{"id":7639,"date":"2010-02-19T06:22:30","date_gmt":"2010-02-19T06:22:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7639"},"modified":"2010-02-19T06:22:30","modified_gmt":"2010-02-19T06:22:30","slug":"nzimande-wil-nie-wegdoen-met-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7639","title":{"rendered":"Nzimande wil nie wegdoen met Afrikaans"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die regering het geen begeerte om Afrikaans as \u2019n taal van onderrig weg te doen nie, het dr. Blade Nzimande, minister van ho\u00ebr onderwys, Donderdagaand ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het tydens die inhuldigingseremonie van Johann Rupert as die 14de kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) ges\u00ea die regering se standpunt is nog deurgaans duidelik dat alle amptelike tale in Suid-Afrika, met inbegrip van Afrikaans, as ewe belangrik geag word, soos in die Grondwet gestipuleer.<\/p>\n<p>\u201cOns taalbeleid vir ho\u00ebr onderwys gee erkenning aan Afrikaans as \u2019n taal van geleerdheid en navorsing en stel dit baie duidelik dat di\u00e9 taal as sodanig as \u2019n nasionale bate gehanteer en bewaar moet word.\u201d<\/p>\n<p>Waarteen die beleid wel beswaar maak, is die neiging om Afrikaans as \u2019n hindernis vir toegang vir nie-sprekers daarvan te gebruik.<\/p>\n<p>Nzimande het ges\u00ea die US het al veel bereik in sy pogings om as een van die beste universiteite ter w\u00eareld geag te word, en het transformasiepogings aangewend.<\/p>\n<p>\u201cDaar is egter steeds \u2019n uitdaging om jul inisiatiewe en prestasies te omskep in \u2019n institusionele kultuur wat volledig insluitend, divers en waarlik Suid-Afrikaans is.\u201d<\/p>\n<p>Rupert is in die Endlersaal van die Konservatorium ingehuldig. Die geleentheid is onder andere ook bygewoon deur die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, die minister in die presidensie, Trevor Manuel, en die US se rektor, prof. Russel Botman.<\/p>\n<p>Rupert volg in die voetspore van dr. Frederik Van Zyl Slabbert.<\/p>\n<p>Rupert het nie in sy intreerede op die veelbesproke taaldebat gefokus nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 sakemagnaat en sportweldoener het meer oor die belang van innoverende tegnologie en die toepassing daarvan in tersi\u00eare instellings gepraat.<\/p>\n<p>Volgens hom moet die US streef om die beste te wees, maar fokus behou om te oorleef. \u201cNiemand kan die beste wees met alles nie. Daarom is fokus nodig. D\u00e1n kan besluit word waarin ons die beste sal wees.\u201d<\/p>\n<p>Hy het verwys na die koms van bre\u00ebband-internetverbinding in die Wes-Kaap en die belangrike rol wat dit in onderrig sal speel.<\/p>\n<p>Botman het Rupert opgesom as \u2019n veelsydige mens wat alles verteenwoordig waarvoor die universiteit staan.<\/p>\n<p>\u201cDr. Rupert, jy is \u2019n seun van hierdie stukkie aarde genaamd Stellenbosch. Jy verteenwoordig alles waarvoor hierdie universiteit staan: ons visie, ons waardes en ons onwrikbare geloof in akademiese uitnemendheid.\u201d<\/p>\n<p>Rupert is onder meer voorsitter van Richemont, VenFin en Remgro.<\/p>\n<p>Hy het as jong man ekonomie en maatskappyereg aan die US gestudeer, maar dit laat vaar vir \u2019n sakeloopbaan.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">slots to play for fun<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die regering het geen begeerte om Afrikaans as \u2019n taal van onderrig weg te doen nie, het dr. Blade Nzimande, minister van ho\u00ebr onderwys, Donderdagaand ges\u00ea. Hy het tydens die inhuldigingseremonie van Johann Rupert as die 14de kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) ges\u00ea die regering se standpunt is nog deurgaans duidelik dat alle amptelike &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7639\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nzimande wil nie wegdoen met Afrikaans&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[167,5298,8915,4861],"class_list":["post-7639","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaans","tag-blade-nzimande","tag-rupert","tag-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7639","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7639"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7639\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7639"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7639"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7639"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}