{"id":771,"date":"2007-08-18T09:01:38","date_gmt":"2007-08-18T09:01:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=771"},"modified":"2007-08-18T09:01:38","modified_gmt":"2007-08-18T09:01:38","slug":"zimbabwe-raak-dalk-net-te-naby-met-verreikende-gevolge-vir-sa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=771","title":{"rendered":"Zimbabwe raak dalk net te naby &#8211; met verreikende gevolge vir SA"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wanneer dinge drasties verkeerd loop, d.w.s. ten tye van nood, bly daar as laaste hoop &#8216;n land se veiligheidsmagte oor omdat hulle immers uit die volk vir die volk is.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Zimbabwe word die swaardmag bestaande uit die ZCIO (Zimbabwiese Inligtingsdiens) ZNA (Zimbabwe National Army) en ZRP (Zimbabwe Republican Police) kwistig teen die burgery en veral die politieke opponente misbruik.&nbsp; Dit is veral die Zimbabwiese polisie wat sakemanne opsluit omdat di&eacute; nie aangekoopte goedere teen &#8216;n derde van die prys wil verkoop nie, die boere se beeste skiet en wat lustig meedoen aan vergrype teen die burgery.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar wat van Suid-Afrika? Gaan daar nie insgelyks rooi ligte hier aan nie? Is daar parallelle te trek m.b.t. die aanwending en wanaanwending van die SA Veiligheidsmagte suid van die Limpopo?&nbsp; Inderdaad, in veral die SAPD se geval gewis en graag lig ek toe:<\/span><\/p>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Onregmatige arrestasies normaalweg oor naweke is      aan die orde van die dag &ndash; en deel van TLU-SA se bedreigingsanalise.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Instrumenteel in die ontwapeningsproses van      die burgery is die nuwe vuurwapenwet &ndash; d&iacute;t met 4 miljoen onwettige      vuurwapens vrylik in omloop.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tot      30% van alle polisielede het &oacute;f &#8216;n misdaad- &oacute;f &#8216;n departementele rekord en      is dus direk of indirek by misdaad betrokke.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Subjektiewe      en selektiewe bepaling van sogenaamde prioriteitsmisdaad &ndash; huisbraak behoort      nou ewe skielik tot &ldquo;petty crime&rdquo;.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Brutaliteit ten tye van klopjagte &ndash; gekenmerk      ten tye van &ldquo;Operasie Situnye&rdquo; teen burgerlikes (wyd gerapporteer in die      media).<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&#8216;n Totale gebrek aan reaksie of optrede op voorstelle      en kritiek eie aan eenpartystate.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Viktimisering en misplaaste optrede teen die      burgery.&nbsp; Kommissaris Sengane se      tirade teen die boere wat durf waag om lewe en eiendom te beskerm.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dreigemente van arrestasie teen boere wat      onwettige Zimbabwi&euml;rs in hegtenis neem.&nbsp;      Hy is later tereggewys en gerepudieer deur &#8216;n geregtelike kommisie      asook die komitee vir veiligheid en sekuriteit in die parlement.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Uitreik van boetekaartjies vir die gebruik van      groen ligte\/wit ligte ten tye van buurt- en plaaswagpatrollies.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<ul style=\"margin-top: 0cm\">\n<li style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Blanke polisiereserviste het lustig meegedoen      aan optrede teen die nuwe <em>bedreiging<\/em>      van anti-misdaadvrywilligers met groen en wit ligte op hul voertuie.&nbsp; &#8216;n Faksie wat sterk herinner aan die      hensopper en joiner ten tye van die Anglo-Boereoorlog.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Soos die staat se spreekwoordelike wiele aan die afkom is danksy afwesige leierskap, blinde uitgediende ideologie&euml; en &#8216;n totale gebrek aan onderskeid tussen party en staat, word Jan en alleman toenemend geforseer om alternatiewe te oorweeg.&nbsp; Noem maar op: gebrekkige dienste op munisipale vlak, in staatshospitale, laestandaardopvoeding in skole en natuurlik min beskerming deur die staat met &#8216;n privaatsekerheidsmag bykans 3 maal groter as die SAPD wat verklaar hoekom laasgenoemde deur privaatsekerheidselemente opgepas en bewaak word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat die verval in die SAPD betref, is dit interessant dat daar steeds diegene is wat glo dat die polisiemag deur reserviste gestut kan word en dat mens sodoende <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&lsquo;n<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> langtermynbydrae tot normalisering kan maak.