{"id":7684,"date":"2010-02-23T13:07:40","date_gmt":"2010-02-23T13:07:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7684"},"modified":"2010-02-23T13:07:40","modified_gmt":"2010-02-23T13:07:40","slug":"malema-en-ons-wanbegrip-oor-die-politiek-van-plundery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7684","title":{"rendered":"Malema en ons wanbegrip oor die politiek van plundery"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Daar woed tans \u2018n groot storm oor Julius Malema se miljoene, wat hy  uit sy tenderpreneurskap \u201cverdien\u201d het.  Al wat \u2018n koerant is dra dit as  voorbladnuus, en ek is seker dat daar in die komende weke groot gewag  gemaak gaan word hiervan deur al wat \u2018n redakteur en briefskrywer aan \u2018n  koerant is. Di\u00e9 ontstokenheid spreek egter myns insiens van \u2018n  fundamentele gebrek aan begrip oor die ware aard van politiek op hierdie  vasteland. Diegene wat ontstoke is oor Malema se miljoene, verstaan  duidelik nie wat ons op onsself losgelaat het met 1992 se referendum  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politiek is maar \u2018n morsige spulletjie, selfs in Westerse lande. Daar  is oral rugstekery, gekonkelry en oneerlikheid. Nietemin is daar in die  meeste Westerse demokrasie\u00eb ten minste \u2018n voorge\u00ebry dat dit gaan  daaroor om die land te verbeter, of om die land se bevolking tot diens  te wees.  In \u2018n Westerse demokrasie verwag die kiesers weliswaar dat  daar vuilspel sal wees, maar as die vuilspel te erg is, soos met die  Watergate-skandaal, word die regerende party in die volgende verkiesing  uitgestem. Sodoende is daar minstens sprake van toerekeningsvatbaarheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bogenoemde toerekeningsvatbaarheid en \u2018n voorgee dat dit sou gaan om  dienslewering aan die publiek, bestaan egter nie in Afrika nie.  Afrika-politici pleeg politiek met een, en slegs een, doel voor o\u00eb: dit  gaan oor plundery. Politieke mag beteken bloot toegang tot geleenthede  om die land se rykdom te plunder. Dit gaan allermins oor die verbetering  van die samelewing. Die kiesers verstaan laasgenoemde baie goed. Daarom  sal hulle klippe gooi oor swak dienslewering, maar dan in die volgende  verkiesing soos tropdiere vir die regerende party stem. Die  Afrika-kieser verstaan wat baie van ons Westerlinge nie verstaan nie:  die betogende kieser in Balfour wil nie die ANC ontset nie. Hy wil self  \u2018n raadslid word, sodat hy ook sy beurt kan kry om te plunder.  Selfs  Sint Mandela, daardie heilige van die liberalis, het deelgeneem aan di\u00e9  plundery. Hoe anders het Mandela aan sy rykdom gekom? Waar kom sy  stigting aan sy geld? Hoe bekostig hy sy verskeie huise en hou hy sy  lewensstyl vol? Hy was slegs vir vier jaar lank president, en het in  daardie tydperk sowat \u2018n miljoen rand per jaar aan salaris verdien. Dis  kwalik \u2018n fortuin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema is dus niks indien nie verteenwoordigend van die  Afrika-politikus se inherente aard nie. Sy organisasie, die ANCYL, maak  al lankal gebruik van die geleenthede tot plundery wat hul politieke mag  hulle bied. Dikwels heul Westerlinge en Westerse maatskappye met die  plunderaars om hul doelwitte te bereik. Oliemaatskappye betaal  omkoopgeld aan politici in Nigeri\u00eb en Angola. \u2018n Blanke sakeman en  beweerde rampokker, Brett Kebble, het glo miljoene aan die ANCYL  geskenk, sodat Kebble politieke gunste by laasgenoemde kon bekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derhalwe hoort die nuutste \u201conthullings\u201d oor Malema se rykdom niemand  te verbaas nie. Natuurlik is hy ryk \u2013 hy is immers \u2018n Afrika-politikus.  Die feit dat diegene wat onstoke is oor sy rykdom hulself opwerk,  spreek bloot van \u2018n opperste na\u00efewiteit en \u2018n grootskeepse gebrek aan  begrip oor Afrika se <a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\/?p=1350\">politiek  van plundery<\/a>, en waaroor die \u201cdemockracy\u201d eintlik in Afrika gaan.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/pazly\">\u043f\u0430\u0437\u043b\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar woed tans \u2018n groot storm oor Julius Malema se miljoene, wat hy uit sy tenderpreneurskap \u201cverdien\u201d het. Al wat \u2018n koerant is dra dit as voorbladnuus, en ek is seker dat daar in die komende weke groot gewag gemaak gaan word hiervan deur al wat \u2018n redakteur en briefskrywer aan \u2018n koerant is. Di\u00e9 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7684\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Malema en ons wanbegrip oor die politiek van plundery&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[4112,6685,2300,8994,8995,21092,2242,8996,8997],"class_list":["post-7684","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-afrika","tag-julius-malema","tag-korrupsie","tag-malema-en-ons-wanbegrip-oor-die-politiek-van-plundery","tag-plundery","tag-rubrieke","tag-suid-afrika","tag-swart-politiek","tag-tenderpreneur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7684","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7684"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7684\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7684"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7684"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7684"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}