{"id":7666,"date":"2010-02-22T08:00:05","date_gmt":"2010-02-22T08:00:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7666"},"modified":"2010-02-22T08:00:05","modified_gmt":"2010-02-22T08:00:05","slug":"cheetahs-soek-nog-die-hoer-rat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7666","title":{"rendered":"Cheetahs soek nog die ho\u00ebr rat"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Na die Cheetahs die Haaie in Durban op dro\u00eb grond uitgesleep het, wil-wil \u2018n mens begin glo die hartlandspan begin na sy potensiaal speel. Op papier het die Cheetahs immers sy beste span in jare.<\/p>\n<p> \u2018n Paar sake krap egter steeds na twee wedstryde. Teen die Bulls het die Cheetahs min, veral takties, geskop, maar die paar keer wat die stewel ingel\u00ea is was daar kort hierna gewoonlik \u2018n drie vir die Bulls op die telbord.<\/p>\n<p> In plaas van om die probleem uit te stryk, het die Cheetahs teen die Sharks skraps balbesit met mamparraskoppe gaan wegsool, maar gelukkig had die Sharks self \u2018n afdag met taktiese skopwerk, en kon Riaan Viljoen van sy eie halfgebied deurdraf om \u2018n skitterende, deurslaggewende drie te gaan druk.<\/p>\n<p> Nadat die Cheetahs laat in die vorige seisoen amok in die skrums gemaak het, is wyd verwag dat die Cheetah-voorhoede vanjaar ook \u2018n stewige skrum-platform sou skep, en die opponente se voorhoedes tot loodvoetigheid sou skrum.<\/p>\n<p> Dit het egter nog nie vanjaar gebeur nie. Teen die Bulls is die Cheetahs selfs in die skrums onder druk geplaas en moes die vernedering van \u2018n strafdrie smaak.<\/p>\n<p> Hoewel die Cheetahs teen die Bulls \u2018n gevoelige tuisneerlaag gely het, is verskeie kenners dit eens dat die Cheetahs net sowel hierdie wedstryd kon gewen het as \u2018n ander skeidsregter aan diens was. Die ander kant van die munt is egter dat die Cheetahs se verdediging hulle gruwelik in die steek gelaat het \u2013 \u2018n sakie wat teen die Sharks reggestel is.<\/p>\n<p> \u2018n Probleem waarmee die Cheetahs opgesaal sit, is dat die Oos-Kaapse bedryfsreg nou sy stem begin dik maak om tot die Super-reeks toegelaat te word, en soos sake nou staan, sal dit ten koste van \u2018n ander Suid-Afrikaanse span moet wees. Hierdie Oos-Kaapse druk sal waarskynlik na afloop van die Fifa-toernooi sterker word wanneer die politici \u2013 wat die Oos-Kaapse bedryfsreg sterk steun \u2013 nie meer die swaard van sanksie teen politieke inmenging in sport voel nie.<\/p>\n<p> Dit is dus in die Cheetahs se belang om sy lyf skaars te hou in hierdie \u201crelegasiesone\u201d \u2013 ook volgende jaar wanneer die Oos-Kaapse aanslag na verwagting in volle felheid sal losbars. Hoe beter die Cheetahs vanjaar in die Super 14 en die Curriebeker vaar, hoe beter is die kanse dat hy uiteindelik sy sterspelers sal kan behou. Die druk is eintlik dubbel op die Cheetahs, aangesien die rugbybase baie moeilik \u2018n ander Suid-Afrikaanse Super-14-span in die stof sal laat byt.<\/p>\n<p> Om sy stem in die reeks dik te maak sal die Cheetahs weer hul towerformule in die skrums moet vind, aanslane agterlangs moet beperk, seker maak hul taktiese skoppe word nie aanvalsplatvorms vir die opponente nie, en nie weer \u2018n verdegingsinsinking soos teen die Bulls beleef nie.<\/p>\n<p> Die spelers is daar \u2013 hulle sal net in hulself en hul spanmaats moet glo.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/lutchii-podarok-dlya-malchika-igrushka-chelovek-pauk\">\u0447\u044d\u043b\u043e\u0432\u044d\u043a \u043f\u0430\u0443\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na die Cheetahs die Haaie in Durban op dro\u00eb grond uitgesleep het, wil-wil \u2018n mens begin glo die hartlandspan begin na sy potensiaal speel. Op papier het die Cheetahs immers sy beste span in jare. \u2018n Paar sake krap egter steeds na twee wedstryde. Teen die Bulls het die Cheetahs min, veral takties, geskop, maar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[2897,4811,8971,21114],"class_list":["post-7666","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-bulle","tag-bulls","tag-cheetas","tag-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7666","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7666"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7666\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7666"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7666"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7666"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}