{"id":7509,"date":"2010-02-07T07:59:35","date_gmt":"2010-02-07T07:59:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7509"},"modified":"2010-02-07T07:59:35","modified_gmt":"2010-02-07T07:59:35","slug":"amerikaanse-tea-party-teeparty-of-politieke-krag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7509","title":{"rendered":"Amerikaanse tea party \u2013 teeparty of politieke krag?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Net so min as wat die Bostonse teeparty op 16 Desember 1773 \u2018n werklike teeparty was, so min is die huidige Tea party-bewiging iets wat die w\u00eareld kan ignoreer \u2013 al word ook hoe daarmee die spot gedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Onlangse peiling deur NBC News en die Walle Street Journal het 41 persent volwasse Amerikaners aangegdui dat hulle \u2018n positiewe siening van die Tea party het, teenoor 35 persent wat \u2018n positiewe siening van pres. Barack Obama se Demokratiese Party het. Die kritiese Washington Post meld dat steun hiervoor verlede jaar landswyd \u201contplof\u201d het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA word gekenmerk deur \u2018n de facto tweepartystelsel, waar die Republikeine en die Demokrate sake uitspook. Daar is tallose ander partye, maar hulle word gewoon fyngemaal tussen die twee grotes, en is veral op nasionale vlak kwalik relevant.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerikaners wend hulle dus tot \u2018n groot mate tot lobbies. Dit is moontlik omdat Amerikaanse Kongreslede nie soos in Suid-Afrika tot koukusgerigte stemmery ingebind is nie. Van die lobbies funksioneer effektief soos politieke partye, het \u2018n volledige beleid, genereer fondse en veldtogte, en besluit dan welke kandidate gesteun moet word, ongeag hul politieke party. Die saak, en nie die party nie, is wat saak maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die grotes is die Christian Coalition of America met sowat 4 miljoen ingeskrewe lede. Dit het \u2018n volledige beleidstelling op sy webtuiste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is daar die Tea party, wat as beweging beskryf word, en die \u201cparty\u201d met \u2018n klein letter geskryf word sodat dit nie met \u2018n party verwar moet word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Tea party is gebore uit veral wit middelklas Amerikaners se keelvolheid vir oplopende staatskuld, veral noudat pres. Obama hard werk om \u2018n tipe sosialistiese (welsynstaat) gesondheidsorgstelsel in te voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Tea party word meer met die Demokratiese Party geassosieer, en het onlangs baie daartoe bygedra dat die Republikein,\u00a0 Scott Brown, in wyle sen. Ted Kennedy se setel verkies te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog sukkel die Amerikaanse media nog om \u2018n begrip te vorm van wat die Tea party werklik beteken. Juis weens die tekens dat dit \u2018n \u201cconservative revolution\u201d kan wees, was die hoofsaaklik liberale Amerikaanse pers stadig uit die blokke om werklik kennis te neem, al was die sentimente wat dit onderl\u00ea al \u2018n ruk lank teenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die vroegste tekens dat die w\u00eareld nie Obama se verkiesing tot president moes vertolk as \u2018n besliste liberale stap deur die kiesers nie, was toe \u2018n peiling kort na sy verkiesing gedui het dat die meeste Amerikaners sedert dit gemeet word, nou teen aborsies op aanvraag is. Tog het hulle kort tevore die stryd om aborsies op aanvraag tersyde gestel te kry, twintig jaar teruggesit deur Obama in te stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna het Amerikaanse deelstate op \u2018n streep, die \u201cliberale Ooste\u201d ingesluit op enkeles na huwelike van dieselfde geslag aan die ban gedoen. Dit het dikwels gevolg nadat referendums afgedwing is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op laas is Obama se gewildheid ook baie gou daarmee heen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is daar \u2018n Suid-Afrikaanse analoog?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die naaste onlangse weergawe is waarskynlik die Cope-euforie wat die beste opsie sou bied teenoor \u2018n gegewe. Dit het sterk uit \u2018n verkiesing getree al het erge krake reeds voor die verkiesing gewys, en terwyl dit duidelik was dat die party moeite sou h\u00ea om almal wat entoesiasties meegedoen het, beleidsgewys in te bind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos met Cope, is dit onseker hoe die \u201cparty\u201d gaan reageer op sy\u00a0 eerste nasionale konvensie wat gister begin het. Gaan die uiteenlopende sigbare leiers, wat Sahrah Palin insluit, mekaar genoegsaam kan vind om die eenheid te bewaar? Vroe\u00eb berigte dui op grootskaalse ongelukkigheid en beskuldigings, maar die harde feit is dat die 600 kaartjies (ja, konvensiegangers moet stywe bedrae opdok) uitverkoop en is talle ander daarom weggewys moes word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of gaan hierdie \u201cparty\u201d ook soos die Bostonse \u201ctea party\u201d in die see beland en daarna net as faktor in die geskiedenisboeke opgeteken wees?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al is dit iets wat iewers in die toekoms gaan platval, verdien hierdie \u201ckonserwatiewe rewolusie\u201d meer aandag in di e Suid-Afrikaanse media.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/invertory_svarochnye\/\">\u0438\u043d\u0432\u0435\u0440\u0442\u043e\u0440 \u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u043e\u0435 \u0443\u0441\u0442\u0440\u043e\u0439\u0441\u0442\u0432\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net so min as wat die Bostonse teeparty op 16 Desember 1773 \u2018n werklike teeparty was, so min is die huidige Tea party-bewiging iets wat die w\u00eareld kan ignoreer \u2013 al word ook hoe daarmee die spot gedryf. \u2018n Onlangse peiling deur NBC News en die Walle Street Journal het 41 persent volwasse Amerikaners aangegdui &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7509\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amerikaanse tea party \u2013 teeparty of politieke krag?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8693,2686,6823,8695,8694],"class_list":["post-7509","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-amerikaanse-tea-party-teeparty-of-politieke-krag","tag-obama","tag-protes","tag-staatskuld","tag-tea-party"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7509","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7509"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7509\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7509"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7509"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7509"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}