{"id":773,"date":"2007-08-19T00:00:00","date_gmt":"2007-08-19T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=773"},"modified":"2007-08-19T00:00:00","modified_gmt":"2007-08-19T00:00:00","slug":"tussen-mite-en-massahisterie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=773","title":{"rendered":"Tussen mite en massahisterie"},"content":{"rendered":"\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Een van die grootste gevare van die ANC se propagandamasjien is die feit dat hulle moorde, martelings en hongersnood kan goedpraat deur ander te oortuig dat hulle dit goed bedoel het, maar dat dit verkeerd afgeloop het. Met ander woorde dit was &rsquo;n ongelukkie. Kommuniste het dieselfde taktiek gebruik om die volksmoorde in Afrika, Oos-Europa en Asi&euml; te vergoeilik. &rsquo;n Mens vergeet gerieflik dat &rsquo;n honderd miljoen mense nie &rsquo;n aantal is wat &rsquo;n mens per ongeluk dood kan maak nie. <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Hoewel vanagter die oorblyfsels van die Berlynse Muur het hulle dit tog reggekry, en die kommuniste het hulself sodoende gevrywaar van enige vorm van verhoor. Ons hoop maar die verhoor wat nou gaan plaasvind teen die volksmoord in Kambodja &rsquo;n einde sal maak aan die geloofwaardigheid van ekstreem-links, soortgelyk aan die N&uuml;renberg-verhore gedoen het aan Nazisme.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Iets wat egter voortdurend op die voorgrond tree is die volslae absurditeit van meningsvormers wat die huidige ellende in Suid-Afrika wil afwater deur die verlede te beskou as een of ander bose, duistere krag wat mense van &rsquo;n bepaalde bevolkingsgroep wil vernietig. Die mees onlangse voorbeeld is ene mevrou Georgina Guedes wat &rsquo;n paar paragrawe inmekaar geflans het om weereens die boosheid van Afrikaners weer te gee. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Hierdie mense noem hulself &ldquo;progressief&rdquo;, en in haar eie woorde kan selfs die ellende wat Mugabe veroorsaak het as &ldquo;progressief&rdquo; beskou word. Sy verwys na mense wat nog steeds praat van Rhodesi&euml; as suurgesig kolonialiste&#8230;asof daar net blye gesiggies in Zimbabwe oorbly noudat Mugabe die suurgesigte etnies gesuiwer het. Blykbaar laat die enorme hongersnood en ellende haar koud. Vir iemand soos Guedes, wie se naam verdag Portugees klink, steek daar nogal ironie in haar betoog.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Dan Roodt het in sy onlangse rubriek gespekuleer oor die oorsake van die haat wat die Engelse teen die Afrikaners koester deur te verwys na die Engelse se geknakte trots oor die Boereoorlog. Die metode wat gebruik word is om &rsquo;n hele volk te reduseer tot &rsquo;n enkele persoon of persone wat oor geen greintjie goedheid beskik nie, en dan daardie persoon op die mees haatlike, histeriese manier te beswadder. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Hierdie vorm van massahisterie is die werktuig van die progressiewes, en is per definisie nie vatbaar vir nuanses nie. Enigiemand wat die situasie wil nuanseer is &rsquo;n agent van die bose. Immers, hoe groter die massahisterie, hoe groter die mite, en hoe minder plek is daar vir die werklikheid.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die uitgeweke Nederlandse politikus Ayaan Hirsi Ali het op &rsquo;n stadium vertel dat sy deur die progressiewe imams van jongs af aan ge&iuml;ndoktrineer was om te glo dat Jode honde, varke, ape of iets dergliks was, en toe sy eenmaal &rsquo;n Jood in lewende lywe gesien het, dat dit gewoon &rsquo;n mens van vlees en bloed was, het die skille van haar o&euml; geval. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Ek wonder of mevrou Guedes al ooit &rsquo;n gesprek gehad het met &rsquo;n deursnit Boere-Afrikaner, gewoon iemand wat op pad is om kruideniersware te koop, rugby op Loftus te gaan kyk of gewoon &rsquo;n bietjie wil geniet van die natuur. Miskien sal dit haar &rsquo;n bietjie reghelp, maar die kans is groter dat sy juis die algemene beleefdheid en inskiklikheid van die Afrikaner as bron van verdere verdagmakery sal gebruik. <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Iets wat mevrou Guedes waarskynlik nie besef nie is dat die voorsate van die Afrikaners, met name die Franse Hugenote, juis weggevlug het uit Europa omdat hulle nie langer kon saamleef met die &ldquo;progressiewe&rdquo; heksejagmentaliteit van die Europe&euml;rs nie. Met die industrialisering en gepaardgaande sekularisering van Europa het die kerk grotendeels sy gesag verloor, maar die heksejagmentaliteit het in sommige gevalle &rsquo;n mutasie ondergaan en is wedergebore in die vorm van linkse politiek. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Laasgenoemde opvatting is ontleen aan die Nederlandse skrywer W.F. Hermans wat &rsquo;n verklaring wou bied oor hoekom die oorwegend Katolieke volksdeel van Nederland, met name in die ooste van die land, &rsquo;n bolwerk geword het van ekstreem linkse politiek. <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">As dit nie die ergste is nie, dan is dit die menings wat ander lesers op haar skrywe gehad het. Dit is ongelooflik hoe sommige mense met Afrikanername met groot instemming reageer op haar skrywe. Dit is seker normaal vir volke wat so onder eksterne druk staan om so verdeeld te reageer op hierdie ondeurdagte rubriek. Aan die een kant skryf Guedes dat Pretoria haar nie eintlik interesseer nie, maar tegelykertyd moet daardie stad se naam absoluut verander word na een of ander vae mitiese figuur. