{"id":7567,"date":"2010-02-11T07:42:30","date_gmt":"2010-02-11T07:42:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7567"},"modified":"2010-02-11T07:42:30","modified_gmt":"2010-02-11T07:42:30","slug":"ballon-wat-geprik-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7567","title":{"rendered":"Ballon wat geprik is"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Werklikhede is dikwels baie anders as die Utopia wat politici voorhou, en kandidate wat tydens \u2018n verkiesingsveldtog op \u2018n golf van gewildheid kon ry, is dikwels kort na hulle tot die tuig verkies is baie ongewild.<\/p>\n<p> Die jongste voorbeeld is pres. Barack Obama wat \u2018n jaar na sy verkiesing reeds in meningsopnames druip. Tot die Tea party, \u2018n konserwatiewe beweging wat onlangs tot stand gekom het, vaar in peilings beter as pres. Obama se Demokratiese Party.<\/p>\n<p> Iemand wat egter loshande die gewildheidstoets oorleef het, is oud-pres. Nelson Mandela. Hy word steeds wyd \u2013 internasionaal en plaaslik \u2013 as ikoon voorgehou. Vandag, twintig jaar na sy vrylating, is koerante vol artikels waarin menings gehuldig word oor hoekom hy die status van grootsheid kon verwerf.<\/p>\n<p> In werklikheid was hy ook \u2018n regeringshoof met voete van klei. Onder sy grootste flaters was \u2018n hele rits baie swak ministers waarvan die sleurkrag in departemente soos Binnelandse Sake, Onderwys, Verdediging en verskeie ander gesien kan word. Swak aanstellings sedertdien het verseker dat sake in die re\u00ebl nie verbeter het nie, en dikwels nog verder die kreeftegang gegaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook die onverpoosde misdaadgolf geloods met die vrylating van 9 000 misdadigers uit tronke in Suid-Afrika toe hy sy amp aanvaar het.<\/p>\n<p> Om sake te vererger het Mandela ook klagtes wat moedelose mense en instansies oor hierdie swak ministers aan sy adres gerig het, as prosedure na daardie ministers verwys. Dit behoef geen Einstein om te besef hierdie prosedure het niks beredder nie.<\/p>\n<p> Die euforie oor Mandela by \u2018n groot deel van die publiek het tot gevolg gehad dat \u2018n groeiende bewuswording dat die land \u2018n grondwet vol leemtes het, eers in die Mbeki-era posgevat het. Die polarisasie wat later besonder opvallend sou word het ook eers in die Mbeki-era behoorlik ingesink. Anders as met Mandela het Mbeki roemloos ondergegaan en is byna dadelik vergeet.<\/p>\n<p> Die Zuma-era het egter baie gou die grondwetlike leemtes ontbloot. Rubriekskrywers, kommentators, briefskrywers in koerante en vele meer probeer as\u2019t ware mekaar oorbie in hul ywer om die langste lys gebreke op skrif gestel en gepubliseer te kry. Die kommentators uit die pro-Mandela-dampkring bly hoegenaamd nie agter by skeptici wat die huidige grondwetlike bedeling vanuit die staanspoor geopponeer het nie.<\/p>\n<p> \u2018n Opvallende les is dat \u2018n grondwet wat onder slegs een regeringshoof skynbaar slaag, geen geslaagde grondwet is nie. \u2018n Grondwet moet die toets van geslaagdheid meer holisties kan deurstaan.<\/p>\n<p> Tog het van die kommentators wat so die probleme lys steeds volgehou dat die grondwet goed is en op \u2018n manier gebruik moet word om die probleme wat hulle lys aan te spreek. Oor die meganika hiervan was daar heelwat minder duidelikheid as oor die lys van probleme, en stellings is gemaak soos \u201cdeur harde werk\u201d.<\/p>\n<p> Pas het dit aan die lig gekom dat \u2018n peiling in November aan Zuma \u2018n gewildheid van 77 % gee, teenoor 70 % wat meen die regering vaar goed. Intussen is heelwat water die see in en het verskeie dorpe gebrand of brand steeds.<\/p>\n<p> Dit lyk nogtans of diegene wat die land se probleme so lys, baie lank gaan wag dat die demokrasie onder die huidige grondwet die probleme gaan oplos.<\/p>\n<p> Nou wag die land op die president se staatsrede. <\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/\">\u0446\u0438\u0440\u043a\u0443\u043b\u044f\u0446\u0438\u043e\u043d\u043d\u044b\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Werklikhede is dikwels baie anders as die Utopia wat politici voorhou, en kandidate wat tydens \u2018n verkiesingsveldtog op \u2018n golf van gewildheid kon ry, is dikwels kort na hulle tot die tuig verkies is baie ongewild. Die jongste voorbeeld is pres. Barack Obama wat \u2018n jaar na sy verkiesing reeds in meningsopnames druip. Tot die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7567\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ballon wat geprik is&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8788,2149,2686,4686,321],"class_list":["post-7567","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-konserwatisme","tag-mandela","tag-obama","tag-politiek","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7567"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7567\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7567"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7567"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}