gereeld voorkom. Aardbewings neig om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7737\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Aardbewings: Word hulle al hoe erger en gereelder?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[9079],"class_list":["post-7737","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-aardbewings-gereelder"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7737","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7737"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7737\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7737"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7737"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7737"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}