{"id":7648,"date":"2010-02-20T13:59:41","date_gmt":"2010-02-20T13:59:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7648"},"modified":"2010-02-20T13:59:41","modified_gmt":"2010-02-20T13:59:41","slug":"blankes-kan-die-anc-se-marionetmeesters-teiken","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7648","title":{"rendered":"Blankes kan die ANC se marionetmeesters teiken"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Baie witmense, ekself inkluis, is geneig om die ANC te blameer vir  meeste dinge wat verkeerd loop in Suid-Afrika. Dis meestal geldig. Die  ANC is inderdaad korrup, onbevoeg, misdadig en hopeloos daarmee om \u2018n  land te bestuur. Die groot meerderheid blankes is insgelyks gatvol vir  staatsrassisme soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee gebeurtenisse die afgelope week het my egter bietjie maak  nadink: minister Gordhan se begrotingsrede, asook The Times se berig oor  Malema se <a href=\"http:\/\/www.timeslive.co.za\/local\/article315746.ece\">\u201converklaarbare\u201d  rykdom<\/a> (let op die aanhalingstekens.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gordhan se toespraak was eintlik \u2018n merkwaardige een. Onthou dat Zuma  se presidentskap \u2018n maaksel van die linkses was; die SAKP en Cosatu.  Nietemin gaan Gordhan en hou hy die skip op presies dieselfde ekonomiese  koers as wat onder Mbeki gegeld het. Cosatu is woedend daaroor. Dis  verraad, <a href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Content\/Suid-Afrika\/Nuus\/1708\/a85723c4ad994d119d49ec6fa89c79e2\/19-02-2010-04-44\/Vakbonde_wil_regering_kaalvuis_pak_oor_beleid_\">skree  die linkses<\/a>. Hulle is ontnugter met \u201chulle\u201d president Zuma. Al wat  ek hierop kan s\u00ea is dat die linkses bitter, bitter na\u00efef is, en ek  beveel Niccol\u00f2 Machiavelli se \u201c<em>Die Prins<\/em>\u201d vir hulle aan as  verpligte leesstof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die bogenoemde berig in <em>The Times<\/em> lees mens dat Malema  glo slegs R20 000 per maand verdien, maar twee luukse huise, \u2018n  Breitling-horlosie en verskeie duur motors besit. The Times is amper net  so verbaas soos Cosatu. Waar kom Malema tog aan sy rykdom, maak The  Times of hulle wonder? Asseblief! Spaar ons die hoogheiligheid. Die  liberale pers in Suid-Afrika weet bitter, bitter goed waar Malema se  befondsing vandaan kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord op beide raaisels is natuurlik nie heeltemal so moeilik  om te bedink nie. Maak soos Thabo Mbeki se broer, Moeletsi, in sy boek <em>Architects  of Poverty<\/em> oor hierdie onderwerp, volg bloot die geld, en vra die  voor-die-hand-liggende vraag: Wie befonds die ANC? Wie slaat die kitaar  wat diegene wat saakmaak in die ANC maak dans?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wenk: die rampokker, Brett Kebble, het miljoene aan Malema se ANCYL  geskenk. Nog \u2018n wenk: iemand is steeds besig om aan Malema geld te  verskaf. Malema se uitlatings is bloot daar om die onnosel massas te  paai. Die ANC sal hom nie stilmaak nie, want dit pas hulle dat hy sy  populistiese retoriek spu, terwyl sy lewensstyl ten hemele skrei dat  Malema nie \u2018n woord van sy eie retoriek glo nie. Iemand het vir Zuma ook  bygekom (byna nes Zuma bykans alle swart vrouens in die land tussen 18  en 80 al bygekom het), en in sy oor gefluister dat \u2018n swaai na links in  terme van ekonomiese beleid nie die aangewese ding sou wees nie. In wie  se belang sou dit wees vir Zuma om sy linkse bondgenote van 2007 uit te  verkoop?