{"id":7518,"date":"2010-02-07T13:12:29","date_gmt":"2010-02-07T13:12:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7518"},"modified":"2010-02-07T13:12:29","modified_gmt":"2010-02-07T13:12:29","slug":"is-n-volkstaat-polities-haalbaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7518","title":{"rendered":"Is &#8216;n volkstaat polities haalbaar?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\" border=\"0\" \/>In die volkstaatdebat moet mens een oog voortdurend op die werklikheid hou sodat vals hoop en persepsies nie geskep word nie.\u00a0 Ons moet dus realisties bly&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos ander volke op aarde is die Afrikanervolk ten volle geregtig op territoriale selfbeskikking.\u00a0 Hy sal sodanige eis egter slegs suksesvol kan handhaaf mits die nodige volkswil daartoe bestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek\u00a0 voorsien dat die aanhoudende demonisering van alle aspekte van apartheid, asook die Afrikaners se betrokkenheid daarby, enige vorm van selfbeskikking of die opeis van enige volkeregtelike regte deur Afrikaners vandag deur die populiste en liberalistiese media as \u2018n terugkeer na apartheid bestempel sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die sakesektor is politieke stabiliteit vir ekonomiese groei verkieslik\u00a0 bo die potensi\u00eble politieke spannings en onstabiliteit wat deur opwelling van volksnasionalisme teweeggebring kan word.\u00a0 Vir die sakesektor en die mediamagnate is dit dus kritiek belangrik dat Afrikaners deur \u2018n proses van de-etnifikasie moet gaan sodat daar in die toekoms van \u2018n Afrikaanstalige gemeenskap en nie meer van Afrikaners gepraat sal word nie.\u00a0 Daar is\u00a0 weinig twyfel dat hierdie strategie aanleiding tot die 1994 magsoorgawe gelei het en nou volvoer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cTransformeer om te oorleef\u201d-\u00a0 is hul strategie en daardie plan word nou deur die media en sakelui as die enigste haalbare oorlewingsplan vir Afrikaners aangebied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is dus hoe invloedryke Afrikaners enige inisiatief vir enige vorm van territoriale outonomie sal steun &#8211; iets wat lynreg teen hul eie strategie is, as so \u2018n inisiatief noodwendig die herrysing van Afrikaners se eie bewustheid mag ontlok en selfs \u2018n moontlike migrasiestroom van Afrkaners na \u2018n bepaalde gebied kan veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So iets kan moontlik op \u2018n onstabiele menseverskuiwing binne die landsekonomie uitloop.\u00a0 Die feit dat \u2018n miljoen blankes reeds die land verlaat het beskou hulle as \u2018n natuurlike ekonomiese proses waar individue beter ekonomiese geleenthede gaan soek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sterk teenstand en heftige reaksies kan dus uit daardie oord verwag word aangesien Afrikanernasionalisme deur sowel die ANC as die Demokrsatiese Alliansie, asook die Afrikaanse sakesektor as \u2018n gemeenskaplike vyand beskou word.\u00a0 Die media, wat aan hierdie groepering behoort, sal dus elke truuk speel om \u2018n herskikking van provinsiale grense deur verdagmakery en disinformasie te verongeluk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens gesprekke met politici word veral die volgende argumente deur hulle geopper:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Die belastingbasis vir tweedevlak en derdevlak ekonomiese herverdeling sal wesenlik verklein word met \u2018n gebied buite beheer van die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Die oorkoepelende onuitgesproke beleid dat Engels die <em>lingua franca<\/em> van die hele land moet word, sal benadeel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u2018n Wit enklawe sal swart bemagtigting, veral t.o.v. amptenare wat Afrikaans nie magtig is nie, benadeel. (bv. Xhosa- en Zoeloepraters)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Nasiebou sal volgens hulle verydel word aangesien ander etniese groeperings op dieselfde regte mag aandring, \u2018n proses wat op