{"id":7679,"date":"2010-02-23T12:35:49","date_gmt":"2010-02-23T12:35:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7679"},"modified":"2010-02-23T12:35:49","modified_gmt":"2010-02-23T12:35:49","slug":"oliebron-van-alle-kwaad-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7679","title":{"rendered":"Oliebron van alle kwaad"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Britse olie-eksplorasie in die see by die Falklandeilande het Argentini\u00eb as aanspraakmaker op di\u00e9 eilande opnuut die harnas in. Di\u00e9 keer het Argentini\u00eb ook die steun van bykans alle Latyns-Amerikaanse lande, en die Argentynse pers bespiegel dat die saak \u2018n draai in die w\u00eareldhof in Den Haag kan maak.<\/p>\n<p> Volgens die Argentyne erken die VN die status van die eilande as \u201cdispute gebied\u201d en daarom mag niks gedoen word om die status aan te tas alvorens die saak bereg is nie. In wese kom dit daarop neer dat Argentini\u00eb meen die Britte moenie toegelaat word om potensi\u00eble rykdomme in te palm, terwyl dit later kan blyk dat dit eintlik Argentynse olie is nie.<\/p>\n<p> Brittanje, weer, meen hul aanspraak op die eilande is bo dispuut verhewe.<\/p>\n<p> Maar is die saak so eenvoudig? Het die Argentyne \u2018n geldige aanspraak op die Islas Malvinas soos die Argentyne hierna verwys.<\/p>\n<p> Die ironie is dat die Argentynse naam van Franse herkoms is. Dit is afgelei van \u2018n agtervoegsel vir die Bretonse hawe Saint Malo, nadat die Franse in 1764 \u2018n kolonie aan die oostekant gestig het.<\/p>\n<p> \u2018n Jaar later, onbewus van die Franse teenwoordigheid, het \u2018n Britse ondekkingsreiseger die gebied besoek en namens Brittanje daarop aanspraak gemaak. In 1766 is \u2018n Britse nedersetting by Port Egmont opgerig.<\/p>\n<p> Ook in 1766 het die Spaanse en Britse vlote, wat beide gestuur is om soewereiniteit oor die strategiese eilande oor te neem, byna aan mekaar gespring. Die Franse het ingestem om ten gunste van Spanje die gebied te verlaat, en kompensasie is aan die Franse betaal.<\/p>\n<p> Die Britte het egter in Port Egmont aangebly tot hulle in 1776 die eiland tydelik verlaat het, maar dit duidelik gemaak het dat hulle steeds aanspraak maak op die gebied.<\/p>\n<p> Spanje het die eilande tot 1811 vanuit Buenos Aires geregeer. Onder Napoleontiese druk en die Suid-Amerikaanse onafhankliheidstryd het Spanje aan die eilande onttrek, maar ook nie sy aanspraak laat vaar nie.<\/p>\n<p> In 1820 is namens die Verenigde Provinsies van die Rio de la Plata (voorloper van Argentini\u00eb) op die eilande aanspraak gemaak.<\/p>\n<p> In 1833 \u2018n Britse oorlogskip opgedaag en aangedring dat die Argentynse vlag gestryk, en met die Britse vlag vervang word. Die Argentyne moes padgee omdat hulle nie ter see teen die Britte opgewasse was nie. Brittanje het die eilande eers in 1841 formeel gekoloniseer.<\/p>\n<p> Nou, ongeveer 30 jaar nadat die Argentyne kortstondig die Islas Malvinas by die Britte afgeneem en opnuut deur die Britse seemag verjaag is, is die vet weer behoorlik in die vuur.<\/p>\n<p> Die ironie is dat die Falklandeilande voor kontinentale drywing eerder deel van die Afrika-kontinent uitgemaak het, en ongeveer teenoor Plettenbergbaai gele\u00eb was.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">casino slots games free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Britse olie-eksplorasie in die see by die Falklandeilande het Argentini\u00eb as aanspraakmaker op di\u00e9 eilande opnuut die harnas in. Di\u00e9 keer het Argentini\u00eb ook die steun van bykans alle Latyns-Amerikaanse lande, en die Argentynse pers bespiegel dat die saak \u2018n draai in die w\u00eareldhof in Den Haag kan maak. Volgens die Argentyne erken die VN &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7679\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Oliebron van alle kwaad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[8989,4905,8988,8987,8990,5049],"class_list":["post-7679","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-argentinie","tag-brittanje","tag-falklande","tag-falklandeilande","tag-las-malvinas","tag-olie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7679","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7679"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7679\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7679"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7679"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7679"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}