{"id":7661,"date":"2010-02-22T05:52:10","date_gmt":"2010-02-22T05:52:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7661"},"modified":"2010-02-22T05:52:10","modified_gmt":"2010-02-22T05:52:10","slug":"herrie-se-kerrie-polisiehond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7661","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Polisiehond"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/polisiehond.jpg\" border=\"0\" width=\"168\" height=\"141\" \/>Deesdae, so lyk dit vir Herrie, is die term \u201cpolisiehond\u201d ook nie meer heeltemal wat dit was nie.<\/p>\n<p> Langenhoven het in \u2018n hekelgediggie al geskryf oor die polisiehond wat die inbreker agtergenagesit het, en in sy gedagtes sien Herrie \u2018n Duitse Herdershond, of te wel, \u2018n wolfhond, flink op die spoor.<\/p>\n<p> Net nie \u201cAlsatian\u201d soos die Engelse dit verander het nie net omdat hulle met die Duitsers in \u2018n oorlog gewikkel was. So moeilik was die Engelse met die Duitsers, dat die Huis van Hanover verengels is na \u201cHouse of Windsor.\u201d Selfs Queen Victoria se huistaal was glo eintlik Duits.<\/p>\n<p> Maar terug na die honde. Een aand by die polisie\u00ebringsforum-vergadering daag die bekende taalkundige, Corlietha Swart, met haar hond Polka op. Sy het van die vergadering vergeet, en eers onthou toe sy daar verbydraf. Daar is toe nie ander genade nie, sy moet maar vra of die hond kan saam vergadering hou, en Herrie s\u00ea dis goed so, nou is Polka sommer \u2018n polisiehond ook.<\/p>\n<p> Polka het na \u2018n rukkie belangstelling verloor, op sy sy gaan l\u00ea, en na \u2018n ruk stewige snorke weggepak. Presies net soos die sersant in sy kantoor wat herrie laas oor iets moes gaan spreek het.<\/p>\n<p> Die polisie gebruik lank ook nie meer net Duitse Herdershonde nie, en verskillende soorte word vir verskillende funksies ingespan, soos dwelms in tasse op lughawens uitsnuffel.<\/p>\n<p> Tog, so lyk dit vir Herrie, is dit nie net die polisie wat van honde gebruik maak nie. Misdadigers maak ook so soos di\u00e9 foto van vriend Hennie bewys.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0438\u0433\u0440\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1155993.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deesdae, so lyk dit vir Herrie, is die term \u201cpolisiehond\u201d ook nie meer heeltemal wat dit was nie. Langenhoven het in \u2018n hekelgediggie al geskryf oor die polisiehond wat die inbreker agtergenagesit het, en in sy gedagtes sien Herrie \u2018n Duitse Herdershond, of te wel, \u2018n wolfhond, flink op die spoor. Net nie \u201cAlsatian\u201d soos &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7661\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Polisiehond&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7660,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[8017,8966],"class_list":["post-7661","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen","tag-herrie-se-kerrie","tag-polisiehond"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7661","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7661"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7661\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7660"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7661"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7661"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7661"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}