{"id":7560,"date":"2010-02-11T06:55:16","date_gmt":"2010-02-11T06:55:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7560"},"modified":"2010-02-11T06:55:16","modified_gmt":"2010-02-11T06:55:16","slug":"anc-regering-se-pilatusverklaring-oor-nasionale-taalwet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7560","title":{"rendered":"ANC-regering se Pilatusverklaring oor \u0149 Nasionale Taalwet"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die GHA het met skok en ontsteltenis kennis geneem van die regering se onverbloemde afsydigheid en selfs mate van aggressie teenoor die Afrikaanse taal soos vervat in \u0149 be\u00ebdigde verklaring wat deur Philemon Wakashe, direkteur-generaal van Kuns en Kultuur, met toestemming van die Staatspresident en twee ministers uitgereik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In reaksie op bogenoemde verklaring is dit belangrik om daarop te wys dat Artikel 6(4) subartikel 2 van die Grondwet soos volg bepaal:<\/p>\n<p> a\u00a0\u00a0\u00a0 Dat \u201calle amptelike landstale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word\u201d;\u00a0 en<\/p>\n<p> b\u00a0\u00a0 Dat \u201cdie staat praktiese en daadwerklike maatre\u00ebls tref om die status van di\u00e9 (inheemse) tale te verhoog en hulle gebruik te bevorder\u201d.<\/p>\n<p> Dit l\u00ea nie op die weg van die GHA om vir ander inheemse tale in die bres te tree nie, maar indien die Afrikaanse taal se voortbestaan bedreig of ondermyn word, is dit die plig van die GHA om wanvoorstellings uit te wys en heersende ondermyningsmeganismes met woord en daad te beveg.\u00a0 In hierdie verband wys die GHA graag op die volgende wanvoorstellings en verkleinering van die Afrikaanse taal soos vervat in verklaring van Wakashe gerapporteer in Beeld van 8 Februarie 2010:<\/p>\n<p> \u00b7\u00a0 Ten eerste wil ons die regering daarop wys dat Afrikaans \u0149 inheemse taal is wat in Afrika ontstaan het en wat ook Afrika se naam dra.\u00a0 Die Afrikabewuste ANC-regering behoort derhalwe juis uiters trots te wees op die Afrikaanse taal.\u00a0 Ons vind dit dus baie vreemd dat die regering nie alleenlik afsydig staan teenoor Afrikaans nie, maar dit inderdaad veral op die terrein van die onderwys positief ondermyn. Dit doen hy op dieselfde wyse as wat Lord Milner en sy adjudant EB Sargant gepoog het om 30 000 boerekinders in die konsentrasiekampe te probeer verengels deur middel van Engelse onderwysers wat spesiaal vanoor die Britse Ryk vir hierdie doel ingevoer is.\u00a0 Hierdie stelling word bevestig deur die feit dat die regering se amalgamasie- en transformasiebeleid vanaf magsoorname in 1994\u00a0 spesifiek gerig was op Afrikaanse skole met die oog op die uitfasering van Afrikaans as medium van onderrig.\u00a0 Dit het daartoe gelei dat Afrikaansmedium skole vanaf ongeveer 1 600 in 1993 verminder het tot slegs 640 in 2009.\u00a0 Hierdie statistieke dui onomstootlik daarop dat die regering skuldig staan in sy rol as uitfaseerder van die Afrikaanse taal as medium van onderrig in Afrikaanse skole in Suid Afrika.\u00a0 Inderdaad lyk dit asof hy na die verkryging van politieke mag in Suid Afrika in 1994 die verengelsingsbeleid soos beoefen soos deur Milner en Sargant\u00a0 as veroweraars na die Engelse oorlog, klakkeloos navolg met verontagsaming van die beskermingsmaatre\u00ebls wat in die Grondwet\u00a0 gespesifiseer word.\u00a0 Insgelyks word Engels tans op die gebied van tersi\u00ebre onderrig in tradisioneel Afrikaansmedium universiteite inforseer deur Afrikaanssprekende bruin rektore (as swart beskou deur die ANC-regering) wat mens noop om hulle nie anders as akademiese kwotaspelers te beskou nie.\u00a0 Die verklaring wat die GHA vir hierdie beleid van die regering kan vind, is dat dit waarskynlik verband hou met ingeboude rassevooroordele en regstellende aksie teenoor Afrikaners en die Afrikaanse taal.\u00a0 \u00a0<\/p>\n<p> \u00b7\u00a0\u00a0 In Wakashe se stelling oor die gebruik van Afrikaans in amptelike dokumente asook in die hof en in landswette, raak hyself\u00a0\u00a0 \u0149 paar \u201cabsurditeite\u201d kwyt.