{"id":7691,"date":"2010-02-24T08:41:31","date_gmt":"2010-02-24T08:41:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7691"},"modified":"2010-02-24T08:41:31","modified_gmt":"2010-02-24T08:41:31","slug":"howe-moet-regmaak-wat-krom-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7691","title":{"rendered":"Howe moet regmaak wat krom is"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die koppe nog gestamp word oor hoe goed of sleg die grondwet is, het \u2018n paar belangrike hofsake weer laat blyk hoe belangrik dit is dat howe hul politieke onafhanklikheid en juridiese suiwerheid moet behou.<\/p>\n<p> Waarskynlik die ingrypendste hofbeslissing het in die Grondeisehof gekom toe \u2018n gemeenskap se eis op die plase van agt grondeienaars by Koster in Noordwes van die hand gewys is.<\/p>\n<p> Van die belangrikste bevindings is dat die eisers w\u00e9l kompensasie gekry het toe hulle oorspronklik hervestig is, en dat nie hulle of die staat die vermo\u00eb het om kosproduksie vol te hou op die grond wat hulle nou ge\u00ebis het nie.<\/p>\n<p> Omdat alle voormalige grondbesitters \u2018n vorm van kompensasie ontvang het toe hulle hervestig het \u2013 \u2018n feit wat dikwels deur die politici verswyg word \u2013 sal hierdie saak \u2018n bepaalde impak h\u00ea. Die toets is dus nou of die kompensasie billik en redelik was, en nie dat hulle verskuif is nie.<\/p>\n<p> Hierdie uitspraak volg kort op nog \u2018n saak, di\u00e9 keer uit KwaZulu-Natal, waar die huidige eienaars \u2018n navorser aangestel het om te bewys dat die aanspraakmakers op hul grond geen historiese aanspraak daarop het nie. Di\u00e9 feite is aan die Grondeisekommissaris oorgedra, wat egter halsstarrig \u2018n hofsaak afgedwing en met koste verloor het.<\/p>\n<p> Nog \u2018n rigtinggewende uitspraak is \u2018n hofsaak wat die DA teen die Matjhabeng by Welkom met koste gewen het. Di\u00e9 hofsaak spruit uit \u2018n mosie van wantroue, waarvoor die ANC \u2018n stemming met die wys van hande afgedwing het, in plaas van \u2018n geheime stemming soos die DA op geregtig was. Nou gaan die DA sy sin kry.<\/p>\n<p> Die uitvoerende burgemeester, Mathabo Leeto, was al verskeie kere weens omstredenhede in die nuus. Sommer gou na haar aanstelling het \u2018n herrie losgebars nadat haar dogter van die skool huis toe geneem is in \u2018n brandweerwa.<\/p>\n<p> Hierna is verbeterings van R1,5 miljoen aan haar huis van R70 000 aangebring, en kort hierna het sy aan die minister ges\u00ea sy was onbewus van die stad se rioolprobleme. Dit, terwyl Mathabeng waarskynlik die enigste munisipaliteit in die land is waar amptenare krimineel tereg staan weens versuim met rioolwerke.<\/p>\n<p> Ten slotte het die Grondwethof beslis slagoffers van misdade wat uit die politieke geweldpleging spruit waaroor die Waarheids- en Versoeningskommissie beheer gehad het, inspraak moet h\u00ea by beslissings oor presidensi\u00eble kwytskelding.<\/p>\n<p> Hierdie uitspraak kan op verskeie maniere vertolk word, veral in die lig daarvan dat talle weens hul politieke verbintenisse nooit vervolg is nie, al het hulle ook nie om vrywaring aansoek gedoen nie.<\/p>\n<p> Weens die kategorie-beperking sal dit ook nie verhinder dat misdadigers steeds potensieel kwytskelding in ruil vir gunsies of politieke lojaliteite kan kry nie. Inspraak deur die slagoffers sou so iets in \u2018n mate kon rem.<\/p>\n<p> Teen hierdie agtergrond maak dit sin dat Afriforum \u2018n regsfonds op die been bring, die burgerregtefonds, om die regering oor onregte in die howe te kan pak. Dit is veral verblydend dat die fonds in \u2018n japtrap reeds \u2018n halfmiljoen rand kon bymekaar maak. Boonop het Afriforum reeds die reputasie verwerf dat dit sake met koste wen, en so sal verseker dat die fonds ook nie sommer uitgeput sal word nie.<\/p>\n<p> Maar, dan moet die onafhanklikheid van die regbank ten ale koste beskerm word. <\/p>\n<p> Ongelukkig blyk dit dat die ander wigte en teenwigte, soos die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie, veel te wense oorlaat. Die howe is die laaste linie teen meerderheidsdiktatuur en om te verseker dat die regering in algemene belang regeer soos wat demokratiese beginsels vereis. Ongelukkig beteken dit dat die uitvoerende gesag se jagseisoen op die howe se onafhanklikheid oop is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/book-of-fortune\">Book of Fortune<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die koppe nog gestamp word oor hoe goed of sleg die grondwet is, het \u2018n paar belangrike hofsake weer laat blyk hoe belangrik dit is dat howe hul politieke onafhanklikheid en juridiese suiwerheid moet behou. Waarskynlik die ingrypendste hofbeslissing het in die Grondeisehof gekom toe \u2018n gemeenskap se eis op die plase van agt &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7691\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Howe moet regmaak wat krom is&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[9004,4946,4111,6104],"class_list":["post-7691","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-grondeisehof","tag-grondhervorming","tag-landbou","tag-noordwes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7691","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7691"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7691\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7691"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7691"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7691"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}