{"id":7713,"date":"2010-02-26T05:57:41","date_gmt":"2010-02-26T05:57:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7713"},"modified":"2010-02-26T05:57:41","modified_gmt":"2010-02-26T05:57:41","slug":"volstruispolitiek-gemeenskapspolitiek-en-die-media","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7713","title":{"rendered":"Volstruispolitiek, gemeenskapspolitiek en die media"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Hoe harder die media en die gemeenskapsorganisasies swoeg om die regering uit sy koers van volstruispolitiek te dwing, hoe bitsiger word die teenreaksie.<\/p>\n<p> Pas het die minister van Polisie die vakbond Solidariteit verkwalik oor die jongste inisiatief om die misdaadprobleem onder die regering se aandag te bring. Die minister verkwalik die vakbond oor \u2018n dokument\u00ear wat op die internet, onder meer op YouTube, gelaai is wat landsburgers se misdaadtrauma uitlig, eerder as om met die regering daaroor te praat. Dat dit die gevolg van die polisie en die regering se optrede was, word misgekyk.<\/p>\n<p> Nie alleen het die presidensie geweier om bykans 30 000 briewe teen misdaad in ontvangs te neem nie, maar die nasionale polisiekommissaris het stil-stil die teikens vir die afbring van ernstige misdaad soos moord en verkragting, verlaag.<\/p>\n<p> Selfs die parlement, wat bykomende geld vir hierdie doelwit bewillig het, moes agterna uitvind dat die teikens reeds verlaag is.<\/p>\n<p> Intussen weet die parlement steeds nie wat die groot sosiale polisiesaamtrek in Bloemfontein die belastingbetalers uit die sak gejaag het nie; \u2018n saamtrek wat duidelik in \u2018n morsige dronknesorgie ontaard het en waaroor die polisiebase steeds volstruispolitiek speel.<\/p>\n<p> Ook die media word nou gereeld skyf. Pas het die regering teen die openbare gevoel in Nersa se aangekondigde Eskom-verhogings in, die verhogings geloof.<\/p>\n<p> Toe die media hieroor vrae vra, is die media in \u2018n tirade hel toe gestuur, in die woorde van tesourier-generaal Matthews Phosa. Di\u00e9 reaksie van die regering gee \u2018n slegte reuk af in die lig van die saketransaksies tussen Eskom en die ANC se beleggingsarm, Chancellor House.<\/p>\n<p> \u2018n Media wat nie sou delf in hierdie gebeure wat o\u00ebnskynlik dui daarop dat partybelange bo landsbelang gestel word nie, is die naam media nie werd nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionaal word die media as die nie-amptelike vierde been van die demokrasie erken weens onder meer die waghondfunksie wat dit speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voeg hierby dat president Jacob Zuma die indruk van \u2018n sg \u201clame duck\u201d-president skep ten opsigte van ooglopende ongerymdhede \u2013 in der mate dat groot koerante reeds die skrif aan die muur sien van \u2018n magstryd wat sy kop kan eis, en dit is klokhelder waarom gemeenskapsorganisasies deur gemeenskapspolitiek en die media se rolle onontbeerlik word.<\/p>\n<p> Onder die jongste voorbeelde tel die rol van Afriforum om Suid-Afrikaanse boere se belange in Zimbabwe teen Robert Mugabe se grondroof te beskerm. Volgens die grondwet, gestaaf deur die presendentereg, is dit in die eerste plek die regering se plig om sy burgers te beskerm. Die jongste hofuitspraak kom egter nie danksy die regering se grondwetlike pligsbesef nie, maar ten spyte daarvan.<\/p>\n<p> Ten midde hiervan klink pres. Jacob Zuma se oproep vir die herlewing van die morele herlewingsaksie met homself aan die spits hol en eerder na \u2018n publisiteitsfoefie om sy tanende beeld te beredder.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/nasosnoe-oborudovanie-f3831868\/\">\u0441\u043b\u0435\u0441\u0430\u0440\u044c \u0440\u0435\u043c\u043e\u043d\u0442\u043d\u0438\u043a \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u043e\u0435 \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62483-pochemu-stoit-hodit-v-priemnye-harkovskih-deputatov-realnaya-istoriya.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe harder die media en die gemeenskapsorganisasies swoeg om die regering uit sy koers van volstruispolitiek te dwing, hoe bitsiger word die teenreaksie. Pas het die minister van Polisie die vakbond Solidariteit verkwalik oor die jongste inisiatief om die misdaadprobleem onder die regering se aandag te bring. Die minister verkwalik die vakbond oor \u2018n dokument\u00ear [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9040],"class_list":["post-7713","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-volstruispolitiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7713","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7713"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7713\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7713"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7713"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7713"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}