{"id":7613,"date":"2010-02-16T11:16:32","date_gmt":"2010-02-16T11:16:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7613"},"modified":"2010-02-16T11:16:32","modified_gmt":"2010-02-16T11:16:32","slug":"looi-amerikaners-obama-omdat-hy-smart-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7613","title":{"rendered":"Looi Amerikaners Obama omdat hy &#8216;smart&#8217; is?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is tyd om Obama en die Demokrate se mislukte progressiewe eksperiment van die afgelope jaar te be\u00ebindig.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat hierdie stelling deur \u2018n Republikeinse senator in die deelstaat Montana gemaak is, is nie nuuswaardig nie. Wat nuuswaardig is, is dat die Republikeine by die di\u00e9 kongres \u2018n rekordgetal deelnemers getrek het, aldus die <em>Montana Standard<\/em>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog interessanter is dat di\u00e9 koerant in dieselfde uitgawe \u2018n artikel van \u2018n swart rubriekskrywer van die <em>Miami Herald<\/em>, Leonard Pitts Jnr, dra. Dit is die opskrif van sy rubriek wat die o\u00eb laat rek: Palin should run for president.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sen. Denney Rehberg s\u00ea hy sien nie net rekordskares by partykongresse nie, maar ook openbare vergaderings in stadsale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nogtans gee Rehberg toe dat Obama, meningspeilings tot die teendeel ten spyt, as persoon gewild bly en dat mense graag wil sien dat hy suksesvol sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis egter Obama se beleidsrigtings wat in die stof byt, aldus Rehberg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het beleid nodig, nie politiek nie,\u201d s\u00ea Rehberg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Republikeine wat in di\u00e9 artikel aangehaal word, rep nie \u2018n woord oor die rol wat die \u201ctea party\u201d-beweging speel om gewildheid in konserwatiewer waardes en dus die GOP (Grand Old Party, oftewel Republikeine) te stimuleer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor noem Pitts dit wel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy idee dat Sahrah Palin as kandidaat van die GOP, en die vaandeldraer van die tea party, aan die volgende presidentsverkiesing deel moet neem, is om die Amerikaners eens en vir altyd te dwing om te besluit watter soort Amerikaners hulle wil wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pitts stel dit ter aanvang dat hy nie sy wens daarop baseer die keuse vir Palin in effek \u2018n vrypas aan Obama vir herverkiesing sal sorg nie. Veel meer sal dit Amerikaners dwing om keuses tussen hipokrisie en integriteit, en tussen onnoselheid en ingeligtheid te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook net hier waar Pitts se versuikerde woorde vir Palin uitloop. Hy trek verwoed los onder die kritiek wat sy op Obama loslaat, en beskuldig haar van soortgelyke optrede. Hy beskuldig haar daarvan dat sy Obama oor sekere sake kritiseer, maar dan nie in staat is om voorbeelde te noem van wanneer Obama hom daaraan skuldig gemaak het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die \u201ctea party\u201d-beweging word as \u2018n \u201cso-called&#8221; afgemaak, maar verswyg dat \u2018n gesaghebbende peiling bevind het di\u00e9 beweging, wat maar aan die einde van verlede jaar tot stand gekom het, reeds meer steun as die demokrate trek. Hy probeer nietemin \u2018n wig tussen haar en die tea party indryf deur te beweer sy verteenwoordig nie konserwatisme nie, maar\u00a0 die laaste bastion van aniti-intellektualisme wat periodiek in die Amerikaanse karaktereienskappe opduik. Hy skryf dit aan \u2018n opvatting onder Amerikaners toe dat iemand wat \u201csmart\u201d is net nie te vertrou is nie. Hy glo kennelik dat Obama die \u201csmart\u201d een is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is duidelik dat hy meen Palin se gebreke bied aan Obama die beste opsie om polities te oorleef.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"\u0431\u0430\u043d\u0438 \u0444\u043e\u0442\u043e\">\u0431\u0430\u043d\u0438 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDit is tyd om Obama en die Demokrate se mislukte progressiewe eksperiment van die afgelope jaar te be\u00ebindig.\u201d Dat hierdie stelling deur \u2018n Republikeinse senator in die deelstaat Montana gemaak is, is nie nuuswaardig nie. Wat nuuswaardig is, is dat die Republikeine by die di\u00e9 kongres \u2018n rekordgetal deelnemers getrek het, aldus die Montana Standard. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7613\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Looi Amerikaners Obama omdat hy &#8216;smart&#8217; is?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8881,8880,8878,2686,8879,8882,2848],"class_list":["post-7613","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-denney-rehberg","tag-leonard-pitts","tag-looi-amerikaners-obama-omdat-hy-smart-is","tag-obama","tag-palin","tag-presidentskap","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7613","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7613"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7613\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7613"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7613"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7613"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}