{"id":7647,"date":"2010-02-20T09:44:31","date_gmt":"2010-02-20T09:44:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7647"},"modified":"2010-02-20T09:44:31","modified_gmt":"2010-02-20T09:44:31","slug":"skynheilige-reaksie-op-staatsgreep-in-niger","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7647","title":{"rendered":"Skynheilige reaksie op staatsgreep in Niger"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Is \u2018n staatsgreep om demokrasie te herstel slegter as \u2018n statut\u00eare staatsgreep?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Jacob Zuma het die staatsgreep in Niger gekritiseer omdat die Afrika-Unie die \u201congrondwetlike oordrag van mag\u201d veroordeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiermee is op die oog af nie fout te vinde nie. Die probleem is egter dat die president wat nou uit die kussings gelig is, self sy twee termyne as president uitgedien het waarvoor die grondwet voorsiening maak, en daarna die grondwet en parlement opgeskort het om nog langer aan bewind te bly. Toe die land se grondwethof sy optrede as ongrondwetlik afmaak, het hy sommer die grondwethof ook ontbind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In enige taal het die president dus \u2018n statut\u00eare staatsgreep uitgevoer om aan bewind te bly. Daar is selfs sanksies teen sy land ingestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor maak die mense aan die spits van die jongste staatsgreep daarop aanspraak dat hulle so gou as wat moontlik is, die land se demokrasie wil herstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom is die jongste staatsgreep verkeerd, maar nie die vorige wat die president self uitgevoer het nie? Omdat, soos Zuma dit stel, dit in die tweede geval met die verwisseling van mag gepaard gegaan het?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 vraag is veral relevant nadat pres. Jacob Zuma self die afgelope week in die pers en elders daarvan beskuldig is dat hy sy middelvinger vir die grondwet wys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die grondwet nie te eerbiedig nie, is \u2018n vorm van \u2018n statut\u00eare staatsgreep, en die opskorting van die grondwet is die volledige voltrekking daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is verstaanbaar dat Afrikalande baie senuagtig oor staatsgrepe is. Ook omdat Westerse lande nou hul hulppakette koppel aan die mate van demokrasie wat in \u2018n land geld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Afrika egter regtig \u2018n demokratiese kultuur wil vestig, moet dit net so heftig optree wanneer lande se regeerders hul grondwette skend of opskort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat dit betref, is dit nodig dat die kiesers fyn oplet dat die grondwet hier te lande nie deur die regering ondermyn word nie. Op \u2018n dag kan dit blyk dat Suid-Afrika sy grondwet in effek kwyt is deur wat in Engels \u2018n \u201ccoup by stealth\u201d genoem word. Selektiewe aanstellings op die regbank en die erodering van gemeenskapsregte ter wille van die tirannie van die meerderheid is vroe\u00eb waarskuwingstekens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om demokrasie in Niger te herstel is nie so maklik nie. Die Toearegs, waarskynlik die sterkste oorblywende Berbervolk, is al verskeie jare in verskeie Afrikalande soos Niger en Mali in wisselende vlakke van opstand. Hoe meer minerale rykdomme onder die woestyn ontdek word, hoe opstandiger word die Toearegs wat dikwels hiervan uitgesluit word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die staatsgreepvoerders \u2018n herstel na demokrasie in die vooruitsig stel, kan hulle dit net sowel op \u2018n wyse doen wat die heterogeniteit van die land behoorlik en regverdig ondervang.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/aktivnye-igry\/detskie-palatki\/\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u043f\u0430\u043b\u0430\u0442\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is \u2018n staatsgreep om demokrasie te herstel slegter as \u2018n statut\u00eare staatsgreep? Pres. Jacob Zuma het die staatsgreep in Niger gekritiseer omdat die Afrika-Unie die \u201congrondwetlike oordrag van mag\u201d veroordeel. Hiermee is op die oog af nie fout te vinde nie. Die probleem is egter dat die president wat nou uit die kussings gelig is, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7647\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Skynheilige reaksie op staatsgreep in Niger&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[5165,8917,21092,8929,8919,8930,321],"class_list":["post-7647","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-grondwet","tag-niger","tag-rubrieke","tag-skynheilige-reaksie-op-staatsgreep-in-niger","tag-staatsgreep","tag-toearegs","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7647","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7647"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7647\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7647"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7647"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7647"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}