&nbsp; Dog op die hoogste vlakke in die SAPD word openlik erken dat daar geen dissipline, geen dienslewering en gebrekkige vermo&euml; bestaan.&nbsp; Selfs op kommissarisvlakke is die leierselement sodanig gemuilband dat vermo<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&euml; die een na die ander die polisie verlaat en die res doodgewoon ander pad kyk en hoogstens agter &lsquo;n bakhand sinvolle advies gee.&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kortom &#8216;n vis vrot vanaf die kop en geen kunsmatige stutte van watter aard sal &#8216;n wesentlike verskil maak nie.&nbsp; Die ad hoc-oproepe vanaf sekeres om betrokke te raak in &bdquo;die stryd teen misdaad&quot; verteenwoordig &#8216;n omgewing wat kunsmatig deur die owerheid self geskep word as gevolg van swak regering, verwaterde wette en &#8216;n totale gebrek aan dissipline in die bre&euml;.&nbsp; Wat wil jy meer as adj-min. Dirk du Toit op 13 Augustus 2007 aan &#8216;n ho&euml;vlaklandbou-afvaardiging laat blyk met verwysing na onwettige Zimbabwi&euml;rs dat die betredingswet nie meer bestaan sedert die ANC aan bewind gekom het nie?<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Terug na die parallel met Zimbabwe &ndash; die gebrekkige leierskap wat tans ywerig ondersteun word deur &#8216;n klompie reserviste tree vandag op teen anti-misdaadvrywilligers met groen en wit ligte op voertuie, maar m&ocirc;re gaan hulle waarskynlik op die Zimbabwemodel eie besigheidslui wat weier om kammalandprysverlagings toe te pas, arresteer.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">My persoonlike blootstelling aan misdaad, &quot;opgeleide onvermo&euml;&quot; aan SAPD-kant en &lsquo;n totale afwesigheid van politieke wil op regeringsvlak noop my om nie net aan te haal nie maar hartlik saam te stem met die volgende:&nbsp; &quot;For the first time I am beginning to think that Mr. Jacob Zuma is a better bet for president than Mr. Thabo Mbeki&quot; (Andrew Kenny in <em>The Citizen<\/em> op 14 Augustus 2007).<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ten slotte herbevestig ek TLU-SA se standpunt, naamlik om verantwoordelikheid te neem vir eie en gemeenskapsveiligheid.&nbsp; Die ontwikkeling van veiligheidsparaatheid is nie net ingestel op selektiewe stabilisering nie, maar veral op langtermynnormalisering en <em>die daarstel van &#8216;n borswering teen enige avonture vanaf watter oord ook al<\/em>.<\/span><\/p>\n<p>    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Byna haal ek aan: <em>por la razon o la feurza &ndash; by reason or by force<\/em>, of in Afrikaans: met rede of met vermo&euml;.<\/span><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/mal-chiki\/demisezonnaja-odezhda\/brjuki-dzhinsy\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0431\u0440\u044e\u043a\u0438 \u0442\u0435\u043f\u043b\u044b\u0435 \u043d\u0430 \u043c\u0430\u043b\u044c\u0447\u0438\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gideon.JPG\" width=\"110\" height=\"140\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Gebeure noord en suid van die Limpopo die afgelope maand het om &lsquo;n verskeidenheid redes die media, plaaslik en internasionaal gaande gehad.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die redes: &#8216;n Zimbabwe wat danksy diktator Mugabe dramaties aan die ineenstort is en andersyds &#8216;n misplaaste stille diplomasie aan Mbeki se kant wat &#8216;n verskoning vir gebrek aan optrede verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><em>Beeld <\/em>se redaksionele kommentaar op Vrydag 10 Augustus 2007 onder die opskrif &quot;Afwesige leierskap&quot; slaan die spyker op sy kop.&nbsp; Soos met die vloede van 2000 is daar tans weereens geen leierskap, geen plan, geen optrede nie en dit is elkeen vir homself; d&iacute;t terwyl letterlik derduisende hopelose, hulpelose honger mense op Suid-Afrika toesak.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[77],"tags":[811,21092,812],"class_list":["post-771","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c67-gideon-meiring","tag-gideon-meiring","tag-rubrieke","tag-zimbabwe-raak-dalk-net-te-naby-met-verreikende-gevolge-vir-sa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/771","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=771"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/771\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=771"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=771"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=771"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}