{"id":7650,"date":"2010-02-20T14:09:43","date_gmt":"2010-02-20T14:09:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7650"},"modified":"2010-02-20T14:09:43","modified_gmt":"2010-02-20T14:09:43","slug":"nederland-regeringloos-wat-nou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7650","title":{"rendered":"Nederland regeringloos. Wat nou?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/denhaag_statengeneraal.jpg\" border=\"0\" alt=\"Die Nederlandse parlement, oftewel die State-Generaal aan die Hofvijver, Den Haag\" title=\"Die Nederlandse parlement, oftewel die State-Generaal aan die Hofvijver, Den Haag\" \/>Saterdagoggend 20 Maart 2010 word Nederlanders wakker sonder \u2018n regering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Middernagtelike gesprekke tussen die koalisievennote waar die kerse tot stompies gebrand het, het uiteindelik dadels opgelewer. Verskille oor die oorlog in Afghanistan is op die spits gedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken die <a href=\"http:\/\/www.nrc.nl\/buitenland\/article2488694.ece\/Val_kabinet_ook_groot_nieuws_in_buitenland\">einde<\/a> van die premier, Jan-Peter Balkenende se vierde kabinet kort voor di\u00e9 kabinet sy derde verjaarsdag sou vier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide Balkenende se Christen-Demokratiese App\u00e8l en die kleiner ChristenUnie van visepremier Andr\u00e9 Rouvoet is teleurgesteld dat die haakplek met die Partij van de Arbeid (PvdA) nie uitgepluis kon word nie. Die CU het bykans dadelik \u2018n spesiale nuusbrief uitgestuur om sy \u201cverdrietigheid en beskaamdheid\u201d uit te spreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Rukkie later, met koerante wat straat toe gaan, was die moue reeds opgerol. Rouvoet het reeds aangedui dat sy party gereedmaak vir \u2018n verkiesing \u2013 en dit is met groot entoesiasme deur Geert Wilders, die Nederlanders se wildeman van die politiek verwelkom. Sy party doen in peilings besonder goed, en het selfs al \u2018n slag as tweede gewildste party uit \u2018n peiling getree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Balkenende, lui die berigte bloot, is onderweg na die Koningin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat gewoonlik gebeur is dat die vorstin \u2018n \u201crapporteur\u201d aanwys wat met verskillende partye beraadslaag om \u2018n koalisie te probeer vorm. Wanneer dit blyk dat potensi\u00eble koalisievennote gevind is, begin samesprekings wat Kodesa na \u2018n teeparty laat lyk, met lywige beleidsdokumente wat die koalisie moet rig. In die proses kan die kiesers ten opsigte van sekere beleidsrigtings weinig sien van dit waarvoor hulle gestem het. Terwyl beide die CDA maar veral die CU erg gekant is teen aborsie op aanvraag, het dit nie deel van die koalisiebeleidsokumentasie uitgemaak nie omdat almal by voorbaat geweet het die PvdA sou hierteen vasskop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nederlandse koerante gaan egter baie yl om met bespiegelings van wat nou voor die deur l\u00ea. Dit is \u2018n vroe\u00eb waarskuwing aan buitelanders om nie te probeer bespiegel nie, omdat, soos die Nederlandse pers dit stel, die Nederlandse politiek vir buitestanders hopeloos te skisofrenies voorkom om intelligente raaiskote te kan waag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal vir buitestanders byvoorbeeld moeilik wees om te verstaan hoe dit moontlik kan wees dat die ChristenUnie en die PvdA voor hulle in die regerende koalisie opgeneem is, dikwels nouer onderling saamgewerk het, as wat die CU byvoorbeeld met die CDA saamgewerk het. \u2018n Goeie voorbeeld was \u2018n projek om Walletjies \u201cop te ruim.\u201d (Dit behels die opspoor van die prostitute en vasstel wie in effek ontvoer is, opleiding tot alternatiewe te bied, en repatriasie vir diegene wat na hul lande van herkoms wou terugkeer).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat handelsondae betref, sal die CU en die CDA egter weer dikwels in \u2018n populariteitskompetisie betrokke wees om te kyk hoe min hiervan gewettig sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van buite geoordeel, lyk dit tog of die CDA en die CU se drie jaar saamtrek in \u2018n koalisie nouer bande opgelewer het. Die sterk werksetiek van die CU is stellig \u2018n bate, maar dit is ook so dat die CDA figure soos Marja van Bijsterveldt oplewer wat in aanslag en houding baie nader aan die CU l\u00ea as haar eie party. Dit is egter ook so dat sekere verwikkelinge die afgelope aantal jare Balkennde van \u2018n effektiewe swye oor godsdienssake, veel meer verbaal hieroor laat word het \u2013 aanvanklik by jeugsaamtrekke, maar later ook elders, tot hy as hoofspreker by die amptelike Calvyn-500 herdekingsbyeenkoms as vurige Calvinis ontpop het wat van kindsbeen af aan die inhoud van talle Calvyn-boeke in sy ouerhuis blootgestel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop het nog konserwatiewer Christen- \/ Gereformeerde partytjies onlangs ook langlippie teenoor die CU begin trek, wat die hande losser maak om nouer met die CDA saam te werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oog af, maar op die gevaar af om die Nederlandse politiek se \u201cskisofrenie\u201d gruwelik mis te tas, lyk dit of \u2018n nuwe Kabinet \u2013 met of sonder \u2018n verkiesing \u2013 steeds die CDA en die CU sal insluit. Hoe die res daaruit sal sien, sal waarskynlik afhang of daar \u2018n verkiesing gaan wees of nie. Na \u2018n verkiesing kan die onwaarskynlike moontlik onvermydelik wees \u2013 Geert Wilders in die kabinet, en heel waarskynlik as \u2018n visepremier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir lande soos Turkye en Marokko sal dit wees soos Duitsland se verkiesing van Hitler deur die Jode ervaar is. Maar dalk \u2013 dalk het Wilders soos sy land se politiek genoeg dualisme in hom om as regeerder ook \u2018n makker sy te openbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dalk, net dalk, meen die PvdA dat hy saam met die Sosialiste en ander linkse partye \u2013 party vreemder as die werklikheid \u2013 genoeg steun bymekaar kan hark om \u2018n linkse regering te vorm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dan sal Nederland erg uit pas met sy bure wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">online slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdagoggend 20 Maart 2010 word Nederlanders wakker sonder \u2018n regering. Middernagtelike gesprekke tussen die koalisievennote waar die kerse tot stompies gebrand het, het uiteindelik dadels opgelewer. Verskille oor die oorlog in Afghanistan is op die spits gedryf. Dit beteken die einde van die premier, Jan-Peter Balkenende se vierde kabinet kort voor di\u00e9 kabinet sy derde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7650\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nederland regeringloos. Wat nou?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7649,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[8936,8937,162,8935,6925,8934],"class_list":["post-7650","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-andre-rouvoet","tag-geert-wildersm","tag-internasionale-nuus","tag-jan-peter-balkenende","tag-nederland","tag-nederland-regeringloos-wat-nou-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7650","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7650"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7650\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7649"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7650"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7650"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7650"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}