{"id":7626,"date":"2010-02-17T15:33:14","date_gmt":"2010-02-17T15:33:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7626"},"modified":"2010-02-17T15:33:14","modified_gmt":"2010-02-17T15:33:14","slug":"reaksie-op-die-20102011-begroting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7626","title":{"rendered":"Reaksie op die 2010\/2011 begroting"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Pravin Gordhan het daarin geslaag om te midde van baie moeilike finansi\u00eble omstandighede \u2018n gebalanseerde begroting voor te hou.<\/p>\n<p> Die afgelope week was \u2018n belangrike week vir Suid-Afrika deurdat die President in sy repliek aangedui het dat die nasionalisering van myne nie die regering se beleid is nie en dat minister Gordhan in sy begrotingsrede aangedui het dat die reserwebank onafhanklik moet bly met spesifieke inflasieteikens.\u00a0 Hopelik sal dit die raserige ekonomiese debat binne die regerende alliansie stil maak en buitelandse beleggers se vertroue in Suid-Afrika herbevestig.<\/p>\n<p> Die VF Plus verwelkom die verhoging in ouderdomspensioen en die feit dat persoonlike inkomstebelasting nie verhoog is nie. Deurdat die Minister R70 miljard minder as verwagte inkomste kry, was daar wye bespiegeling dat daar geen verhoging van toelaes gaan wees nie en dat persoonlike inkomstebelasting sal moet verhoog.<\/p>\n<p> Die 25% verhoging van belasting op brandstof is \u2018n fout wat groot druk op reeds swaar belaste motoriste en die inflasiekoers gaan plaas. Hierdie belasting gaan gebruik word om \u2018n brandstofpypleiding te bou. Die vraag is of die motoriste werklik enige voordeel hieruit gaan kry. Dit is dieselfde verkeerde benadering as wat deur Eskom gebruik word waar tariewe verhoog word om \u2018n kapitaalprojek te finansier.<\/p>\n<p> Die VF Plus verwelkom die groenbelasting op motoruitlaatgasse as \u2018n eerste ernstige stap van die regering om \u2018n werklike bydrae tot besoedeling en aardverhitting te maak.<\/p>\n<p> Vir sewentien jaar het Suid-Afrika nie \u2018n resessie ondervind nie en was daar telkens \u2018n oorskot belastinginkomste vir die staat. Vir die eerste keer word daar nou in die nuwe finansi\u00eble jaar van staatsamptenare verwag om ernstig te besnoei en meer te doen met minder geld. Die groot vraag is of die staatsdiens, wat vir dekades nie in so \u2018n situasie was nie, hierin sal kan slaag. Met volgende jaar se begroting sal ons weet tot watter mate hierin en met die nuwe korrupsie-maatre\u00ebls geslaag is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/medicinskaya-spravka-095-u\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0438 \u0432 \u0443\u043d\u0438\u0432\u0435\u0440 \u043f\u043e \u0431\u043e\u043b\u0435\u0437\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.dozor.ua\/news\/vlast\/1153567.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mnr. Pravin Gordhan het daarin geslaag om te midde van baie moeilike finansi\u00eble omstandighede \u2018n gebalanseerde begroting voor te hou. Die afgelope week was \u2018n belangrike week vir Suid-Afrika deurdat die President in sy repliek aangedui het dat die nasionalisering van myne nie die regering se beleid is nie en dat minister Gordhan in sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7626\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Reaksie op die 2010\/2011 begroting&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[7841,8212],"class_list":["post-7626","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake","tag-7841","tag-begroting"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7626","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7626"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7626\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7626"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7626"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7626"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}