<\/p>\n<p> So byvoorbeeld is sy stelling dat Engels die prim\u00eare medium van verspreiding van inligting w\u00eareldwyd is, totaal irrelevant ten opsigte van die debat oor die status van Afrikaans in Suid Afrika.\u00a0 Alle lande w\u00eareldwyd gebruik Engels wel as internasionale kommunikasiemedium, maar hierdie gebruik het inderdaad niks te doen met die inheemse gebruik van byvoorbeeld die Franse- en Sjinese taal nie.<\/p>\n<p> Wat die gebruik van Afrikaans in hofgedinge aanbetref, is die ontkenning van Wakashe dat Engels \u201cnie nou of in die toekoms\u201d die amptelike taal sal wees nie, geheel en al onwaar.\u00a0 Hy het klaarblyklik nog nooit kennis geneem daarvan dat Februarie 2009 se hofregister aandui dat daar slegs een Afrikaans gerapporteerde uitspraak in die App\u00e9lhof was terwyl 75% van alle uitsprake in 1996 in Afrikaans was.<\/p>\n<p> \u00b7\u00a0 Terwyl die regering sy armoede aan geldelike hulpbronne vir die handhawing en bevordering van Afrikaans en ander inheemse tale verklaar, vind die GHA dit uiters vreemd dat die regering miljarde Rand belastingbetalersgeld jaar na jaar in \u0149 bodemlose put soos die SAL inpomp.\u00a0 Dit doen die regering sonder om persone wat vir die verliese verantwoordelik is tot verantwoording te roep terwyl \u0149 uiters emosionele saak soos die handhawing van die taal van die onderskeie kultuurgroepe in Suid Afrika onregmatig as te duur beskou en dus verwaarloos word.\u00a0 Die GHA wil graag die regering daaraan herinner dat in die orde van 12% van die belastingpligtige bevolking van die land waarvan die grootste persentasie Afrikaanssprekend is, ongeveer 60% bydra tot die totale inkomste van die land. Die Afrikaanssprekende deel van die bevolking kan dus met reg van die regering vereis om voldoende te begroot vir vertalingsfasiliteite en opleiding van amptenare om Afrikaans en ander tale magtig te wees sodat hulle diegene van die bevolking wat nie Engels magtig is nie, tot diens kan wees.<\/p>\n<p> \u00b7\u00a0 Dit is baie belangrik dat die regering verder moet kennis neem daarvan dat ongeveer agt miljoen Suid-Afrikaners Afrikaans as medium van onderrig en omgangstaal gebruik en\/of magtig is.\u00a0 Hierdie getal bestaan uit blankes, bruinmense, petroljoggies, toonbankassistente en plaaswerkers.\u00a0 Die regering se aktiewe ondermyning van Afrikaans en verontagsaming van die voorskrifte neergel\u00ea in die Grondwet t.o.v. die handhawing en uitbouing van Afrikaans kan dus niks anders as \u0149 klap in die gesig van hierdie groot getal Afrikaanse taalgebruikers beskou word nie.<\/p>\n<p> Die GHA doen \u0149 dringende beroep op die regering om sy politieke vooroordele teenoor Afrikaans en ander inheemse tale te laat vaar en om met minagting die oproep van die Jong Kommuniste Liga, in \u0149 memorandum\u00a0 gedateer 22\/01\/10, \u201cdat Afrikaans in alle openbare skole verbied moet word en dat Engels die onderrigtaal moet wees\u201d sal verwerp.\u00a0 Hiermee sal die regering sy beweerde bona fides bo alle verdenking stel.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/17-kardannye-svetilniki-raznovidnosti-i-dostoinstva\">107421 \u043a\u0430\u0440\u0434\u0430\u043d\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die GHA het met skok en ontsteltenis kennis geneem van die regering se onverbloemde afsydigheid en selfs mate van aggressie teenoor die Afrikaanse taal soos vervat in \u0149 be\u00ebdigde verklaring wat deur Philemon Wakashe, direkteur-generaal van Kuns en Kultuur, met toestemming van die Staatspresident en twee ministers uitgereik is. In reaksie op bogenoemde verklaring is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[167,8782,8781,8780],"class_list":["post-7560","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaans","tag-gha","tag-grondwet-art-62-subartikel-2","tag-nasioanle-taalwet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7560","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7560"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7560\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7560"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7560"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7560"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}