balkanisering van die land mag uitloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners mag vertolk word dat daar na apartheid teruggekeer word en die mite perpetueer dat Afrikaners \u2018n meerderwaardige groep in Afrika is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Dit mag ook vertolk word dat ten spyte van SA se liberale grondwet, die ANC\u2013 regering misluk het omdat hy nie daarin geslaag het om sy wit minderheid op ander maniere te akkommodeer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Met die uitsondering van die VF+, is al die opposissiepartye heftig gekant teen enige inisiatiewe wat as rasseskeiding vertolk kan word, aangesien sulke inisiatiewe hul groeipotensiaal by ander gemeenskappe sal beduiwel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Swart aktiviste kan die regering oor hierdie hoogs emosionele saak selfs tot \u2018n val bring, omdat die regering weer die aMaburu, \u201chul eertydse onderdrukkers,\u201d as \u2018n spesiale groep erken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die droom van territoriale selfbeskikking sal uit \u2018n politieke oogpunt\u00a0 bykans onhaalbaar wees, tensy \u2018n radikale paradigmaverskuiwing by die populiste asook by die sakesektor ontstaan wat so \u2018n proposisie vir hulle aanloklik sal maak.\u00a0 Die kanse daarvoor is egter baie skraal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen moet daar aan ander strategie\u00eb gewerk word voordat die geldmagnate en die ANC se gemeenskaplike strategie, wat ten doel het om die volgende geslag Afrikaners heeltemal te de-etnifiseer, volvoer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie opsies is tans besikbaar vir Afrikaners om as enkelinge in die NSA voort te bestaan.<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Word deel van die meerderheid:\u00a0 Dit is een opsie wat deur die media, asook deur die liberale establishment en akademici verkondig word.\u00a0 Daar word geargumenteer dat etniese verdelingslyne mettertyd gaan verdwyn en dat die smeltkroesproses van nasiebou net sowel nou reeds kan begin.\u00a0 Gemeenskaplike belange soos onderwys, sport, taal en die ekonomie word hiervoor ingespan.\u00a0 Dit verskaf die filosofiese begronding waarop rassisme tans as \u2018n groter misdaad beskou word as verkragting, roof of moord.\u00a0\u00a0 Baie Afrikaners het reeds op hierdie opsie besluit en voed hul kinders as NSA-burgers op.<\/li>\n<li>Emigrasie: Honderde duisende Afrkaners het reeds die emigrasie-opsie gekies, of berei hul kinders voor om dit te doen.\u00a0 Sommige Afrikaners, veral op landbougebied, het die werklikheid van \u2018n swart regering in Suid-Afrika aanvaar en het besluit om \u2018n swart regering te kies onder wie hulle die voordeligste bestaan sal kan maak.\u00a0 Een so \u2018n land is Zambi\u00eb, \u2018n ander is Mosambiek waar honderde Afrikanerboere reeds hervestig het.<\/li>\n<li>Om te veg vir eie grondgebied:\u00a0 Dit is \u2018n feit dat regerings slegs toegee aan druk om hul beleid te verander wanneer sodanige druk onhoudbaar word in terme van verlies aan lewens en bates.\u00a0 Hierdie opsie beteken dat Afrikaners, soos die swart aktiviste voorheen, ondergronds sal moet gaan en hulself op \u2018n lang, bloedige stryd voorberei. Geografiese afskeiding vind selde plaas sonder \u2018n bloedige stryd.\u00a0 Daarenteen is \u2018n bloedige stryd ook nie \u2018n waarborg vir sesessie nie, soos baie minderheidsvolke in Europa en elders kan getuig.<\/li>\n<li>Die stigting van \u2018n virtuele volkstaat:\u00a0 \u2018n Verteenwoordigende Afrikanerowerhyeid is tans waarskynlik die haalbaarste opsie en vereis dat Afrikaners hulself moet orden op politieke, opvoedkundige en kultuurgebiede.\u00a0 Deur hul eie buiteparlement\u00eare instellings sou hulle egter druk op die regering van die dag kan uitoefen.\u00a0 Sodanige druk kan deur die howe asook met buitelandse verbintenisse op die regering toegepas word sodat Afrikaners se belange gerespekteer word. <\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die AO se vermo\u00eb om druk uit te oefen sal in verhouding staan tot die hoeveelheid steun wat die struktuur onder Afrikaners geniet.