{"id":7722,"date":"2010-03-01T06:35:40","date_gmt":"2010-03-01T06:35:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7722"},"modified":"2010-03-01T06:35:40","modified_gmt":"2010-03-01T06:35:40","slug":"die-staat-en-morele-standaarde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7722","title":{"rendered":"Die staat en morele standaarde"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het met teleurstelling gereageer op die DA se standpunt dat moraliteit nie die staat se saak is nie.<\/p>\n<p> \u201cOns is self om pragmatiese redes gekant daarteen dat pres. Jacob Zuma die leiding neem in so \u2018n aksie, maar om te beweer dat die herstel van \u2018n morele grondslag indruis teen die grondwetlike reg op onder meer spraakvryheid is om liberalisme baie ver te voer,\u201d s\u00ea ds. Theunis Botha, leier van die CDP en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA).<\/p>\n<p> \u201cDie standpunt, soos oorgedra in \u2018n mediaverklaring deur die DA-LP, Lindiwe Mazibuko, tas in die duister oor geldende reg. Die begrip contra bones mores (teen die openbare sedes) is diep in ons regstelsel gevestig, soms selfs meer as die begrip ultra vires.<\/p>\n<p> \u201cOm hierdie reg uit te oefen en te beskerm is dit van selfsprekend dat die staat \u2018n omlyning moet h\u00ea van wat die geldende openbare norm is. Die staat is ook nie by magte om dit aan die kerke te delegeer nie, onder meer omdat verskillende kerke en verskillende gelowe verskillende norme hieroor kan nastreef.<\/p>\n<p> \u201cDie grondwet self stel beperkings aan aspekte soos spraakvryheid, onder meer omdat dit inbreuk maak op ander se reg op waardigheid. Kriminele laster is volgens \u2018n onlangse uitspraak van die App\u00e8lhof steeds \u2018n misdaad en dit is uiteraard die openbare sedes wat die begrensing bepaal.<\/p>\n<p> \u201cDit is uitsprake soos di\u00e9 van die DA wat veroorsaak dat dit baie moeilik is om te sien hoe daar algemene opposisiesamewerking kan wees. Die Christen-demokrasie \u2013 wat veral in Europa baie sterk en dikwels aan bewind is \u2013 aanvaar nie dat die staat sy skouers oor morele kwessies kan optrek nie. Hierdie lande neem byvoorbeeld sterk standpunt in teen kinderpornografie en blokkeer selfs die internet om dit uit hul lande te weer.<\/p>\n<p> \u201cDie DA mag tevrede wees daarmee dat Suid-Afrikaanse nasieskap gedefinieer word aan die hand van eienskappe soos \u2018n land wat vrede het daarmee dat honderde duisende ongebore babas doodgemaak word, waar pornografie vryelik beskikbaar is en niemand presies weet waar die grense van haatspraak l\u00ea nie. Net gister is berig dat die administrateur van die PAC se Facebook weier om \u2018n bydrae van ene Ahmed El Saud wat lui \u201cKill the f***ing whites now!!!\u201d te verwyder. Uiteraard verwag \u2018n mens dat die regering op haatspraak soos daardie moet reageer.<\/p>\n<p> \u201cDit bly die DA se reg om te swyg hieroor maar dan moet die DA weet die Christen-demokratiese Partye staan buite enige opposisiesamewerking met daardie grondslag.<\/p>\n<p> \u201cDit is hierdie soort vaaghede wat veroorsaak dat die DA enkele jare gelede op dieselfde dag mediaverklarings kon uitreik \u2013 die een deur Dianne Kohler-Barnard waarin sy die destydse polisiekommissaris Jackie Selebe se voorstel oor die wettiging van prostitusie tydens die w\u00eareldbekersokkertoernooi steun, en een deur die destydse Oos-Kaapse leier, Athol Trollip, waarin dit heftig teengestaan word.<\/p>\n<p> \u201cDie CDA herbevestig sy verbintenis tot die saamgroepering en uitbou van die Christen-demokrasie in Suid-Afrika. Ons beoog egter om so gou as moontlik gesprek oor die DA se mediaverklaring met die DA-leier, Helen Zille, te voer.\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\">\u0433\u043e\u0442\u043e\u0432\u044b\u0435 \u043f\u0440\u043e\u0435\u043a\u0442\u044b \u0431\u0430\u043d\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kp.ua\/incidents\/587793-v-kharkove-ot-holoda-y-poboev-umer-trekhletnyi-malchyk\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het met teleurstelling gereageer op die DA se standpunt dat moraliteit nie die staat se saak is nie. \u201cOns is self om pragmatiese redes gekant daarteen dat pres. Jacob Zuma die leiding neem in so \u2018n aksie, maar om te beweer dat die herstel van \u2018n morele grondslag indruis teen die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7722\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die staat en morele standaarde&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[9054,7599,9053,9001],"class_list":["post-7722","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-christen-demokrasie","tag-da","tag-openbare-sedes","tag-pornografie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7722"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7722\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}