{"id":7587,"date":"2010-02-14T06:48:04","date_gmt":"2010-02-14T06:48:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7587"},"modified":"2010-02-14T06:48:04","modified_gmt":"2010-02-14T06:48:04","slug":"kennis-van-die-aand-want-dis-lekker-in-die-donker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7587","title":{"rendered":"Kennis van die aand want dis lekker in die donker"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Jare gelede, met <em>Kennis van die aand<\/em> wat onder die maatemmer moes bly, het ons Afrikaans-Nederlandse dosent na di\u00e9 omstrede boek as \u201cDis lekker in die donker\u201d verwys, \u2018n heel duidelike sinspeling dat dit die plek, of liewer geleentheid is wanneer die kat geknyp word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In daardie stadium was Jors Troelie se kennis van kat in die donker knyp nog min of meer beperk tot verhale van \u2018n paar ongure karakters, soos \u2018n proffie in Landbou by \u2018n ander universiteit wat redelik blatant was, soos om vanuit sy \u201cvriendin\u201d se koshuiskamer met studente te raas wat buite bietjie hard lawaai het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vreemde dinge aangevang, soos om vir sy departement \u2018n nuwe yskas aan te skaf, maar die nuwe in sy huis te gebruik, en die huis se yskas departement toe te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe gaan kopieer hy \u2018n Australiese artikel in \u2018n vaktydskrif, en die lelike Aussies kla toe oor die plagiaat. Het hy dit net vertaal, het niemand dit dalk agtergekom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor beland hy op straat, maar kom by vroulief en vertel hy het bedank, en gaan nou vir sy skoonpa in \u2018n ander provinsie boer. Hier daag sy vrou een aand op \u2018n buurdorp by haar man se verlowingspartytjie op, en lig die aanstaande bruid in dat sy eintlik nou aan \u2018n getroude man verloof geraak het. Om die een of ander rede word die verlowing sommer tydens die partytjie verbreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ruk later laat kom die dekaan van \u2018n mediese skool \u2018n kennis van die uwe, en s\u00ea hier is iemand wat vir \u2018n professoraat aansoek doen, maar iets is nie pluis nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die einste ex-proffie wat mediese kwalifikasies veins.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die laaste wat van hierdie Casanova verneem is was dat hy gevang is dat hy mense se pos uit hul posbusse steel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, en dan was daar die voormalige politikus wat in \u2018n stadium so vir die media uit Griekeland (hoekom so alewig Griekeland?) uit briewe geskryf het om te vertel hoe oulik die ANC is. Jare tevore egter, in die dorp waar hy eens dosent was, het my pa se sekretaresse \u2018n foonpes opgedoen, en by die polisie gaan kla. Die polisie daag met \u2018n bandopname op wat van \u2018n foonpes gemaak is wat \u2018n getroude vrou geteister het, om te hoor of dit dalk dieselfde pes is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNee,\u201d seg sy, \u201cmaar daai stem is di\u00e9 van *&amp;^%.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Snaaks, sedertdien kon daai man eintlik niks doen sonder om Jors Troelie te walg nie, soos sy oorlopery na die ANC en sy gatkruipbriewe uit Griekeland uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar toe kom dit die uwe ter ore hoe \u2018n deftige aangetroude familielid se pa, eens burgemeester van \u2018n vooraanstaande dorp, self anderkant die draad gaan kuier het. Di\u00e9 burgemeester was ook \u2018n bekende skoolhoof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By geleentheid glip hy by die skool weg, en sy vrou wat half te\u00eb was op di\u00e9 storie bel \u2018n munisipale amptenaar en s\u00ea net: \u201cDie burgemeester kuier by jou vrou.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die amptenaar sit af huis toe, en maak liggies beswaar. In die proses van beswaarmakery is die skoolhoof, broek in die hand, by die venster uit, en begin die rieme neerl\u00ea skool toe, met die woedende amptenaar al skreeuend agter hom aan: \u201cDie burgemeester kuier by my vrou, die burgemeester kuier by my vrou&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So is die prosessie die skoolterrein in, skoolhoof \/ burgemeester steeds broek in die hand. (Dit was depressiejare en \u2018n man het nie sommer onnodig klere laat wegraak nie).