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis weer eens nie te moeilik om dit te bedink nie. Die  marionetmeesters in beheer van die ANC is uiteraard die groot  sakebelange in Suid-Afrika, veral daardie ondernemings wat, durf ek dit  skryf, deur Joodse en Engelse sakemanne besit word. Dis egter nie slegs  die Jode en Engelse nie. Gisteraand is die nuwe kanselier van die  Universiteit van Stalinbos, Johann Rupert, hand om die blaas met  kameraad Blade Nzimande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is selfs nie vergesog om te s\u00ea dat Kodesa \u2018n weerligafleier was  nie. Die onderhandelinge wat werklik saak gemaak het, het waarskynlik  oor \u2018n glas whisky of ses (Blue Label, natuurlik) in een of ander  Sandtonse klub or restourant plaasgevind, met die ANC aan die een kant,  en die Oppenheimers en Ruperts aan die ander. Tydens daardie  onderhandelinge is daar ooreengekom dat kaders met die regte  verbintenisse bemagtig sou word, sodat Tokyo Sexwale en kie goue trone  in hul badkamers kon installeer. In ruil hiervoor sou die groot  sakemanne se bates nie gestroop of genasionaliseer word nie. In hierdie  opsig is Malema se warm lug oor die nasionalisering van die myne gevul  met skreeusnaakse ironie. Die rampokker wat hom en sy maatjies befonds  het, was die deeltydse mynmagnaat, Brett Kebble.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek hierbo geskryf het, is hierdie nie juis \u2018n aardskuddende  onthulling nie, en het Moeletsi Mbeki die geheul tussen die Oppenheimers  en die ANC lankal reeds gestriem in sy boek. Wat ek wel meen is dat ons  wat aan die ontvangkant van regstellende aksie en SEB is, bietjie buite  die kassie moet dink. Want sien, buiten vir die staatsdiens, is dit  mense wat net so wit soos ek en jy is, wat teen ons diskrimineer. Dis  nie gesiglose Jimmy Manyi\u2019s nie. Dis daai direkteure in die hoekkantore  in j\u00f3\u00fa werkgewer se gebou wat die agente is van die ANC. Dis h\u00falle wat  regstellende aksie deel van jou maatskappy se beleid gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle sal hulself uiteraard verontskuldig en agter die ANC se  rassistiese wetgewing skuil, maar di\u00e9 verskoning gaan nie op nie.  Verskeie maatskappye het onttrek uit die vorige Suid-Afrika op grond van  besware teen die destyds rassewette. Waarom is die ANC se rassistiese  wette nou skielik aanvaarbaar vir hierdie maatskappye? Dit spreek van  dubbele standaarde vir General Motors om Suid-Afrika in die ou dae te  boikot, maar vandag wanneer \u2018n swart regime rassisties teenoor wittes  optree, niks daarmee verkeerd te sien nie. \u2018n Rassistiese wet bly \u2018n  rassistiese wet, al het hy \u2018n pragtige, positiewe naam soos reg-stelende  aksie. Weer eens: blanke vetkat-sakemanne het met die ANC geheul om jou  en my kinders bloot te stel aan regstellende aksie. Blanke  sake-eienaars se geheime ooreenkomste het gesorg dat jou blanke  onderneming nie kan meeding sonder swart passasiers aan boord nie. Nicky  Oppenheimer en Johann Rupert se kinders kan oorsee gaan studeer as  hulle nie plek kry by die mediese fakulteit in SA nie, maar joune en  myne nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blankes het nie die getalle om die land onregeerbaar te maak soos wat  die ANC se binnelandse vleuel, die UDF, in die jare tagtig gemaak het  nie. Ons hoef egter nie so te maak nie. As ons werklik kwaad genoeg is  oor regstellende aksie en SEB, en die politieke wil het, behoort ons  myns insiens die marionetmeesters te teiken. Moet ons wat besware het  teen die Nuwe Suid-Afrika nie daaraan begin dink om \u2018n vakbond te stig  nie? Ek besef Solidariteit is reeds daar, maar te oordeel aan hulle  uitsprake, is hulle NSA-entoesiaste en twyfel ek of hulle radikaal  genoeg sal optree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek dink hier aan \u2018n eie, regse, vakbond soos Pole se <a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Solidarity_%28Polish_trade_union%29\">Solidariteit  onder Lech Walesa<\/a>, een met \u2018n baie meer radikale politieke doelwit:  om die ANC se bondgenote te teiken met duidelike politieke doelwitte in  gedagte. Dis presies waarmee Cosatu die ANC tans dreig, terloops.  