{"id":761,"date":"2007-08-16T07:34:58","date_gmt":"2007-08-16T07:34:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=761"},"modified":"2007-08-16T07:34:58","modified_gmt":"2007-08-16T07:34:58","slug":"groot-betoging-op-24-september-teen-pretoriase-naamsverandering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=761","title":{"rendered":"Groot betoging op 24 September teen Pretoriase naamsverandering"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Alle Afrikaanse organisasies word uitgenooi om aan hierdie betoging deel te neem. Hoewel die hoofkwessie die uittartende gebruik van onsinnige name vir Pretoria op die SAUK is, kan afvaardigings van Potchefstroom, Louis Trichardt en ander dorpe of stede waarvan die name verander is of verander gaan word, teen sulke plaaslike naamsveranderings betoog.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar word ook beplan om TV-stelle voor die SAUK stukkend te gooi om ons misnoe&euml; met die irriterende gebruik van fiktiewe name deur di&eacute; organisasie te kenne te gee. Dr. Dan Roodt van PRAAG het hom reeds uitgespreek ten gunste van &rsquo;n algehele boikot sover dit die betaling van TV-lisensies betref.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die naamstryde is besig om &rsquo;n belangrike mobiliserende uitwerking op die Afrikanerbevolking te h&ecirc;. Die vorige betoging teen die naamsverandering in Pretoria was &rsquo;n reuse-sukses met 5 000 mense wat daaraan deelgeneem het. Intussen het die Afro-fascistiese ANC-regime wat so hand om die blaas met die geklike Mugabe-bewind is, net verder gegaan in sy arrogante afdwing van ongewilde naamsveranderings wat bedoel is om die Afrikaner te verneder en hom onwelkom in sy eie land te laat voel.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tot dusver het die SAUK nog geensins op enige skrywes of beswaarskrifte gereageer nie. Op Dinsdag 14 Augustus het dr. Dan Roodt van PRAAG en mnr. Andr&eacute; Alkema van die GHA die SAUK besoek en gepoog om mnr. Dali Mpofu, Snuki Zikalala of enige van hul verteenwoordigers te siene te kry. Verskeie oproepe vanuit die voorportaal van die SAUK het vrugteloos geblyk. Die SAUK ignoreer die bykans 100 000 mense wat reeds hul teenkanting teen die ge-tshwane op TV uitgespreek het en beje&euml;n die Afrikanerbevolking wat &rsquo;n groot deel van sy lisensiegeld betaal met die grootste minagting.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ook op 14 Augustus het Roodt en Alkema die Johannesburgse munisipaliteit aangedurf en van een munisipale gebou na &rsquo;n ander gery in &rsquo;n poging om toestemming vir die betoging op 24 September te kry. Blykbaar sal die SAUK genoodsaak wees om kennis te neem van die betoging en beswaar teen sy naamspeletjies indien die Johannesburgse metroraad hom daaroor kontak.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoewel Dinsdag &rsquo;n vrugtelose oefening geblyk het, omdat n&oacute;g die SAUK, n&oacute;g die Johannesburgse metro blykbaar oor enige senior amptenare beskik wat tydens kantoorure op kantoor is, is daar intussen met die Johannesburgse metropolisie kontak gemaak en die nodige vorms vir die re&euml;l van &rsquo;n wettige betoging is verkry. Die vorms sal aanstaande week ingehandig word en &lsquo;n beplanningsvergadering rondom die betoging sal met amptenare van die Johannesburgse metro, asook die metropolisie, gehou word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar word nou volstoom georganiseer aan die betoging wat op Erfenisdag 24 September 2007 sal plaasvind. Die plan is om langs die McDonalds om 10-uur die oggend op die hoek van D.F. Malanrylaan en Kingsway bymekaar te kom en van daar af na die SAUK te stap waar die petisie oorhandig en die televisiestelle stukkend gegooi sal word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\">Belangstellendes kan &#8216;n epos stuur na inlig@praag.org.&nbsp;<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">no download no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">PRAAG en die GHA (Genootskap vir die Handhawing vir Afrikaans) beplan &rsquo;n groot betoging op 24 September 2007 teen die Pretoriase naamsverandering, maar veral teen die gebruik van die gehate naam &ldquo;Tshwane&rdquo; op die TV-nuus van die SAUK.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tot dusver het die GHA reeds 90 000 name ingesamel van mense wat teen die gebruik van die ongewenste naam op die TV gekant is. PRAAG het ook etlike duisende name op die internet ingesamel teen die naamsverandering. In die aanloop tot 24 September sal nog petisies egter geteken word.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[47],"tags":[806,21094,186],"class_list":["post-761","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c29-praag-mediaverklarings","tag-groot-betoging-op-24-september-teen-pretoriase-naamsverandering","tag-s8-mediaverklarings","tag-praag-mediaverklarings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/761","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=761"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/761\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=761"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=761"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}