{"id":7628,"date":"2010-02-18T06:27:41","date_gmt":"2010-02-18T06:27:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7628"},"modified":"2010-02-18T06:27:41","modified_gmt":"2010-02-18T06:27:41","slug":"demokrasie-in-aksie-en-verkiesingsbeloftes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7628","title":{"rendered":"Demokrasie in aksie en verkiesingsbeloftes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In die praktyk is die nakom van verkiesingsbeloftes nie altyd so maklik nie. Selfs die Amerikaanse president, Barack Obama wat op \u2018n golf van euforie die Wit Huis ingeseil het, voel die hamerhoue van realiteit, en op die oomblik kom daar in die praktyk dadels van ondernemings oor die terugroep van Amerikaanse soldate uit konflikgebiede. Trouens, in Afganistan moet die soldate eers vermeerder word om te kan verminder.<\/p>\n<p> Die VSA is egter nie die enigste Navo-land wat met hierdie taai toffie en verkiesingsbeloftes opgesaal sit nie. In Nederland dreig die koalisieregering om hieroor uitmekaar te spat.<\/p>\n<p> Die Nederlandse kontingent is in die Afgaanse provinsie Uruzgan ontplooi. Die afgelope aantal jare het Uruzgan in Nederland so \u2018n huishoudelike naam soos Friesland geword, en die pers vind dit baie selde nodig om by te voeg dat di\u00e9 plek in Afganistan is.<\/p>\n<p> Juis noudat \u2018n fase aanbreek waar konvensionele milit\u00eare stratege meen die oorlog kan konvensioneel be\u00ebindig en die situasie bestendig word, sit verskeie lande met verkiesingsbeloftes opgeskeep dat hul magte onttrek sal word. Hierdie beloftes is ook mildelik in Nederland aan die kiesers gemaak, en nou breek die oomblik van waarheid aan.<\/p>\n<p> Die Nederlandse koalisie bestaan uit drie partye \u2013 die Christen-Demokratiese App\u00e8l wat die grootste is, die Partij van de Arbeid (PvdA), wat met die Britse Arbeidersparty eerder as tradisionele Europese Sosialistepartye vergelyk kan word, en die kleiner ChristenUnie. Die PvdA skop nou vas teen planne om die onttrekking uit Uruzgan met \u2018n jaar uit te stel \u2013 iets wat nodig is om die huidige milit\u00eare suksesse teen die Taliban te bestendig, maar ook onontbeerlik vir die heropbou van Afganistan.<\/p>\n<p> Die PvdA se besluit is nie noodwendig gewild nie. Die milit\u00eare vakbond daag die PvdA uit om aan naasbestaandes van gevalle soldate en aan soldate wat in Afganistan gewond is te kom verduidelik dat di\u00e9 opofferings vrugteloos was.<\/p>\n<p> Die PvdA, onder die vaandel van die nakom van verkiesingsbeloftes, spreek sy verbasing uit oor sy koalisievennote se verbasing dat hy by sy verkiesingsbeloftes wil bly. Die koalisievennote is op hul beurt weer verbaas dat die PvdA nie die realiteit in die praktyk kan beoordeel en daarop reageer nie.<\/p>\n<p> Deur die Taliban nou te laat ontsnap, gaan eenvoudig beteken dat die Weste binnekort weer die wrang vrugte gaan pluk.<\/p>\n<p> Aan die ander kant, \u2018n oorlog met diep ideologiese en religieuse wortels, word ook selde op die slagveld beslis. Juis daarom, beoordeel die stryders, is die heropbou van Afganistan nodig om die harte van die mense te wen. Hierdie opsie is ook nie die produk van teoretici agter hul lessenaars duisende kilometer van die toneel af nie, maar van bevelvoerders wat al jare lank aan die realiteite op die Afgaanse voetsoolvlak blootgestel is.\u00a0\u00a0 <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/50-bra-nastennye-svetil-niki\">\u043a\u0443\u043f\u043b\u044e \u0431\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die praktyk is die nakom van verkiesingsbeloftes nie altyd so maklik nie. Selfs die Amerikaanse president, Barack Obama wat op \u2018n golf van euforie die Wit Huis ingeseil het, voel die hamerhoue van realiteit, en op die oomblik kom daar in die praktyk dadels van ondernemings oor die terugroep van Amerikaanse soldate uit konflikgebiede. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7628\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Demokrasie in aksie en verkiesingsbeloftes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8212,6925,2686,8900,7849],"class_list":["post-7628","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-begroting","tag-nederland","tag-obama","tag-pvda","tag-withuis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7628","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7628"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7628\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7628"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7628"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7628"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}