{"id":7638,"date":"2010-02-19T06:17:57","date_gmt":"2010-02-19T06:17:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7638"},"modified":"2010-02-19T06:17:57","modified_gmt":"2010-02-19T06:17:57","slug":"nie-nou-tyd-vir-uhurugedagtes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7638","title":{"rendered":"Nie nou tyd vir Uhurugedagtes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOntvang hiermee julle politieke vryheid en alles sal vir julle daarby toegevoeg word.\u201d<\/p>\n<p> Dit, min of meer was die woorde wat Kwame Nkruhma tydens Ghana se onafhanklikheidsvieringe ges\u00ea het, en het die oormatige verwagtinge wat Uhuru sou bring netjies onderstreep.<\/p>\n<p> Die misplaaste Uhuru-verwagtings het in Afrika al geleidelik soveel klappe van die werklikheid weg dat daar al stewige tekens van hande in die moue steek is, maar in Suid-Afrika leef die gees van absurditeit in \u2018n groot mate voort. Die gevolg is dat einste Ghana \u2018n ho\u00ebr plek as Suid-Afrika op die persvryheidsindeks beleef, en verskeie Afrikalande suid van die Sahara se onderwysstelsel beter standaarde en resultate as di\u00e9 van Suid-Afrika oplewer.<\/p>\n<p> Die Suid-Afrikaanse grondwet is onlangs soos selde onder die vergrootglas geplaas. Dit het uit talle oorde onder kritiek deurgeloop, en dikwels is die vinger \u2013 darem nie die middelvinger nie \u2013 na die opstellers verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die debat het ook \u2018n laertrekkery tot gevolg, maar niemand kan di\u00e9 keer die vinger wys na die konserwatiewer bevolkingsegment nie. Dit is die liberale ondersteuners van die grondwet wat geledere gesluit het en die ore probeer toedruk het vir die kritiek.<\/p>\n<p> Vanoggend, in Volksblad, laat Beeld se redakteur Tim du Plessis hom opnuut uit oor die deugde van die grondwet, en plaas die blaam vir die skending van die grondwet op die regering. Hiermee argumenteer hy dat Suid-Afrikaners nie deur die grondwet uitverkoop word nie, maar deur die regering. Hy argumenteer dat die grondwet nog m\u00e9\u00e9r geskend sou gewees het as dit sterker klem op sekere regte sou plaas.<\/p>\n<p> In \u2018n onlangse artikel het prof. Koos Malan egter ook \u2018n ander perspektief hierop gewerp. Volgens hom is die grondwet mildelik besaai met regte, maar gaan mank aan gesag om hierdie regte te verskans. Malan het min ooghare vir die Artikel 9-instellings wat deel van die wigte en teenwigte moet uitmaak, en is selfs krities oor die howe se vermo\u00ebns. Afgesien daarvan dat kostes die hofroete buite gewone Suid-Afrikaners se bereik plaas om hul regte te laat afdwing, word die regters uiteindelik ook deur die uitvoerende gesag aangestel, soos nou uit die omstrede aanstelling van adv. Moketedi Mpshe as waarnemende regter.<\/p>\n<p> Was die grondwet so goed soos voorgegee is, sou so iets nie kon plaasvind nie.<\/p>\n<p> Ongelukkig gaan die argument dat die grondwet \u2018n gegewe is en dat water wat onderdeur die brug is, te ene male gedane sake is ook nie volkome op nie.<\/p>\n<p> Die grondwet is, anders as die oorgangsgrondwet wat boonop deur onderhandelde grondwetlike beginsels gerig is, baie vaag geskryf. Regsgeleerdes gebruik die uitdrukking dat \u2018n wa en span osse daarbinne sal kan draai.<\/p>\n<p> Die verklaarde doel hiervan is dat die detail gevorm moet word. Dit behels dat verskeie wette, soos die taalwet, nog geskryf moet word, dat internasionale konvensie deur presedentereg en gewoontereg neerslag moet vind en die le\u00eb kamers uiteindelik so volledig en toepaslik gemeubileer moet word.<\/p>\n<p> Die voorvereistes hiervoor is dat die regbank volledig onafhanklik moet wees van binnelandse politiek, en slegs deur internasionaal aanvaarde regsbeginsels ondervang sal wees.<\/p>\n<p> SEB-wetgewing druis egter reeds volledig in teen die grondwetlike doelstelling van nie-rassigheid, regstellende aksie word as diskriminerende wetgewing toegepas onder die vaandel van \u2018n grondwet wat gelykheid waarborg, onteieningswetgewing was al stewig op koers, lynreg in stryd met internasionale verdrae waarvan Suid-Afrika mede-ondertekenaar was en vele meer wat op, soos Volksblad dit in sy hoofartikel stel, die wys van die middelvinger vir die grondwet neerkom.<\/p>\n<p> Die kamers kan eenvoudig nie gemeubileer word terwyl instansies soos die Black Lawyers\u2019 Forum en soortgelyk nie net nog bestaan nie, maar openlik ras as norm vir standpuntinname ook gebruik.<\/p>\n<p> Uiteindelik \u2013 as genoeg mense saamstem dat die grondwet wel nie die wonderwerk is wat voorgehou word nie, kan daar met erns aan die werk gespring word om die leemtes aan te spreek. Dit sou onder meer behels die opbou van \u2018n fonds wat sterk genoeg is om die regering konsekwent deur hofaksies te stuit solank hierdie weg nog moontlik is.<\/p>\n<p> Wanneer dit weens strategiese aanstellings onmoontlik word, moet die internasionale howe en tribunale gebruik word.<\/p>\n<p> Terselfdertyd sal binne-gesprekvoering nodig wees en bly.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/public.nazk.gov.ua\/declaration\/20014fa6-b91c-41c7-8986-df50f6dd39eb\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOntvang hiermee julle politieke vryheid en alles sal vir julle daarby toegevoeg word.\u201d Dit, min of meer was die woorde wat Kwame Nkruhma tydens Ghana se onafhanklikheidsvieringe ges\u00ea het, en het die oormatige verwagtinge wat Uhuru sou bring netjies onderstreep. Die misplaaste Uhuru-verwagtings het in Afrika al geleidelik soveel klappe van die werklikheid weg dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7638\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nie nou tyd vir Uhurugedagtes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[5165,5632,8914],"class_list":["post-7638","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-grondwet","tag-seb","tag-uhuru"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7638","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7638"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7638\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7638"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7638"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7638"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}