{"id":7540,"date":"2010-02-09T14:20:37","date_gmt":"2010-02-09T14:20:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7540"},"modified":"2010-02-09T14:20:37","modified_gmt":"2010-02-09T14:20:37","slug":"hoe-reageer-tale-onder-druk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7540","title":{"rendered":"Hoe reageer tale onder druk?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die paar harde klappe wat Afrikaans toegedien is in \u2018n be\u00ebdigde verklaring deur die DG vir Kuns en Kultuur, nogal met die goedkeuring van die president, het nie net regsimplikasies nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste vraag wat gevra kan word is of Engels so \u2018n uitsonderlike status verdien soos wat die regering graag daaraan wil toeken?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan ten beste met \u201cmiskien\u201d beantwoord word. Engels, met al sy variante, is waarskynlik die taal ter w\u00eareld wat die meeste gepraat word. Dit is nie so \u2018n eenvoudige antwoord nie, omdat baie van die mense wat as \u201cEngelssprekers\u201d getel word, in werklikheid ander huistale het, en baie van diegene wat aandui dat hulle Engels magtig is, se vaardigheid hierin so gebrekkig of ontbrekend is dat dit nie betroubare resultate oplewer nie. Die moedertaalsprekers wat Mandaryns en Kantonees (twee Chinese tale wat onderling verstaanbaar is) is moontlik meer as die werklike aantal Engelssprekendes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die aantal lande betref waarin \u2018n mens jou met Engels kan behelp, sal in alle waarskynlik minder wees as die lande waar Spaans bruikbaar is. Weer eens is dit \u2018n grys gebied omdat byvoorbeeld aanvaar word dat Engels wyd in Indi\u00eb en Sri Lanka gepraat en verstaan word, wat hoogstens kol-kol die geval is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop word projeksies gedoen wat daarop dui dat Spaans weldra meer moedertaalsperkers in die VSA sal oplewer as Engelspsprekers (die jaar 2050 word byvoorbeeld gereeld genoem).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel Arabies in baie lande gebruik en verstaan word, is hierdie lande in die re\u00ebl yl bevolk, met meer as die helfte van die Arabiessprekendes wat byvoorbeeld in Egipte woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenoor \u2018n minderheidstaal in Indi\u00eb en Sri Lanka, Tamil, met sowat 65 miljoen moedertaalsprekers, is Afrikaans met waarskynlik nie meer as agt miljoen moedertaalsprekers nie, \u2018n klein taal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar gaan krap aan die waardigheid van \u2018n taal, en daar is bykans altyd \u2018n groot teenreaksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie baie lank gelede nie was daar \u2018n taamlike beweging in Nederland om minstens by sommige universiteite Engels as \u2018n taalmedium in te voer. Toe hou \u2018n groep immigrante optogte en dring aan om Engels as kommunikasietaal, eerder as Nederlands te mag gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fout.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Min of meer dieselfde tyd is daar \u2018n debat oor welke taal die Europese Parlement se amptelike taal moet wees, en toe dit blyk dat Engeland soort van as vanselfsprekend aanvaar dit moet Engels wees, is daar \u2018n skerp teenreaksie. Oornag verdwyn Engels van \u2018n rits politieke partye in Europa se webtuistes. Van hierdie partye, soos die Duitse CDU en die Nederlandse CDA het omtrent volledige Engelse weergawes naas die lande se eie tale gehad, maar selfs noudat Engels weer beskeie in daardie webtuistes kom nesskop, is slegs \u2018n klein deel van die inhoud in Engels te lese. Ook in Swede waar die inwoners taamlik gesteld is om Engels onder die knie te h\u00ea, het Engels uit politieke partye en selfs toerisme-webbladsye verdamp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die Duitse ministers is ook stram om Engels te praat, selfs al is hulle vlot Engels magtig. Weer eens het \u2018n betreklik nietige saak die ding aangevuur \u2013 die BBC wat \u2018n joernalis wat slegs Engels magtig is stuur om die nuuskonferensie na afloop van die Duitse verkiesing te gaan dek, en toe aandring om vrae in Engels te vra en beantwoord te word. Dit, terwyl die BBC \u2018n korrespondent in Berlyn het wat Duits vlot magtig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter ook \u2018n verwikkeling op \u2018n ander vlak. Enkele jare gelede was dit nog taamlik maklik om Friesies via \u2018n kennis van Nederlands te lees. Of so het ek tot my verbasing gedink, synde ek op skool geleer het Friesies is nader aan Engels as aan Nederlands verwant. Vir seker minder as \u2018n jaar het ek nie iets in Friesies gelees nie, en toe ek weer daar gaan oplees as deel van spesifieke navorsing, kry ek \u2018n groot verrassing. Ek kan dit beswaarlik volg, en eintlik ook net bietjie volg omdat ek vir stamboeknavorsing myself redelik bedrewe moes maak om Sweeds te lees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien nie so verrassend dat Friesies en Sweeds na mekaar trek nie, synde beide van Skandinawiese herkoms is, met die Friese wat verwant is aan die Angele en Saksers wat in Engeland gaan vestig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe onthou ek dat daar beslis iets gebeur het. Omtrent elke Nederlandse korrespondent wat ek het, kondig skielik aan dat hulle eintlik Friesies is. Selfs al kan