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Soos ons almal weet het stamhoof Tshwane met sy uitstekende radartegnologie die blankes in die Kaap de Goede Hoop sien aankom en gewaarsku teen die sondeval wat die swartes vir ewig uit die Paradys sou verban. Helaas het argeologiese opgrawings na my wete nog niks opgelewer oor Tshwane se kennis of moontlike artefakte nie.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Dit is dalk nou &rsquo;n goue geleentheid om aan te dring op verdere naamsveranderings. Aangesien Guedes eintlik niks in gemeen het met Suid-Afrika nie, maar haarself tog opwerp as kenner stel ek voor dat ons aandring dat Portugal se hoofstad Lissabon ook &rsquo;n naamsverandering moet ondergaan. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Daar is naamlik &rsquo;n antieke Griekse mite wat stel dat Lissabon &rsquo;n verbastering van die Griekse naam Olissipo is, wat verwys na koning Odysseos (ook bekend as Ulysses). Volgens &rsquo;n mite het hy destyds weggevlug uit Griekeland om die sterker wordende koalisie in daardie land te ontsnap en het aan die Atlantiese oseaan die stad Lissabon gestig. <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">In Romeinse skrywes staan Odysseos bekend as &rsquo;n wreedaard wat die Trojaanse inval gere&euml;l het. Daar het hy vroue tot slawe gemaak, mans vermoor en kinders van die stadsmure afgegooi. Immers, die werkwoord &ldquo;odussomai&rdquo; beteken &ldquo;haat&rdquo; in Grieks en daar is veronderstel dat hy &rsquo;n haatlike figuur was wat met toorn regeer het. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Dit is nogal verbasend gelyksoortig aan die twak wat Guedes geskryf het van Andries Pretorius. Die werklikheid is egter dat die Boere weggevlug het uit die Kaapkolonie omdat die Engelse hul lewens so versuur het vir hulle daar onder. Die Boere is eintlik die hele tyd vervolg en verjaag deur die domheid en verderflike motiewe van ander, groter volke. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Waar die hele naamsverandering-massahisterie uiteindelik op neerkom is dat Europe&euml;rs &rsquo;n bewys wil lewer dat n&ograve;g Afrikaners n&ograve;g hul voorsate nie aan eersgenoemde se heksejagmentaliteit kan ontsnap nie, selfs nie na driehonderd en vyftig jaar nie. Afrikaners daarenteen is hierdeur gedwing om nugter en feitlik te dink ter wille van hul eie voortbestaan. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">My vermoede is dat dit juis hierdie nugterheid is wat maak dat Afrikaners &rsquo;n gevreesde volk by die polities korrektes is, plus natuurlik die groter aantal Afrikaners as Engelse in Suid-Afrika. Laat mevrou Guerdes gerus na haar ontheemde verdwaalde groepie Engelssprekende blankes in en om Johannesburg as &ldquo;friendly&rdquo; verwys. Ek verskil so effe van mening met haar op daardie gebied.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Gee die Rooies, swartes en linkse Souties gerus maar hul multikulti-lugkastele. Gee ons die feite, dan kyk ons wie wen die Pretoria-Tshwane stryd. Tot dusver het die Groot Westerse Moraliste figure soos Idi-Amin, Mobutu Sese-Seko en Mugabe aan die mag gehelp. Dalk moet Guedes hieraan aandag gee voordat sy Afrikaners van bloedvergieting beskuldig. Oor die algemeen is dit nie soseer leuens wat die politieke kranksinnigheid van die dag regeer nie, maar gewoon pure domheid.&nbsp;&nbsp; &nbsp;<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/igrushechnaya-mashinka-prekrasnaya-i-bezobidnaya-igrushka-dlya-malenkogo-malchika\">\u043c\u0430\u0448\u0438\u043d\u043a\u0430 \u043c\u0443\u043b\u044c\u0442\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Secreveklsw.JPG\" width=\"89\" height=\"109\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die ANC hegemonie is uit om polities-inkorrektes te elimineer. Die laaste paar maande van nuusgebeure het onomstootlike bewys gelewer vir hierdie stelling. Ons het hier te make met &rsquo;n organisasie wat enige foute uit die verlede wil wegredeneer deur te verwys na die vergewingsgesindheid van die Waarheidskommissie, terwyl dieselfde organisasie geen probleem vind in die vervolging van voormalige leiers nie. <\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Adriaan Vlok, wat met voetewassery homself wou vrykoop van vervolging, hetsy voor God, hetsy voor Chikane, het tien jaar voorwaardelike tronkstraf gekry, terwyl kamerade soos Ronnie Kasrils, wat self betrokke was by martel- en moordpraktyke teen swartes in Quatro, &rsquo;n ANC-goelag in Angola, skotvry daarvan afgekom het. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[157,21092,814],"class_list":["post-773","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","tag-joseph-secreve","tag-rubrieke","tag-tussen-mite-en-massahisterie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/773","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=773"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/773\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=773"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=773"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=773"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}