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar toe begin die voete van klei ook in \u2018n meer direkte omgewing deurslaan. \u2018n Destydse DG en sy skakelbeampte se name begin in meer as een opsig oor \u2018n hegte <em>liaison<\/em> die rondte doen. Een dag let Jors Troelie per toeval \u2018n \u201csmall\u201d op dat die DG geskei is. Die volgende oggend is die DG en die skakelbeampte se verlowingsfoto op die voorblad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ruk later begin gerugte die rondte doen van \u2018n rektor wat so met \u2018n personeellid kafoefel, en di\u00e9 maak sterk opgang. Toevallig nog die (getroude) dogter van \u2018n uiters ongewilde adjunkminister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe \u2018n redakteur diskreet navraag doen nadat vakbonde wat nie hond-haaraf kon maak nie kom kla het oor die onregmatige bevoordeling word die instelling se advertensies by daardie koerant summier opgeskort. Die skakelmense se instruksies was om regstreekse navrae as \u201cinfame leuens\u201d te beantwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ruk later is daar nog \u2018n \u201csmall\u201d en ook die volgende dag \u2018n aankondiging dat di\u00e9 rektor met die infame leuens gaan trou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En sowaar, in dieselfde dorp begin dit toe algemene kennis raak dat \u2018n rektor by \u2018n ander instelling ook so anderkant die heining wei, dat di\u00e9 dame ook uit \u2018n betreklike junior pos na \u2018n totaal vakvreemde pos bevorder is waarvan sy g\u2019n benul gehad het nie. Weer eens is daar stories oor gesamentlike \u201camptelike\u201d oorsese reise.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou blote toeval. Die een gewese rektor en die gewese DG is toevallig lidmate van dieselfde kerk as waarvan FW lidmaat is. Boonop het \u2018n baie bekende teoloog van dieselfde kerkverband juis in daardie tyd ook die nuus gehaal oor \u2018n Griekse dame.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voete-van-klei-verhaal kon net sowel, met hier en daar ander ho\u00eb karakters gehandel het oor die bekle\u00ebrs se borrelende geaardhede &#8230; weens hul liefde vir die borrel. Trouens, \u2018n effense langer verhaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die belastingbetalers betaal baie om leiers te h\u00ea, en die verwagting is duidelik dat hierdie leiers ook \u2018n voorbeeld moet stel. Daarom is dit ook bykans verseker dat \u2018n gevryery anderkant die draad Max-imale aandag gaan trek.<br \/>Soos \u2018n ander politikus ges\u00ea het: As die bekle\u00ebr nie hou van die kollig op sy knypery in die erg verligte donker nie, moet hy bedank. Niemand verplig hulle om daar ho\u00eb ampte te beklee nie. Maar ai, ook daardie politikus het \u2018n dogter waarvan haar man nie die pa is nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/avtomatika-dlya-nasosov_2\/elektricheskie\">\u0432\u043e\u0434\u044f\u043d\u043e\u0433\u043e \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jare gelede, met Kennis van die aand wat onder die maatemmer moes bly, het ons Afrikaans-Nederlandse dosent na di\u00e9 omstrede boek as \u201cDis lekker in die donker\u201d verwys, \u2018n heel duidelike sinspeling dat dit die plek, of liewer geleentheid is wanneer die kat geknyp word. In daardie stadium was Jors Troelie se kennis van kat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7587\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kennis van die aand want dis lekker in die donker&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[4782,21096,8821,8820,5813],"class_list":["post-7587","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-adjunkminister","tag-s10-briewe","tag-kafoefel","tag-kennis-van-die-aand-want-dis-lekker-in-die-donker","tag-rektor"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7587","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7587"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7587\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7587"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7587"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7587"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}