hulle nie \u2018n woord Friesies verstaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar duidelik het daar \u2018n Friesiese bewuswording plaasgevind, wat tot die herontdekking van die Friese taal en gebruik daarvan gelei het. Dis ook nie so eenvoudig nie, want Friesies het verskeie weergawes wat dalk meer soos afsonderlike tale as net dialekte van mekaar staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So sterk was hierdie oplewing in \u2018n stadium dat staatkundiges in Nederland en Belgi\u00eb selfs die opsie genoem het dat, sou Belgi\u00eb uitmekaar spat, Vlaandere aansluiting by aangrensende Nederlandse provinsies sou vind, en dat Friesland, of liewer, die Friesiese gebiede, nie deel hiervan sou uitmaak nie. \u2018n Variasie was om voor te stel dat die Friesiese gebiede dan by Denemarke, ook \u2018n Skandinawiese land, sou inskakel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die taal \/ dialek, Groningins, onlangs sy eie amptelike Bybelvertaling in gebruik neem, was Friesiese eregaste duidelik meer welkom as die Nederlandsprekers, hoewel ook selfs ten opsigte van hierdie \u201cbroeders in taalverdrukking\u201d \u2018n ligte afstand gehandhaaf is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het \u2018n aantal Katalaanse stede en dorpe in \u2018n nie-bindende referendum vir volkome Katalaanse onafhanklikheid van Spanje gestem. Katalaans is na berig word nader aan Italiaans as aan Spaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklike interessante geval is egter Baskies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat Baskies \u2018n baie ou taal is (met onseker taalverwantskap) is dit erg dialekties wat stremmend op die aanwending van die taal as amptelike taal of akademiese taal inwerk. Baie Baske, hoewel Baskies hul moedertaal is, het ook \u2018n Spaanse identiteit vir \u201cho\u00ebr\u201d funksies en is van die grootste koerante in die selfregerende Baskiese provinsies Spaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, \u2018n gestandariseerde vorm van Baskies vir amptelike en ho\u00ebr gebruik, Batue, is eers in taamlik onlangs ingevoer. \u2018n Eens groot taal, Occidan, word nou net deur \u2018n klein aantal mense in Frankryk gepraat waar dit eens sowat 10 miljoen sprekers gehad het. In Frankryk word net Frans amptelik erken. Occidan word ironies in dele van Kataloni\u00eb as amptelike taal erken, en het ook meer amptelike status in Monaco en Itali\u00eb waar dit ook in dele gepraat word. Die mate waarin hierdie taal oornag amper verdwyn het, word gereeld as argument gebruik hoekom \u2018n taal behoorlike amptelike erkenning behoort te geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit lyk egter of daar in Europa \u2013 ook Frankryk \u2013 \u2018n horde oertale en Romaanse variante is wat ten spyte van bitter min sprekers, ook verseg om heeltemal die handdoek in te gooi. Selfs binne die Baskiese gebied is daar \u2018n magdom klein taaltjies, en word juis as een van die redes aangevoer hoekom Baskies so gesukkel het om homself bestendig te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat kan van Afrikaans verwag word as dit nie amptelike erkenning kry nie, of erg afgeskaalde erkenning?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten eerste kan verwag word dat die sprekers wat meen Afrikaans is cool\u00a0 en \u2018n taal wat lekker as gig-taal by shows gebruik kan word, deurlopend teenspoed by taalpuriste sal kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die generasie wat betreklik onlangs nog op skool deurgeloop het omdat hulle na hul gesin as familie verwys het, of dit op die skoolterrein gewaag het om van die skoolgronde te praat, of na hul pa se besigheid in plaas van onderneming te praat, moet maar in afsku toesien hoe Engels sy \u201ckolonisasie\u201d van Afrikaans voltrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers wanneer die sportlui besef dit is uncool om coaches in plaas van afrigters te h\u00ea, sal Afrikaans kan voel hy weer hierdie aanslag van binne af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar die Afrikaanssprekendes se skryfvermo\u00eb. Sien \u2018n mens dit wat buite-om die gedrukte media in skrif verskyn, wonder \u2018n mens gewoon of daar nog \u2018n onnie los rondloop wat weet wat in Afrikaans vas, en wat los geskryf word. Die taalgebruikers oor die algemeen het nie \u2018n benul nie, selfs nie eens van die voorste taalbulle nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word daar nie op die staatkundige front hard geveg vir die regte van \u2018n taal wat van binne in elk geval gerysmier word nie?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/drovyanaya-pech-i-ee-preimushhestva\/\">\u0434\u0440\u043e\u0432\u044f\u043d\u0430\u044f \u043f\u0435\u0447\u044c \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die paar harde klappe wat Afrikaans toegedien is in \u2018n be\u00ebdigde verklaring deur die DG vir Kuns en Kultuur, nogal met die goedkeuring van die president, het nie net regsimplikasies nie. Die eerste vraag wat gevra kan word is of Engels so \u2018n uitsonderlike status verdien soos wat die regering graag daaraan wil toeken? Dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[167],"class_list":["post-7540","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-afrikaans"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7540\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}