Solidariteit het die Poolse Kommunistiese Party se lewe hel gemaak, en  regstreeks bygedra tot die val van die kommunisme in 1989. Wat is die  ANC nou in vergelyking met die magtige Sowjet-Unie van weleer? Die slag  as al die blanke kundiges, rekenmeesters, tegnici en ingenieurs staak,  knars Eksdom, Telkom, Anglogold, Impala Platinum en al wat \u2018n groot  onderneming is tot stilstand. Laasgenoemde is diegene wat die agente is  van die ANC. Hulle pas regstellende aksie teen hul mede-blankes toe. Nie  net tree hulle rassisties teenoor hulle mede-blankes op nie, <a href=\"http:\/\/www.wsws.org\/articles\/2004\/apr2004\/safr-a17.shtml\">maar  befonds hulle ook die ANC<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Getalle maak nie saak as jy Eksdom tot stilstand wil dwing nie. Dit  sal slegs \u2018n honderd of wat blanke tegnici en ingenieurs kos wat staak,  en die land is donker. Staak bloot lank genoeg, en welke mynbaas ook al  tans vir Malema befonds, sal noodgedwonge moet ophou, want sy geld sal  op wees. Sulke stakings moet myns insiens beplan word met spesifieke  doelstellings in gedagte, byvoorbeeld die afskaffing van regstellende  aksie en outonome selfregering vir Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom: ek dink nie ons blankes is heeltemal so magteloos as wat ons  dink nie. Mens kan weliswaar vra of daar tans genoeg politieke wil is om  onsself effektief te organiseer, en of blankes bereid is om groot  opofferings te maak, soos om sonder \u2018n salaris te sit as ons staak. Ek  moet bieg dat ek nie dink genoeg van ons is op die oomblik kwaad genoeg  vir die ANC en hul sake-trawante nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gee egter kans. Die slag as dinge regtig in \u2018n Zimbabwiese rigting  begin beweeg, en genoeg van ons begin besef dat ons sal moet plan sien,  kan dinge vinnig verander. Wie weet \u2013 miskien sal die huidige  Suid-Afrikaanse Solidariteit ook besef dat die spel verander het, dat  voortgesette voorge\u00ebry oor die re\u00ebnboognasie geen verdere doel sal dien  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees ook Anton Barnard se woernaal, <a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\/\">SAmizdat<\/a>.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/kompressory-porshnevye-bezmaslyanye-f9821304\/\">\u043f\u043e\u0440\u0448\u043d\u0435\u0432\u043e\u0439 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440 \u0431\u0435\u0437\u043c\u0430\u0441\u043b\u044f\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie witmense, ekself inkluis, is geneig om die ANC te blameer vir meeste dinge wat verkeerd loop in Suid-Afrika. Dis meestal geldig. Die ANC is inderdaad korrup, onbevoeg, misdadig en hopeloos daarmee om \u2018n land te bestuur. Die groot meerderheid blankes is insgelyks gatvol vir staatsrassisme soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Twee gebeurtenisse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7648\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Blankes kan die ANC se marionetmeesters teiken&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[8931,6332,6685,2300,8933,21092,4659,8932,321],"class_list":["post-7648","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-blankes-kan-die-anc-se-marionetmeesters-teiken","tag-cosatu","tag-julius-malema","tag-korrupsie","tag-lech-walesa","tag-rubrieke","tag-solidariteit","tag-the-times","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7648","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7648"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7648\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7648"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7648"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7648"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}