{"id":7615,"date":"2010-02-17T06:19:29","date_gmt":"2010-02-17T06:19:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7615"},"modified":"2010-02-17T06:19:29","modified_gmt":"2010-02-17T06:19:29","slug":"kultuur-as-vyeblaar-en-beloftes-wat-skuld-maak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7615","title":{"rendered":"Kultuur as vyeblaar en beloftes wat skuld maak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Toe pres. Jacob Zuma die boonste politieke sport in Suid-Afrika as, soos hy dit gestel het, \u201c100 % Zulu boy\u201d verower het, sou dit \u2018n aantal domino\u2019s aan die val sit wat moeilik gestuit gaan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moderne demokrasie is gebou op die beginsel dat beloftes skuld maak. \u2018n Kandidaat wat oorboord gaan met verkiesingsbeloftes, sien kort na sy verkiesing die skrif aan die muur. \u2018n Goeie voorbeeld is pres. Barack Obama wat nou reeds in die Amerikaanse pers \u2018n \u201cembattled president\u201d genoem word, en wat besonder vinnig op die gewildheidspeilings die kreeftegang gegaan het.<\/p>\n<p> Hierteenoor is dit in die meeste van Suid-Afrikaanse inheemse kulture goeie maniere om aan die vraesteller die antwoord te verskaf wat gemeen word die vraesteller wil hoor. Hierdie gebruik het al pandemonium in die reklamew\u00eareld veroorsaak soos dat die teikengroep aandui hulle verkies Engels, terwyl ter plaatse ondersoeke aandui die kykers volg hoofsaaklik programme in hul moedertaal.<\/p>\n<p> Solank almal verstaan dat die beloftes binne \u2018n sekere kulturele raamwerk gemaak is, kan die een wat die beloftes maak ver kom. Te midde van paaie wat weggeteer raak, hospitale sonder medisyne, skole sonder bevredigende uitslae, kan \u2018n regerende party of die hoof daarvan in peilings steeds baie goed doen en selfs sy gewildheid verhoog.<\/p>\n<p> Op die duur skep hierdie los en vas maak van beloftes \u2013 voor en na verkiesings \u2013 tog verwagtings dat minstens sommiges daarvan nagekom sou word. Iewers gaan dit gewoon net nie af om nie werk te h\u00ea nie, maar ministers gaan voort om luukse vuurwaens aan te skaf.<\/p>\n<p> Die gaping tussen onrealistiese verwagtinge en die werklikheid op die model van relatiewe deprivasie het reeds onder oud-President Thabo Mbeki die regeringshoof se kop lat rol. Pres. Jacob Zuma het sy termyn gepak op dieselfde noot as die populisme waarmee hy sy opmars suksesvol gevoer het.<\/p>\n<p> Toe di\u00e9 tegniek se stoom opraak, is probeer om op die populariteit van oud-president Nelson Mandela se rug nog stoom op te bou. Binne dae was di\u00e9 stoom egter ook op.<\/p>\n<p> Terselfdertyd is dit ook tradisioneel goeie hoofmanskap om in \u2018n kraal van familie tot familie se vuurtjie te loop en by daardie vuurtjie te gaan verkondig wat daardie familie wil hoor. Ook hierdie praktyk boemerang omdat die media saamloop, en berig wat nie vir die ore van ander bedoel is nie. Vrae word oor teenstrydige beloftes gevra.<\/p>\n<p> Vanoggend lui voorblad-koerantopskrifte: Hou op beloftes maak.<\/p>\n<p> Dit vereis kennelik veel meer vernuf en kundigheid om \u2018n land \u2013 van die sentrale regering tot die plaaslike regering &#8211; te regeer en bestuur as wat geglo is. Al die beplanningskommissies in die w\u00eareld gaan niks vermag as daar nie plan gemaak word om die planne op grondvlak te laat realiseer nie. Dit beteken \u2018n behoefte aan fondse sonder om die gans wat die goue eiers l\u00ea te slag, en ongelooflik baie kundigheid.<\/p>\n<p> Pres. Zuma se repliek op die opposisiepartye se kritiek, asook die verskillende manifestasies van gemeenskapspolitiek soos die briewe teen misdaad, sal toon of \u2018n les geleer en ter harte geneem is. Kulturele gebruike dien nie altyd as geskikte vyeblaar nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/vozduhosborniki-resivery-f6506008\/\">\u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0445\u043e\u0441\u0431\u043e\u0440\u043d\u0438\u043a \u0433\u043e\u0440\u0438\u0437\u043e\u043d\u0442\u0430\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe pres. Jacob Zuma die boonste politieke sport in Suid-Afrika as, soos hy dit gestel het, \u201c100 % Zulu boy\u201d verower het, sou dit \u2018n aantal domino\u2019s aan die val sit wat moeilik gestuit gaan word. Die moderne demokrasie is gebou op die beginsel dat beloftes skuld maak. \u2018n Kandidaat wat oorboord gaan met verkiesingsbeloftes, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7615\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kultuur as vyeblaar en beloftes wat skuld maak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8886,227,2149,2411,2686,321],"class_list":["post-7615","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-100-zulu-boy","tag-anc","tag-mandela","tag-mbeki","tag-obama","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7615","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7615"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7615\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7615"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7615"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7615"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}