\u00a0 So \u2018n geglobaliseerde volkstaat hou Afrikaners deur die kuberruimte in verbinding met mekaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tegnologie &#8211;, handels \u2013 en werksgeleenthede kan op hierdie wyse vryelik uitgeruil en benut word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie struktuur kan as voorloper dien om later geografiese selfbeskikking op \u2018n kerngebied in te stel, selfs al is dit dan aanvanklik net\u00a0 op derde vlak.<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Die groeipuntvolkstaatgedagte. \u2018n Bonsaiboompie lyk in elke opsig net soos sy groot boom eweknie, maar hy bly egter klein omdat sy voedingsbron beperk word.\u00a0 Bonsai-volkstaatjies soos in Kleinfontein en Orania kan oral verrys en mettertyd selfs op \u2018n federale basis met mekaar skakel om in mekaar se tegnologie, handel en skoolopvoedingstelsels te deel.\u00a0 Afrikaners wat binne hierdie groeipunte woon bevind hulle sodoende in \u2018n mini-volkstaat deurdat hul onmiddellike omgewing vir hulle as Afrikaans vertoon.\u00a0 Maar soos wanneer \u2018n Bonsaiboompie se potjie buite tussen kakiebosse geplaas word, is sulke groeipunte altyd deur \u2018n groter vyandige omgewing omring.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vraag is nou wat binne hierdie politieke werklikhede nog gedoen kan word om nogtans ons vryheid te verkry?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens bostaande ontleding sal territoriale selfbeskikking met of sonder \u2018n oorlog moeilik haalbaar wees binne Suid-Afrika se grense, maar groepsregte wat deur \u2018n AO afgedwing word sal wel moontlik wees.\u00a0 Maar waarheen sal ons vlug wanneer die finale aanslag teen blankedom eendag om ons losbars?\u00a0 \u2018n Afrikanertuisland is dus \u2018n strategiese noodsaaklikheid vir \u2018n volk om te oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om nou buite die kassie te dink, wil ek \u2018n scenario ontwikkel wat meer lewensvatbaar mag wees as \u2018n langdurige stryd met \u2018n vyandige plaaslike swart bevolking aan wie die land onherroeplik op \u2018n skinkbord weggegee is.\u00a0 Dit is bloot \u2018n gedagte waaraan ek reeds vir geruime tyd soos aan \u2018n taai stuk biltong kou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toekomsbeeld is \u2018n gebied buite Suid-Afrika van ongeveer 100 kilometer kuslyn by 200 kilometer die binneland in.\u00a0 Die gebied is tropies en sub-tropies, met natuurlike mededingende ekonomiese voordele, waar \u2018n landbougebaseerde ekonomie soos in verskeie Europese lande en Amerikaanse state gevestig kan word.\u00a0 Die hooffokus kon val op biobrandstof en voedselproduksie en verwerking.\u00a0 Daar sal \u2018n uitvoerhawe wees om die voedsel en brandstof na internasionale markte uit te voer. Benewens pad en lugvervoer sal die gebied maklik per see vanaf enige Suid-Afrikaanse hawe of\u00a0 vanaf Maputo bereik kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In so \u2018n gebied is twee seisoene per jaar die re\u00ebl en met Suid-Afrikaanse tegnologie en kundigheid kan \u2018n lewensvatbare ekonomie binne die bestek van vyf tot tien jaar reeds gevestig wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gebied kon buite Suid-Afrika se grense wees, glad nie onderhewig aan die benouende neo-apartheidswette van die ANC-regering nie.\u00a0 Die projek sal in samewerking met die betrokke regering aangepak word en deur die yl plaaslike bevolking verwelkom word.\u00a0 Die nuwe intrekkers sal as beleggers en nie as setlaars beskou word nie en sal as \u2018n ekonomiese groeikern vir die hele land beskou word.\u00a0 Die gebied is misdaadvry en vriendelik teenoor witmense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voordat die eerste intrekkers voet aan wal sit, sal die volgende ooreenkoms tussen die AO en die regering asook plaaslike tradisionele owerheid bereik moet word:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Beleggers sal die afgebakende gebied as hul nuwe vaderland mag beskou.