{"id":7724,"date":"2010-03-01T07:17:56","date_gmt":"2010-03-01T07:17:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7724"},"modified":"2010-03-01T07:17:56","modified_gmt":"2010-03-01T07:17:56","slug":"woed-die-opvolgstryd-reeds","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7724","title":{"rendered":"Woed die opvolgstryd reeds?"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie senior joernaliste bespiegel reeds weke lank oor hoe waarskynlik dit is dat \u2018n opvolgstryd reeds om die kop van pres. Jacob Zuma losgebars het. Die jongste stertjie is om selfs \u2018n potensi\u00eble opvolger te noem, naamlik mnr. Tokyo Sexwale.<\/p>\n<p>Ten einde die waarskynlikheid van \u2018n opvolgstryd te bepaal, moet die post-1994-tradisie van kabinetsamestelling verstaan word.<\/p>\n<p> Oud-pres. Nelson Mandela het reeds die tradisie ingelui deur eerstens \u2018n mate van nasionale kohesie deur die sogenaamde eerste linie aanstellings in die kabinet te maak. Dit is mense wat weens hul blou bloed stamverwantskap \u2018n soort nasionale inbinding sal verseker, deur byvoorbeeld \u2018n Swazi-prinses in te sluit, en ook mense uit die verskillende Xhosa-koningshuise, maar ook ander soos die Bafokeng.<\/p>\n<p> Omdat <em>tribalism<\/em> in veral die voor-Zuma-era \u2018n soort vloekwoord was, is selde weens politieke korrektheid iets oor hierdie eerste linie-aanstellings geskryf. Die bestaan hiervan moes in werklikheid deur goeie volkekundige kennis afgelei word. Hoe sterk dit in die praktyk neerslag vind, blyk uit die ANC se opoffering van Bantu Holomisa wat nie met me. Stella Sigcau kon stryk nie. <\/p>\n<p> Bekwaamheid het selde iets met aanstellings in die eerste en tweede linies te make, en sukkel Onderwys steeds na dit sommer reeds in 1994 behoorlik geBengu is.<\/p>\n<p> Die tweede linie is die beloning van vriendskappe wat \u2018n tipe persoonlike lojaliteit verseker. Die derde linie is die tegnokrate. <\/p>\n<p> Die eerste linie is in \u2018n mate na ander bevolkingsgroepe uitgebrei, en is aanstellings uit die Indi\u00ebr en bruin gemeenskappe in die Kabinet \u2018n gegewe. Die aanstelling van blankes in die kabinet vir hierdie doel was selde baie geslaagd.<\/p>\n<p> Hierdie gegewe is na ander vlakke uitgebrei, met die tweede linie wat veral by die aanwysing van Premiers baie prominent was.<\/p>\n<p> Wanneer \u2018n nuwe leier in tipiese eenparty-styl \u2018n bewindsverandering teweeg bring, is dit gewoonlik die tweede linie wie se politieke lewens erg in die gedrang kom. Die eerste linie bly basies onaangetas met hoogstens \u2018n portefeuljewisseling.<\/p>\n<p> Baie afleidings oor \u2018n leierskapstryd word rondom Julius Malema se skynbare onaantasbaarheid gemaak. Een hiervan is dat Zuma, met die inkorting van adjunk-pres. Mothlanthe se statuur wat nie net van instaan-president afgegradeer is nie, maar ook nie toegelaat word om in Zuma se skadu weer statuur op te bou nie, \u2018n plaasvervangende olyftak na die Noord-Sotho\u2019s moes uithang. Malema was \u2018n voor die hand liggende keuse.<\/p>\n<p> In die proses geld geen re\u00ebl vir Malema nie. Terwyl Zuma nog slegs ANC-president was, is beide Zuma en Malema as sprekers na \u2018n jeugdagviering van die staat na Botshabelo laat kom. Duisende mense van oor die Vrystaat is ook per bus, en op staatskoste, na di\u00e9 funksie aangery waar Malema sy gewraakte: \u201cOns sal doodmaak vir Zuma\u201d-woorde geuiter het.<\/p>\n<p> Die DA het oor hierdie miskenning van die grens tussen politieke party en die staat by die Openbare Beskermer gaan kla.<\/p>\n<p> Malema, steeds in geen amptelike staatspos nie, kry nou BBP-beskerming. Tussenin was daar nog die kwessie van sy beweerde spoedoortredings en voorspruitende gedrag wat skynbaar onverbiddelik in die doofpot gedruk is. Pres. Zuma het dit selfs wys geag om Malema tydens \u2018n besoek aan Malema se geboortedorp as toekomstige president te salf.<\/p>\n<p> Maar toe dit kom by die toestaan van tenders, is hy skielik weer \u2018n gewone privaat burger wat vryelik om tenders aansoek kan doen.<\/p>\n<p> Dit verbaas dus niemand dat gerugte dit nou wil h\u00ea, soos gisteraand op RSG se Kommentaar deur Max du Preez vermeld, die rondte doen dat Malema se kitsrykdom moontlik na Tokyo Sexwale en sy presidentsaspirasies herlei kan word nie.<\/p>\n<p> Dat Malema se rykdom met Tokyo se aspirasies verband hou, bevat egter net soveel waarskynlikheide as onwaarskynlikhede, en is die stamverband van \u2018n Mthethwa-opmerking dat Malema \u2018n juweel is, meer beduidend.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/stoit-li-ustanavlivat-berekety\/\">\u0441\u0430\u043c\u043e\u043b\u0438\u0433\u0438\u0440\u0443\u044e\u0449\u0438\u0435 \u0431\u0440\u0435\u043a\u0435\u0442\u044b damon<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/glavnoe.ua\/news\/n214753\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskeie senior joernaliste bespiegel reeds weke lank oor hoe waarskynlik dit is dat \u2018n opvolgstryd reeds om die kop van pres. Jacob Zuma losgebars het. Die jongste stertjie is om selfs \u2018n potensi\u00eble opvolger te noem, naamlik mnr. Tokyo Sexwale. Ten einde die waarskynlikheid van \u2018n opvolgstryd te bepaal, moet die post-1994-tradisie van kabinetsamestelling verstaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[9064,6539,9063,9061,9062,321],"class_list":["post-7724","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-botshabelo","tag-malema","tag-noord-sotho","tag-stamverband","tag-tibalism","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7724"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7724\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}