{"id":7627,"date":"2010-02-18T06:19:18","date_gmt":"2010-02-18T06:19:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7627"},"modified":"2010-02-18T06:19:18","modified_gmt":"2010-02-18T06:19:18","slug":"dianne-se-gekruide-parlementere-taal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7627","title":{"rendered":"Dianne se gekruide parlement\u00eare taal"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dat politici nie op hul monde geval is nie, is nie \u2018n geheim nie.<\/p>\n<p> Trouens, die Britse lords het gemeen hulle is sulke ysters as kommunikators dat hulle nie nodig het om kundiges met verkiesingsveldtogte te gebruik nie. Toe doen Margaret Thatcher se Tories dit, en uit die amperse bloute verskyn die ystervrou op die toneel.<\/p>\n<p> Nou het die DA se Dianne Kohler-Barnard in dingetjie in die parlement kwytgeraak wat haar vyf dae se skorsing deur haar eie party op die lyf laat loop het, en sy moet nog die parlement vir di\u00e9 geturksvyde woorde om verskoning vra ook.<\/p>\n<p> Oud-Minister Hendrik Schoeman, indertyd Minister van landbou, is volgens oorlewering een nag wakkergebel deur \u2018n boer wat kla oor die mieliepryse of iets. Volgens hierdie oorlewering het Hendrik vir die boer in geen onduidelike taal nie laat verstaan hy moet gaan &amp;*&amp;.<\/p>\n<p>Dis reg, dis hoe my minister met my moet praat.<\/p>\n<p> Alles volgens oorlewering.<\/p>\n<p> Beloftes maak het ministers ook al reputasies en byname besorg, soos Piet Promises. Maar, so lyk dit ook, is Piet se \u201crekord\u201d soos wyle Hendrik s\u2019n, lankal verpletter. As hedendaagse \u201cpromises\u201d nie donkievye geblyk te gewees het nie, smaak dit my sou daar nie meer \u2018n arm mense in Afrika gewees het nie, en sou die strate en paaie al \u2018n goudlagie gehad het. Nou het die paaie \u2018n skrootlagie soos goed deur die slaggate uit die rygoed uitgeruk word.<\/p>\n<p> Politici wat groen blaartjies opsoek, is ook nie iets heeltemal nuuts nie. Maar ook hier, meen ek, is alle rekords ook nou al herskryf.<\/p>\n<p> Iemand wat natuurlik vir Dianne lesse sou kon gee oor parlement\u00eare kwinkslae, was Neelsie Langenhoven. Maar ek het net \u2018n spesmaas as iemand vandag iets sou herhaal wat Langenhoven volgens oorlewering kwytgeraak het, naamlik daai een dat die helfte van die lede \u2018n klomp ape is, sal die poppe veel erger dans as destyds.<\/p>\n<p> Volgens oorlewering het Langenhoven daarmee weggekom toe hy die beswaarde agbare lede in sy terugtrekking verseker het die helfte van die lede is ni\u00e9 \u2018n spul ape nie.<\/p>\n<p> Trouens, \u2018n hele rits opmerkings, selfs onskuldig bedoel, sal waarskynlik veel meer as vyf skorsingsdae en \u2018n terugtrekking tot gevolg h\u00ea. Om so \u2018n paar te noem: \u201cDit lyk of Kaapstad se dieretuin verhuis het.\u201d Of: \u201cDie sirkus is in die stad.\u201d<\/p>\n<p> \u2018n Opmerking soos: \u201cDie ooievaar sit op die dak,\u201d kan dalk ook groot teenspoed beteken.<\/p>\n<p> So fyngevoelig is die mense in die praathuis nou dat gebaretaal onverwags teenspoed gekry het. \u2018n ANC-lid het glo vir Zuma se prosessie op pad parlement toe gewuif, maar is gearresteer en van crimen injuria aangekla oor di\u00e9 vingertaal. Hy het na bewering net met sy middelvinger gewaai.<\/p>\n<p> Ja-nee, dinge sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek bedoel, nie lank gelede nie het Johnny de Lange nog \u2018n gedoktorde NNP-lid binne die parlement so hard gemoker dat die agbare lid op sy agbare agterent beland het. So hard, hy is heeltemal binne-in die ANC ingemoker is.<\/p>\n<p> Ek meen, di\u00e9 insident sal nou seker maak dat Dianne nou ook \u2018n vurige kampvegter vir Afrikaans word. Het sy maar, soos \u2018n bekende Afrikaanse tennisspeler vir die skeidsregter in Afrikaans ges\u00ea het is \u2018n &amp;8&amp;huis, haar ding in Afrikaans gedoen, het sy weggekom daarmee.<\/p>\n<p> Hoewel, ek dink daai spesifieke woorde sou die agbare verontregde lid ook verstaan het al was dit in Afrikaans gebesig.<\/p>\n<p> Maar niemand sal stry nie. Dianne het as kommunikator soos min ontpop. Net twee woorde en sy het meer aandag op haar gevestig en is ernstiger opgeneem as \u2018n prez met twee spietse.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/poloskanie-rotovoj-polosti\/\">\u0441\u0440\u0435\u0434\u0441\u0442\u0432\u043e \u0434\u043b\u044f \u043f\u043e\u043b\u043e\u0441\u043a\u0430\u043d\u0438\u044f \u0440\u0442\u0430 \u043f\u0440\u0438 \u0432\u043e\u0441\u043f\u0430\u043b\u0435\u043d\u0438\u0438 \u0434\u0435\u0441\u0435\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dat politici nie op hul monde geval is nie, is nie \u2018n geheim nie. Trouens, die Britse lords het gemeen hulle is sulke ysters as kommunikators dat hulle nie nodig het om kundiges met verkiesingsveldtogte te gebruik nie. Toe doen Margaret Thatcher se Tories dit, en uit die amperse bloute verskyn die ystervrou op die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7627\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dianne se gekruide parlement\u00eare taal&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[7599,8899,8897,8898],"class_list":["post-7627","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-da","tag-dianne-kohler-barnard","tag-parlement","tag-vloek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7627","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7627"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7627\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7627"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7627"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7627"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}