<\/li>\n<li>Hulle sal die alleenseggenskap vir oorkoepelende gebiedsontwikkeling en owerheidsgesag oor hul mense h\u00ea.\u00a0 Bestaande inheemse inwoners sal hul demokratiese regte by hul tradisonele plaaslike owerheid soos tans, kan uitoefen.<\/li>\n<li>Alle ontwikkelings sal aan internasionale omgewingsbewaringsvereistes moet voldoen. <\/li>\n<li>Die gebied sal as Outonome Gebied alleenseggenskap h\u00ea oor kultuursake soos onderwys, gesondheidsdienste, sport en arbeidspraktyke, wat hulle self sal oprig en befonds.<\/li>\n<li>Die gebied sal sy eie polisie &#8211; en ander sekuriteitsdienste op die been bring, befonds en bedryf, maar sal by die nasionale veiligheidstelsel ingeskakel bly.<\/li>\n<li>Die nuutgestigte Gebeidsowerheid sal grond en eiendom op\u00a0 99 jaar huurpag gratis aan nuwe intrekkers registreer.\u00a0 Alle verbeterings sal beleggers se eiendom bly.<\/li>\n<li>Belasting sal aan die nuut gestigte gebiedsowerheid betaal word om infrastruktuur en algemene dienste te lewer.<\/li>\n<li>Geen inkomstebelasting sal vir die eerste vyf jaar aan die sentrale regering betaal word nie.<\/li>\n<li>Beleggers sal aangemoedig word om hul Suid-Afrikaanse bates na die gebied te verskuif en geen invoerbelasting sal daarop gehef word nie.\u00a0 Beleggers sal hul bates\u00a0 weer\u00a0 sonder enige beletsel die land mag uitneem.<\/li>\n<li>Beleggers mag hul jaggewere behou nadat dit by die plaaslike owerheid geregistreer is.<\/li>\n<li>Die hervestigingsprojek sal onder die reeds bestaande bilaterale ooreenkoms wat tussen die Suid-Afrikaanse regering en die betrokke land se regering bestaan, sorteer. In hierdie ooreenkoms word die onaantasbaarheid van beleggers se bates wedersyds gewaarborg.<\/li>\n<li>Beleggers sal verantwoordelik wees om hulself te onderhou en sonder staatshulp hul eie huisvesting op te rig. <\/li>\n<li>Hulle sal hul eie dorpe beplan stig en en finansier. <\/li>\n<li>\u2018n Nuwe\u00a0 toerismebedryf sal aangemoedig word.<\/li>\n<li>Hulle sal hul eie bank met of sonder die samewerking van ander banke kan oprig, en sal hul eie kredietstelsel kan bedryf.<\/li>\n<li>En so meer<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat die bre\u00eb ooreenkoms afgehandel is, sal die werwingsaksie vir beleggers van stapel gestuur word.\u00a0 Die projek sal ekonomies en nie ideologies gedrewe wees nie \u2013 die ideologiese vrugte sal vanself groei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek praat van \u2018n gebied noord van Pemba in Mosambiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit maar nog \u2018n nuwe apartheidsdroom?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0432\u0440\u0430\u0447\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0438 086<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/doctor2.ru\/object\/mezhdunarodnie-perevozki-top-cargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die volkstaatdebat moet mens een oog voortdurend op die werklikheid hou sodat vals hoop en persepsies nie geskep word nie.\u00a0 Ons moet dus realisties bly&#8230; Net soos ander volke op aarde is die Afrikanervolk ten volle geregtig op territoriale selfbeskikking.\u00a0 Hy sal sodanige eis egter slegs suksesvol kan handhaaf mits die nodige volkswil daartoe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7517,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[227,4822,8712,7392,2224,6888],"class_list":["post-7518","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c113-johann-wingard","tag-anc","tag-ekonomie","tag-is-n-volkstaat-polities-haalbaar","tag-mosambiek","tag-volkstaat","tag-wit-swart"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7518","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7518"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7518\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7517"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7518"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7518"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7518"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}