{"id":7559,"date":"2010-02-10T15:52:41","date_gmt":"2010-02-10T15:52:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7559"},"modified":"2010-02-10T15:52:41","modified_gmt":"2010-02-10T15:52:41","slug":"spanning-tussen-voedselsekuriteit-en-politiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7559","title":{"rendered":"Spanning tussen voedselsekuriteit en politiek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">As die negatiewe en positiewe faktore in die landbou tans opgeweeg word, swaai die skaal in die guns van die positiewe, volgens dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mulder het as spreker opgetree by die algemene jaarvergadering van die Caledon landbouvereniging. Hy het spesifiek gepraat oor die spanning tussen politiek en voedselsekuriteit en aangetoon hoe ondeurdagte en ideologies gemotiveerde grondhervorming voedselsekuriteit in Suid-Afrika bedreig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie vestiging van bestaansboere is belangrik maar enigiemand wat in Suid-Afrika oor voedselsekuriteit praat en die rol van die kommersi\u00eble landbouers daarin ignoreer, is onrealisties,\u201d het dr. Mulder ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het na die mnr Bingu wa Muthanka, president van Malawi en nuwe president van die Afrika Unie, verwys wat voedselsekuriteit as een van die belangrikste prioriteite vir Afrika uitgesonder het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie waardering wat in Afrika bestaan vir ons Suid-Afrikaanse landbouers se vaardighede blyk uit die feit dat reeds 21 Afrikalande versoeke gerig het om Suid-Afrikaanse kommersi\u00eble landbouers by hulle te kom vestig. Politieke aktiviste in Suid-Afrika wat so maklik propaganda uitsprake teen ons kommersi\u00eble landbouers maak, moet hiervan kennis neem,\u201d meen dr. Mulder<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy toespraak het dr. Mulder ook minister Tokyo Sexwale gekritiseer oor sy stelling dat Suid-Afrikaanse boere die oorsaak is dat duisende mense na die stede beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOm die boere te blameer vir probleme waarmee die regering sukkel, skep \u2019n negatiewe klimaat wat nie bevorderlik is vir samewerking en veiligheid op die platteland nie,\u201d volgens dr. Mulder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verstedeliking is \u2019n internasionale verskynsels wat in alle Afrika-stede voorkom ongeag of daar kommersi\u00eble boere soos in Suid-Afrika is of nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die duisende inwoners van die Oos-Kaap wat uit die ou Transkei en Ciskei na Kaapstad stroom, dikwels met die doel om stempatrone in daardie provinsie te be\u00efnvloed, asook die miljoene immigrante uit Afrika kan op geen wyse voor die deur van die kommersi\u00eble boere gel\u00ea\u00a0 word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat wel korrek is, is dat die regering die afgelope vyftien jaar groot onsekerheid in plattelandse gebiede geskep het met hulle beleidsrigtings teenoor Suid-Afrikaanse kommersi\u00eble boere. Dit is onbillik om te verwag dat boere in landelike gebiede moet bel\u00ea en meer werk moet skep as hulle geen sekerheid het oor hulle grond, hulle veiligheid en selfs net die voortbestaan van hulle kinders se skole nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die regering hierdie probleme aanspreek, sal hulle verbaas wees oor die goedgesindheid en positiewe benadering by meeste kommersi\u00eble boere om landelike gebiede te ontwikkel en om so te help om die verstedelikingstroom te vertraag.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/fin-sauna-bild\/\">\u0441\u0430\u0443\u043d\u044b \u043f\u0440\u043e\u0435\u043a\u0442\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As die negatiewe en positiewe faktore in die landbou tans opgeweeg word, swaai die skaal in die guns van die positiewe, volgens dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Dr. Mulder het as spreker opgetree by die algemene jaarvergadering van die Caledon landbouvereniging. Hy het spesifiek gepraat oor die spanning tussen politiek en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7559\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Spanning tussen voedselsekuriteit en politiek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[4112,8778,8779,4111,6502,4636,7444,8578,8777],"class_list":["post-7559","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-afrika","tag-afrika-unie","tag-bingu-wa-muthanka","tag-landbou","tag-malawi","tag-pieter-mulder","tag-tokyo-sexwale","tag-verstedeliking","tag-voedselsekuruteit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7559","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7559"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7559\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7559"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7559"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7559"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}